sr0905lewedinge
Motors

Teerpad-ikoon Corsa OPC

Die sportiewe Corsa het tydens die toetsrit al die aandag van oud en jonk op die N1 gekry . Opel is bekend vir hul motors met woema  en die Opel Performance Centre (OPC) se taak is om sportiewe aërodinamiese rygoed,  wat ook ‘n elke-dag-motor is, te ontwerp. 

Dié 2-deur Corsa voldoen verseker hieraan en het verbasend gemaklik in die stadsverkeer hanteer. Maar dis op die oop pad dat jy agterkom wat eintlik onder die enjinkap (1,6 liter) skuil. Ja, jy kan lekker teerpadstof opskop en selfs ‘n spoedvraat of twee verbysteek, mits jy jou ry-storie ken.

Ses lugsakke  en ‘n goeie remstelsel sorg vir veiligheid en renjaer-sitplekke bied goeie ondersteuning. Prys: R243 950. – Alida Vos