FOTO Mazda CX-5

FOTO Mazda CX-5

Motors

Ry-indruk: Mazda CX-5

Baie mense sal dalk nie eerste aan ’n Mazda dink as hulle ’n sportnutsvoertuig wil koop nie. Vervaardigers soos Hyundai, Nissan, Ford, Toyota en Volkswagen is voor in die koor as dit by sportnutse kom met gewilde keuses soos die Tucson, Qashqai, Kuga, RAV4 en Tiguan.

Maar, Mazda se CX-5 is ’n buiteperd wat maklik sy mededingers kaf draf. Die CX-5 word ook deur talle motorkenners as een van die bestes in die sportnutsvoertuigsegment gereken.

SARIE het die topmodel met turbodiesel krag toetsbestuur. Die CX-5 is al ’n paar jaar in die rondte, maar het verlede jaar ’n verjongingskuur gehad wat dit varser laat lyk. Die binnekant is ook aansienlik opgeknap en het gehalte-afwerking. Daar is duursame plastiek en leersitplekke wat die CX-5 soos ’n premium-ryding laat voel.

cx-5-9_880x500

FOTO Mazda CX-5

Met die CX-5 se opknapping het Mazda ook talle nuwe tegnologiese kenmerke by die CX-5 se pakket gevoeg. Soos sy mededingers is daar ’n moderne multimediastelsel – die CX5 s’n is maklik om baas te raak en die funksies kan jy deur ’n draaiknop beheer, of deur die raakskerm.

Daar is regtig genoeg ruimte en die CX-5 sal ’n gemaklik voertuig wees vir ’n gesin van vier.

Boonop is dié Mazda ’n maklike sportnuts om te bestuur en voel dit kompak. Daar is ook alle hulpmiddels soos ’n trurat-kamera, parkeergonsers en waarskuwingseine as ’n ander voertuig in jou blindekol is. Soos dit ’n motor in sy segment betaam, het dit ook hordes veiligheidseienskappe.

Die turbodieselenjin is kragtig en die rit is glad, terwyl die outomatiese ratkas redelik verfynd is. Dit is nie ’n motor wat sy bestuurder intimideer nie, en enige iemand wat agter die stuur inskuif, sal dadelik tuis voel. Die CX-5 is ’n perfekte alledaagse voertuig, maar sal hom goed van sy taak op die langpad ook kwyt.

cx-5-6_880x500

FOTO Mazda CX-5

Dit is ’n motor met bitter min ooglopende foute en mens kan nie eintlik help om daarvan te hou nie. Mazda’s se betroubaarheid is ook goed en die CX-5 behoort nie sommer probleme te gee nie. Die CX-5 is moontlik eintlik een van die voertuie wat die pas in sy segment aangee, en nie noodwendig sy mededingers nie.

cx-5-5_880x500

FOTO Mazda CX-5

Model: 2.2L DE Akera AWD outo

Prys: R513 700

Enjin: 2,2 L turbodiesel

 Lees nou:

Ry-indruk: VW Caddy

Ry-indruk: BMW X1

Ry-indruk: Hyundai H1