My kind

’n Brief 
aan my kind: Modekenner Isabella Niehaus & haar seun Taro

Jy is my liewe geskenk van God. Hy het jou beslis vir my gegee om my waardevolle lesse te leer.
Ek giggel soms as ek dink hoe mense dikwels na ons twee kyk en vra “wie is die ouer?”.

Want jy het ’n wysheid, ’n stilte in jou gemoed, ’n sagtheid in jou gesig en ’n deernis in jou hande wat ongewoon is.

Ek het vir jou sterk wortels probeer gee en ek het daai vlerke van jou geoefen gehou en vir hulle ghries en olie gegee. Ek het jou geleer om eerste jouself te respekteer; dan kom respek vir ander sommer makliker. Daarmee saam kom lojaliteit, empatie en wysheid as ’n bonus. And you mastered that on your own. Daar waar ek erg tekort geskiet het met onderrig en lesse en sedelesse oor die lewe, het jy self in jou ongelooflike liefde en respek vir die skepping antwoorde en ’n code of honour ontwikkel.

Ek leer by jou om keuses te aanvaar. Dat seerkry gesond kan word. Jy laat my glo in myself. Op 27 is jou 57-jarige ma nie vir jou een of ander prehistoriese bobbel wat jy wil wegbêre in ’n ouetehuis nie. Nee, jy hits my aan om al my malle idees na te jaag. Jy word deel van my lewe en jy laat my toe om deel van joune te wees. Dis ’n voorreg wat ek nie weet wat om oor te sê nie. Behalwe dalk … dankie, my kind.

Jy is ’n beautiful jong man met jou ysblou oë en jou skewe glimlag en indraai-voete. Met ’n identiteit van jou eie. Jy’t jou eie paadjie uitgekerf en die hoogste sport bereik. Maar die beauty van jou is dat jy nederig bly. Ek kyk hoe jy ’n dronk man regop hou sodat hy sy swart hond saam met hom in ’n buurtwag-vantjie kan laai; ek sien jou kruisbeen sit met twee jong fans op die strand en sandkastele bou; ek kyk hoe jou groot, sterk hande saggies die kitaarsnare tokkel, oor jou geliefde hond se kop streel; en met ’n giggel sien ek jou agter die kospotte disse optower!

’n Volledige mens. ’n Volledige man propvol liefde en deernis.

I salute you my son … you’ve become the most amazing young man!

En ek weet ek gaan altyd jou MAM wees! Dankie daarvoor.

Groot, vet drukke en liefde,

Jou moeder”

* Ander bekende ouers soos Jay en Margit Meyer-Rödenbeck het in die Februarie-uitgawe briewe aan hul kinders geskryf.

* Lees nog briewe wat deur ons lesers aan hul kinders geskryf is.

  • Liz Eynon

    Dit is nou regtig ‘n bewonderings waardige brief van ‘n moeder aan haar seun. Dit spreek van liefde, respek en bewondering vir haar kind. Dit gryp jou aan en laat aan joue eie liefde vir jou kinders dink.
    Almal se kinders is nie perfek of behaal die hoogste sporte in die lewe nie, maar ons as ouers moet ons as geseend ag om deel van hul lewens te wees. Dit is altyd vir ‘n riem onder die hart as my kinders en kleinkinders se gesigte ophelder, wanneer ons mekaar weer sien. Die van ons wat bevoorreg was om die pad te stap moet dit koester ten alle tye.

  • Marcelle Millican

    Ek gaan nou n bruef aan my seun James skryf . . . . . dankie dat jy dit met ons deel.
    I salute you!

  • Barry Bezuidenhout

    Bella
    I see you before me as I read these words…… The words are so "you", you have done a fantastic job raising your son!

    Remember – "The apple does not fall far from the tree." and strong tree’s bear good fruit!

    The rewards of your efforts is before you, a reminder to all os us of what a fantastic person YOU are.

    Hugs

    Barry B

  • Crystal

    So ‘n opregte hart-boodskap van ‘n ma is seker die grootste geskenk wat ‘n kind kan ontvang. Geskenke kan breek of bederf, maar hierdie woorde sal vir altyd in Taro se hart wees en dit sal in stille oomblike tot hom spreek en hy sal weet, dis hoe lief my ma my het.

  • Lesley Zondagh

    Bella – hoe ongelooflik special – net jammer ons "gewone" mense het nie krag van jou woorde om so n boodskap oor te dra nie – jy mag maar trots wees op jou seun – baie spesiale jong man!! xx

  • Amanda Brinkmann

    Die trane rol Bella – van blydskap, van trots wees, van genade – want ek weet en ken mos die diepe waters asook die donker grotte en hoeke wat ‘n enkel-ma tot ‘ hier’ kry – en haar help aanspoor vorentoe. DIE spesiale kind van jou het wel sy eie potjie leer krap, maar sonder ‘n uitsonderlike vrou, ma, mens, vriendin, mentor – nou-ja – daarsonder sou jy hierdie brief nie vandag kon skryf nie.

    So, afgesien daarvan dat ek met deernis en liefde aan hierdie spesiale kind van jou dink, moet dit gese word dat ek vir JOU, AL my hoedens afhaal, lig en jou salutteeer. Ek weet eerstehands hoe my eie lewe verryk word deur jou daarin te kan he.

    Veels geluk – aan albei van julle. Doet so voort….so leer en groei ons almal tesame.

  • Marguerite

    Cioa Bella,

    Salute!!!!!