FOTO: Phyllis Green

My kind

VIDEO: Ontmoedig jy jou dogter om ’n ingenieur te word sonder dat jy dit besef?

’n Nuwe advertensie wys dat ouers onbewustelik hul dogters kan ontmoedig om ingenieurs te word omdat ma’s sekere fyn sosiale seine vir hul kinders stuur, berig Huffington Post. Lees die volledige artikel hier.

Hoewel 66% van Amerikaanse graad 4-meisies sê hulle hou van wetenskap en wiskunde is slegs 18% van ingenieurstudente vroue, wys nuwe navorsing in dié land.

Dié video wys hoe ouers soms onwetend boodskappe aan hul dogters stuur wat dié jong vroue van wiskunde en wetenskap afsit. Kyk dit hier:

Dit is maklik om gereeld vir jou dogter te sê sy is mooi, maar ontmoedig jy haar soms om nuuskierig te wees of om self interessante goed te ontwerp en aanmekaar te sit?

Daar is maniere om jou dogter se ambisie aan te help, soos as pa help met huistake. Klik hier om te lees hoe dogters wie se pa’s in die huis help meer ambisie toon vir onder meer beroepe in die ingenieurswese.

Nóg in die ‘My Kind’-afdeling op SARIE.com