Tuisblad - Afr my pretplaas
My kind

Opwindende nuwe ‘app’ vir die jongspan – in Afrikaans!

My Pretplaas, ‘n splinternuwe app gemik op kinders onder 7 jaar, is pas deur SARIE se susterpublikasies Huisgenoot, YOU en DRUM geloods. Hiermee kan jou kind leer-leer pret hê met speletjies, saamlees-stories en saamsing-liedjies – als uniek in Afrikaans en met die hulp van ‘n arbeidsterapeut asook bekendes in die musiek- en kinderteaterbedryf, Marinda Engelbrecht en Pedro Kruger, geskep. Die gewilde plaaslike Jungle Beat-animasiereeks sal jou kleuter ure lank in die video-afdeling vermaak.

Volgens Minette Ferreira, hoof van Media24 Weeklikse Tydskrifte is hierdie app pasgemaak vir hul lesersmark met jong kinders wat behoeftig is aan opvoedkundige elektroniese inhoud.

“Ons het besef daar is ‘n tekort aan leersame inhoud aanlyn vir die ouderdomsgroep – en des te meer op mobiele platforms. Die rol van ons titels binne Suid-Afrikaanse huishoudings is om te vermaak maar ook om opvoedkundige inhoud toegangklik te maak. My Pretplaas voldoen aan al hierdie vereistes.”

Nog goeie nuus is dat jou kind al die inhoud in ‘n veilige omgewing kan geniet sonder dat hul aanlyn hoef te wees. Die app bevat ook geen advertensies of bemarkingsmateriaal nie. Alle verstellings aan opsies kan slegs met ’n wagwoord gedoen word.

Laai die app gratis af op jou iPhone, iPad of Android-toestel, en kry toegang tot al die speletjies en sekere stories, liedjies en video’s. Vir ’n maandelikse intekenfooi van sowat R54,99 per maand vir iOS (afhangend van die wisselkoers) en R59,00 per maand vir Android word als ontsluit en kan jy uitsien na nuwe inhoud wat elke maand bygevoeg word.

Sien jou vandag nog op My Pretplaas en kom speel saam met al ons geliefde karakters!

*Die app is ook in Engels beskikbaar as My Fun Farm.

Laai die app af

Android: https://play.google.com/store/apps/details?id=air.za.co.A4imobile.mypretplaas

iOS: https://itunes.apple.com/us/app/my-pretplaas/id945386399?ls=1&mt=8

Vind ons op sosiale media

Facebook https://www.facebook.com/mypretplaas

Twitter https://twitter.com/MyPretplaas )