FOTO Unsplash / Gabby Orcutt

FOTO Unsplash / Gabby Orcutt

My kind

Gesonder, lekkerder melk vir jou kind

Dis nuut, gerieflik vir Ma, en boonop supergesond.

Parmalat Growth Milk 3+ is ’n nuwe gereed-om-te-drink suiwelvermenging spesiaal vir kinders ouer as drie jaar. Hierdie melkdrankie met sy heerlike vanieljegeur is verryk met kalsium, vitamiene, yster en sink – almal stowwe wat help dat jou kind sterk en gesond groei en ontwikkel.

Parmalat tag

Natuurliker

Parmalat Growth Milk 3+ is ’n bron van kalsium, verskeie vitamiene, yster en sink. Agter elke bottel is daar ’n gesonde, gelukkige koei van ’n plaas in ons land wat Good Agricultural Practices (GAP) onderskryf en dus landboumetodes volg wat as veilig en gesond vir die verbruiker beskou word.

Geriefliker

Parmalat wil aan ouers die beste gereed-om-te-drink suiweldrankie vir hul kinders bied. Anders as met poeiermelkprodukte hoef jy met Growth Milk 3+ nie vooraf water te kook en dit dan te meng nie. Jy haal dit eenvoudig uit die yskas . . . en skink.

Voordeliger

Growth Milk 3+ is ’n bron van kalsium, vitamien A, B1, B2, B3, B6, B9, B12, C, D en E, yster en sink – voedingstowwe wat noodsaaklik is vir ’n kind se gesonde liggaamlike ontwikkeling en die versterking van sy immuniteit. Dit smaak boonop heerlik en het ’n vanieljegeur.

Parmalat Growth Milk

Vir meer inligting, besoek www.functionalmilk.co.za