FOTO Unsplash / Averie Woodard

FOTO Unsplash / Averie Woodard

Motors

Padveiligheid: 10 wenke

Die vakansie is byna op sy rug en dis tyd om die langpad huis toe aan te durf. In Suid-Afrika is die feestyd ongelukkig bekend vir tragiese padsterftes. Minister van vervoer, Dipuo Peters, het onlangs bekend gemaak dat die dodetal op Suid-Afrikaanse paaie die hoogte inskiet, berig EWN

Hier is ’n paar padwenke om jou gesin op die langpad veilig te hou

1) Voor jy in die pad val, maak seker jou voertuig is padwaardig. Kyk na jou motor se olie, water en banddruk.

2) Beplan die roete en gee jouself genoeg tyd om jou bestemmming te bereik.

3) Stop elke 2 uur, of elke 200 km. Rus as jy moeg is!

4) Maak seker almal dra hul veiligheidsgordel.

5) Probeer om nie in die nag te bestuur nie.

FOTO Unsplash/ Amos Bar-Zeev

FOTO Unsplash/ Amos Bar-Zeev

6) Lig ’n vriend of familielid in as jy na ’n bestemming moet reis. Laat weet hulle gereeld hoe ver jy op jou roete is.

7) Bring genoeg musiek saam of luister radio as die pad vervelig raak.

8) Maak seker jy het die volgende noodtoerusting: domkrag, moersleutel, gevaardriehoek en spaarband.

9) Maak seker jy weet hoe om jou motor se bande te ruil. As jy onseker is, gaan vind uit.

10) Volg die hoofpaaie en tolpaaie. As jy op minder bekende paaie wil ry, maak seker jy weet wat die afstand tussen twee dorpe is.

Bronne: Arrive Alive, Gesels versekering, AA

FOTO Unsplash / Matthew Henry

FOTO Unsplash / Matthew Henry

Lees nou