FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

My kind

Dilemma: My dogter en haar kêrel slaap saam onder ons dak

My studentedogter van PE het haar kêrel in die vakansie genooi om by ons te kom kuier . . . toe slaap hulle saam in haar kamer. Ek moes my man vashou dat hy hom nie daar gaan uithaal nie. Dit was vir ons onaanvaarbaar. Wat doen ons volgende keer?

MARLIZE HEPPELL, kliniese sielkundige van Klerksdorp antwoord:

As die vriend so komkommerkoel in haar kamer aan die slaap raak, wil dit lyk asof hulle ook saamslaap in Port Elizabeth. Aangesien jou dogter ’n jong volwassene is, stel ek voor jy bespreek die situasie rustig met haar. Sy sal dit waarskynlik verwelkom.

Stel vas of die verhouding ernstig is en of sy risiko’s soos swangerskap verstaan en voorsiening getref het. As sy van die een saamslaap-verhouding na die ander beweeg, is dit te verstane dat jy onrustig is, aangesien sy só ’n slegte reputasie kan kry en dit ook die gevaar van vigs en ander seksueel oordraagbare siektes kan inhou.

Sy behoort die saamslapery vooraf met julle te bespreek het sodat julle voorbereid kon wees. Dit was ’n bietjie onnadenkend van haar. Miskien voel sy effens ongemaklik daaroor en weet nie lekker hoe om dit te hanteer nie. Dalk plaas haar vriend druk op haar om saam te slaap en wil sy hom so behou …

Die beste antwoord vorentoe? Oop kommunikasie.

Nóg dilemmas in jou November-uitgawe

  • My man is so ’n huishen
  • Ek en my suster het niks gemeen nie
  • Mense bly karring omdat ons net een kind het
  • Ons dogter bly die ewige student

sarie november sandra prinsloo tinarie van wyk loots nov sarie voorblad

  • chrisnel

    Titel: SAAMPRAAT SAAMSLAAP SAAMLOOP SAAMDOOP

    Chris Nel

    Weergawe: 1

    Aantal woorde: 437

    Kere gelees: 0

    Datum gepubliseer: 29 Oct 2015

    met verwysing na die onderwerp:
    20 Oktober 2013
    MY KIND
    Dilemma: My dogter en haar kêrel slaap saam onder ons dak
    deur SARIE.com-span

    Dilemma: My dogter en haar kêrel slaap saam onder ons dak

    My studentedogter van PE het haar kêrel in die vakansie genooi om by ons te kom kuier . . . toe slaap hulle saam in haar kamer. Ek moes my man vashou dat hy hom nie daar gaan uithaal nie. Dit was vir ons onaanvaarbaar. Wat doen ons volgende keer?

    MARLIZE HEPPELL, kliniese sielkundige van Klerksdorp antwoord:

    As die vriend so komkommerkoel in haar kamer aan die slaap raak, wil dit lyk asof hulle ook saamslaap in Port Elizabeth. Aangesien jou dogter ’n jong volwassene is, stel ek voor jy bespreek die situasie rustig met haar. Sy sal dit waarskynlik verwelkom.

    Stel vas of die verhouding ernstig is en of sy risiko’s soos swangerskap verstaan en voorsiening getref het. As sy van die een saamslaap-verhouding na die ander beweeg, is dit te verstane dat jy onrustig is, aangesien sy só ’n slegte reputasie kan kry en dit ook die gevaar van vigs en ander seksueel oordraagbare siektes kan inhou.

    Sy behoort die saamslapery vooraf met julle te bespreek het sodat julle voorbereid kon wees. Dit was ’n bietjie onnadenkend van haar. Miskien voel sy effens ongemaklik daaroor en weet nie lekker hoe om dit te hanteer nie. Dalk plaas haar vriend druk op haar om saam te slaap en wil sy hom so behou …

    Die beste antwoord vorentoe? Oop kommunikasie.

    net die volgende:

    1 = indien die dogter BLANK is,
    is sy ‘n kind van ons Hemelse Vader,
    en indien sy haar maagdskap buite die Tripartite Verbond verloor,
    verbreek sy die Verbond,
    en verloor sy haar ERFENIS UIT DIE TESTAMENT,
    van ons hemelse erfenis.

    2 = indien die dogter met meer as een man of vrou seksueel aktief is,
    is sy in werklikheid ‘n HOER,
    en tragies genoeg skakel dit haar ewige lewe uit:

    Rev 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen,
    sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe
    en ingaan deur die poorte in die stad.
    Maar buite is die honde
    en die towenaars
    en die hoereerders
    en die moordenaars
    en die afgodedienaars
    en elkeen wat leuens liefhet en doen.

    3 = my voorstel is:

    Act_2:38 En Petrus sê vir hulle:

    Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word
    in die Naam van YAHSHUA MASHIACH
    . . . . tot vergewing van sondes,
    en julle sal die gawe van die RUACH HA’QODESH ontvang.

    Joh_8:11 En sy antwoord: Niemand nie, Here.
    En YAHSHUA MASHIACH sê vir haar:
    Ek veroordeel jou ook nie.
    Gaan heen en sondig nie meer nie.

    • kwevoel

      Jissis.