Digitorial Banner_Afr
My kind

Vermiste kinders in Suid-Afrika – die realiteit

Met die feesseisoen om die draai en ’n onlangse toename in pogings tot ontvoering van kinders in die Pretoria-omgewing, is dit belangrik dat ouers en versorgers weet watter stappe om te volg indien hulle in die hartseer posisie sou beland dat hulle ’n vermiste kind moet aanmeld.

Promosie tag

“Volgens statistieke van Missing Children South Africa (MCSA) raak ’n kind elke vyf uur vermis. Ouers en versorgers moet probeer om so pro-aktief moontlik te wees om hul kinders veilig te hou,” sê Jacqui Marsh, Cartrack se bemarkings- en kommunikasiebestuurder.

Daar is ’n hele paar mites wanneer dit kom by die aanmeld van ’n vermiste kind in Suid-Afrika – die prominentste een is dat jy 24 uur moet wag voor jy ’n kind as vermis kan aanmeld. Daar is geen wagtydperk om ’n vermiste kind aan te meld nie. Statistieke het in werklikheid getoon dat dit uiters belangrik is om ’n vermiste kind so gou moontlik aan te meld aangesien dit die owerhede van belangrike inligting voorsien wat kan help om die kind op te spoor.

Die feite is skrikwekkend, met ’n meerderheid (69%) van aangemelde vermiste kinders tussen 13 en 17 jaar oud, gevolg deur kinders tussen 7 en 12 met 18%, en 13% vir kinders van geboorte tot sesjarige ouderdom.

Al is die statistieke skokkend, is kennis magtig: Ouers moet hul kinders leer hoe om veilig te bly. Van die belangrikste dinge is dat kinders nie met vreemdelinge moet praat of enigiets moet aanvaar wat hulle kan lok nie, soos lekkers, hondjies of ’n belofte van ’n pret-uitstappie na byvoorbeeld ’n temapark. Kinders moet ook geleer word dat hulle nooit by die skool of enige veilige plek afgehaal sal word deur iemand wat hulle nie ken nie. Ouers kan ’n kodewoord kies wat hulle net met hul kinders moet deel. Kinders kan dié kodewoord gebruik wanneer hulle voel dat die persoon wat hulle nader ’n potensiële risiko is. As dié persoon die verkeerde woord gebruik, sal kinders weet dat hulle nie saam met die mens moet gaan nie en na die naaste veilige plek moet soek.

Hoewel dié wenke vir die daaglikse veiligheid van jou kinders is, is dit belangrik om daarop te let dat baie kinders ook gedurende vakansietye vermis raak. MCSA bied die volgende wenke aan ouers vir wanneer hulle met vakansie gaan:

  • Wees bewus van enige geïdentifiseerde risiko-areas by jou bestemming – vra die inwoners
  • Weet waar die naaste polisiestasie en hospitaal is
  • Wees bewus van nuwe “vriende” – dis hoe kinders vir mensehandel gelok word
  • Moenie dat kinders alleen speel nie – selfs in ’n pragtige, ouwêreldse vakansiedorpie
  • Voor julle op vakansie vertrek, leer jou kinders hul name en adresse. Leer hulle ook die name van hul ouers en hul telefoonnommers

Vir meer inligting besoek https://www.cartrack.co.za/missing-found en

Vir verdere inligting oor die werk wat gedoen word deur MCSA, asook veiligheidswenke vir ouers en versorgers, besoek: http://www.missingchildren.org.za/

Lees ook – ’n Kind raak elke vyf uur in Suid-Afrika weg