Motors

Sexy, stylvol en vuurwarm – BMW Z4

Verseker nie, tensy rokke nou nie jou styl is nie. 

Dit was presies my gevoel toe ek die kans kry om die BMW Z4 te bestuur.

Of ’n ontwerpersrok nou nommerpas is of nie, probeer moet ’n mens. Dis net so met ’n sportmotor– al het jy nou nie die haarstyl of rooi lippe vir die roadster-wiele nie, ’n opwindende ervaring kan niemand van jou wegvat nie, is my filosofie.

Nogal katvoet, want die wiele is duur, het ek dus die sexy Duitse tier benader. Die nuwe Z4 lyk ’n bietjie anders as sy voorganger, en hoewel hy pure ramkat klink as jy die petrolpedaal intrap, is daar tog iets slanks en stylvol aan die ontwerp. Dalk het dit met die twee vroulike ontwerpers, Juliane Blasi en Nadya Arnaout, se invloed te doen. Me. Blasi vir die buitekant en Arnaout vir die binnekant.

 Tipies van ’n roadster het die motor ’n lang neus, met baie perdekrag onder die voorskoot. Die bure hoor jou voor hulle jou sien. Die metaaldak kan glo in 20 sekondes op- of afslaan, maar dit kon ek in die Kaapse reënweer nie op die proef stel nie. Die outomatiese sesgang-ratkas het sy werk gedoen op die bedrywige N1. Maar dis die kattebak wat vir taamlike ongeloof gesorg het toe die Matie in ons huis dit beskou het. “My naweekgoed sal nie eens inpas nie,” was die reaksie. Met ’n roadster sal niemand probeer om studente koshuis toe te neem nie, maar verseker was die 6-silinderwiele ’n motivering dat dit tog die moeite werd kan wees om ’n bietjie skouer aan die wiel te sit by die studies. “As ek eendag die geld het vir ’n sportmotor, sal dit . . . was die versugting ná ’n rit in die Z4.”

Die Z4 is te kry in 3 modelle en die prys wissel van R506 500 tot R711 200. 

Hier’s die advertensie