Teerpad-ikoon - BMW 3
Foto’s: Quickpic Galery
Kyk hoe lyk hy nou
Dit word as ikonies beskou, dié BMW 3-reeks sedanmotor: Stylvol en betroubaar, ’n goeie masjien, en luukse afwerking plus allerlei ekstras maak dié modelle begeerlike rygoed. Nou het die ontwerpers die ikoon ’n bietjie ge-Botox.
Die hoofligte, agterligte en sierrooster lyk sportiewer en brandstofverbruik is verbeter. Agter die stuur ervaar jy Duitse dinamika – goeie padhouvermoë, voorste tegnologie, gemakliker sitplekke as dié voor jou TV en die opsionele iDrive-stelsel (vir beheer van die radio en navigasie) – én ’n 80 GB navigasie-hardeskyf om ’n navigasiepadkaart en jou eie musiek op te laai. Al wat jy kort, is ’n vet tjekboek.
Die prys: Van R286 500 (320 i) tot R477 000 (335i).
Besoek www.bmw.co.za
Die BMW 3 in detail. Kyk dié video.
Verwante artikels
-
Sexy, stylvol en vuurwarm - BMW Z4
As jy die kans kry om ’n Versace-rok te dra, sal jy nee dankie sê?
















Kommentaar