FOTO Unsplash / Averie Woodard

Motors

Padveiligheid die Paasnaweek: 10 wenke

Dis paasnaweek en ons sien uit om behoorlik te rus, met familie te kuier en lekker te eet. Maar dié feesnaweek is ook bekend vir die padsterftes. Hier is ’n paar padwenke om jou gesin op die langpad veilig te hou

1) Voor jy in die pad val, maak seker jou voertuig is padwaardig. Kyk na jou motor se olie, water en banddruk.

2) Beplan die roete en gee jouself genoeg tyd om jou bestemmming te bereik.

3) Stop elke 2 uur, of elke 200 km. Rus as jy moeg is!

4) Maak seker almal dra hul veiligheidsgordel.

5) Probeer om nie in die nag te bestuur nie.

FOTO Unsplash/ Amos Bar-Zeev

FOTO Unsplash/ Amos Bar-Zeev

6) Lig ’n vriend of familielid in as jy na ’n bestemming moet reis. Laat weet hulle gereeld hoe ver jy op jou roete is.

7) Bring genoeg musiek saam of luister radio as die pad vervelig raak.

8) Maak seker jy het die volgende noodtoerusting: domkrag, moersleutel, gevaardriehoek en spaarband.

9) Maak seker jy weet hoe om jou motor se bande te ruil. As jy onseker is, gaan vind uit.

10) Volg die hoofpaaie en tolpaaie. As jy op minder bekende paaie wil ry, maak seker jy weet wat die afstand tussen twee dorpe is.

Bronne: Arrive Alive, Gesels versekering, AA

FOTO Unsplash / Matthew Henry

FOTO Unsplash / Matthew Henry