Motors

Vir veld en teer

Renault het gebruik gemaak van Nissan se X-Trail-kennis vir die enjin, ratkas en viertrekstelsel, en die Koreane s’n vir die vervaardiging. Dié motor hanteer gerieflik op teer en grondpad. Daar is ruim sitplek vir 5 en danksy 4×4-DNS kon ons ’n paar kronkelrige grondpaaie in gerief aandurf. Groot vensters maak dit maklik om van baan te verwissel in stadsverkeer. Pakplek is ruim en jy kan dit vergroot deur die agterste sitplekke plat te vou. Allerlei bêreplekkies onder die sitplekke getuig van die Franse Renault-gene.
Daar is 4 modelle en pryse wissel van R285 000 tot R369 000.