FB post_Afri
My kind

’n Kind raak elke vyf uur in Suid-Afrika weg

Promosie tag

Met die skokkende besef dat kinders gereeld in Suid-Afrika ontvoer word en dat die aantal vermiste kinders in die land jaarliks toeneem, het Cartrack besluit om hul volle ondersteuning aan die Missing Children South Africa (MCSA)-organisasie te gee.

Dis ’n feit, gebaseer op sake wat aangemeld word by die MCSA, dat ’n kind elke vyf uur vermis raak.

“Terwyl wetstoepassers in ons land hulself baie goed van hul taak kwyt met hul pogings om vermiste kinders op te spoor, bied organisasies soos MCSA ondersteuning aan daardie gesinne wat geraak is deur die beproewing van vermiste kinders. Hulle speel ’n belangrike rol om bewustheid te skep oor kinders wat vermis geraak het en lig mense in oor hoe om ’n vermiste kind aan te meld en hul kinders te beskerm,” sê Jacqui Marsh, Cartrack se bemarkings- en kommunikasiebestuurder.

“Hoe meer mense bewus is van wat om te doen wanneer kinders vermis raak, asook in staat is om ’n vermiste kind te herken van die foto’s wat versprei word deur MCSA en hul ondersteuners, hoe groter is die kans om die kinders op te spoor. Dit is die verantwoordelikheid van almal in ons samelewing om ’n omgewing te skep waarin kinders kan floreer, vandaar ons ondersteuning vir dié saak,” voeg sy by.

cartrackgevind

Al het MCSA al telkens bewys dat hulle ’n suksesvolle organisasie is met ’n suksessyfer van 73% opgespoorde kinders, het hulle steeds al die hulp nodig wat hulle kan kry.

“Deur vermiste kinders se profiele op Facebook te deel, verhoog dit die kans dat hierdie kinders gevind kan word. Dit is instrumenteel om momentum te voeg by die werk wat MCSA doen en ons is dank verskuldig aan almal wat aktief meedoen om Suid-Afrika veiliger te maak vir die toekoms – ons kinders. Ons sal aanhou om MCSA te ondersteun op verskeie maniere, insluitend op sosiale media, wat baie vinniger en direkte terugvoer moontlik maak,” sluit Jacqui af.

Jy kan ’n verskil maak deur MCSA se Facebook-blad te volg en die profiele van die kinders wat as vermis aangemeld is, te deel.

Sien onder inligting wat jy by jou moet hê wanneer jy in die ongelukkige posisie is waar ’n kind as vermis aangemeld moet word. Onthou ook dat jy nie 24 uur hoef te wag voor jy ’n vermiste kind aanmeld nie.

  • Die kind se volle naam
  • ’n Beskrywing van die kind
  • Die kind se oogkleur
  • Die kind se haarkleur en haarstyl
  • Die kind se lengte
  • Die kind se gewig
  • Inligting oor kenmerkende merke op die kind soos geboortemerke, littekens, ens.
  • Waar die kind die laaste keer gesien is en watter klere die kind aangehad het

Vir meer inligting oor die werk wat MCSA doen, asook veiligheidswenke vir ouers en oppassers, besoek: http://www.missingchildren.org.za/