My troeteldiere

Behoeftige brakkies word supermodelbrakke – Canine Cuisine

Ons supermodelbrakke sit die kollig op SA ontwerpersmode, want om ’n behoeftige brakkie ’n huis te gee gaan nooit uit die mode nie …

Annelie se Gina

Hond: Gina
Eienaar: Annelie de Wet
Aangeneem: 18 Julie 2014
Die verhaal: ’n Engel genaamd Teddy Sambu het Gina met behulp van Mdzananda Animal Clinic uit haglike omstandighede in Khayelitsha gered.

Ouderdom: Tussen 10 en 13
Hou van: Lekker kos en bene rek op die strand.

Verpes: Mense wat nie opreg is nie! Volgens Annelie kyk Gina sulke mense met skrefiesoë aan.

Streke: Gina hou haar lyf (jong) springbokkie op die strand, al het sy ’n ou siel.

Top (R4 200), Stefania Morland. Romp (R895), Adam & Eve, www.spree.co.za. Skoene (R399),Queue Shoes. Armband (R1 750), Kirsten Goss. Oorbelle (R3 690), Kirsten Goss. Lint (R7 per meter), In Good Company.

*’n Paar dae voordat SARIE drukkers toe is, is Gina ongelukkig oorlede. Haar eienaar, Annelie de Wet, was lief vir haar en het haar mooi versorg.

Gina

Odette se Cola

As Cola eers iets in haar bek beet het, kos dit slimstreke om haar te laat los

Eienaar: Odette Peiser

Hond: Cola
Eienaar: Odette Peiser
Aangeneem: November 2012
Die verhaal: Kaapstad se Lab Rescue het Cola van ’n teler gered wat haar in ’n piepklein betonbinnehof opgesluit gehou het

Ouderdom: Sowat 12
Hou van: Cola is mal oor die strand. Sy baljaar soos ’n babahondjie in die branders met met die seebamboes, wat sy uitmekaar ruk. Sy behandel elke staptog asof dit haar laaste is.

Streke: Sy steel graag ander honde se balle op die strand!

Kimono (R895), Ruff Tung van www.spree.co.za. Oorbelle (R400), Missibaba. Skoene (R399), Queue Shoes. Belt (R399), Desray. Halsband en leiband, Dog’s Life, www.spree.co.za.

_MG_6929 with etch

Sanette se Bow-Tie en Boeboe

Bow-Tie en Boe-Boe is my kinders. Hulle maak my lewe vol.

Eienaar: Sanette Meyer Meiring

Honde: Boe-Boe en Bow-Tie
Eienaar:
Sanette Meyer Meiring
[Boe-Boe]

Ouderdom: Drie
Aangeneem: 23 September 2012
Boe-Boe was maande lank op straat. Toe sy eienaar in hegtenis geneem is, het ons hom in pleegsorg geneem. Ons het ons harte op hom verloor en hom amptelik deur The Lucky Lucy Foundation aangeneem.

Hou van: Slaap, ’n gepamperlang en sy speelgoed.

Verpes: Plastieksakke en winkeltrollies
Streke: As sy nonna met ’n sekere stem met hom praat, “praat” hy terug. Sy noem dit hulle spesiale skindertyd.

[Bow-Tie]

Ouderdom: Drie
Aanneming: The Lucky Lucy Foundation het Bow-Tie op 15 November 2011 uit haglike omstandighede gered waar hy erg mishandel is. Toe hy sy nonna die eerste keer ontmoet, het hy dadelik in haar arms gespring. Sy sê hy het haar gekies, nie andersom nie.
Hou van: Speeltyd met sy rooi tou en slaaptyd op sy nonna se skoot
Verpes: Katte en voëls
Streke: Hy kan agteruit loop. Dis sy gunsteling partytjietruuk.

Rok (R1 600), Desray. Skoene (R849.95), Mango. Oorbelle (R1 600), Kirsten Goss

_MG_7061

Kirsty se Bailey

Bailey hou daarvan om nes ’n baba op haar mens te slaap

Eienaar: Kirsty Marmarellis

Bailey
Eienaar:
Kirsty Marmarellis
Ouderdom: Ses maande
Aanneming: Pet Pal in die Strand het Bailey en haar boetie in Junie 2014 gered. Hulle was haweloos langs die pad.

Hou van: Bailey is mal daaroor om enige ding onder die son te kou. Sy hou van lang staptogte in die park en geniet dit om met ander honde te speel en om af en toe ’n eekhoring agterna te sit.

Verpes: Harde geluide en aggressiewe honde. Sy’s ook nie mal oor voëls nie.
Streke: Bailey hou daarvan om nes ’n baba op haar mens te slaap. Dan maak sy die oulikste geluidjies.

Rok (R1 500), Thula Sindi, www.spree.co.za. Skoene (R399), Queue Shoes. Oorbelle (R1 650), Kirsten Goss.

_MG_7002

CC Sarie comp image

*Stilis Candice-Lee Kannemeyer | Fotograaf Johan Wilke | Model Bernice Grutzmacher Dodd van Outlaws | Hare Dale Titus van Infidels, met die gebruik van GHD | Grimering Melissa van Zyl van Supernova, met die gebruik van Dermalogica Skincare

  • Elna Van Der Merwe

    4 Maart 2014 is my Min Pin Lulu gediagnoseer met Erge Diabetes en ek moes haar Liewe Jesus toe laat gaan. My hart was stukkend en ek huil daagliks oor haar en ek het gesê nooit ooit weer wil ek n honde kind in die huis hê nie maar wee jy ….. Magda Sparmer wat n Foster-ma vir kat en honde is vir AACL Port Elizabeth daag die 20ste April by ons huis op met N SPLINTERNUWE MIN PIN – Die woef se eienaars wil hom laat uitsit het by AACL. Onmiddelik sê my man dat ons die woef sal Foster vir AACL. So is Magda fort en nuwe Min Pin in ons huis. Ek huil en huil en tel nuwe woef op en gee drukkies en huil en huil. My man se woorde was. Hy is n gesonde woefie en kort n huisie. Dit sal goed wees as ons hom aanneem en ons eie maak dan gaan hy die leemte vul. Nou ja 7maande later kan ons se BOKKIE SEUNTJIE van der Merwe, soos ons hom gedoop het, het ons aan geneem en ons vir hom. Hy is soos n stoute kind in ons huis. Baie lief om met tennisballe te speel. Slaap saans tussen ma en pa in die bed en o ja die tennisbal moet ook saam bed toe. Ons bere een of twee skoon tennisballe onder die kussings en wanneer hy bed toe gaan speel hy eers bietie met die balle. Ons le rug teen rug as mens dit so sal noem. Wat hy doen is hy kom bêre die balle in my waai van my bene wat gebuig is en dan gaan slaap hy by pa in sy waai van sy bene. Dankie ACCL Port Elizabeth vir julle goeie netwerk vir julle diere wat huise soek, Ons is bevoorreg om een van julle hondjies te kon aanneem. Ek hoop dat ons die gelukkige wenner sal wees sodat julle die voordeel kan kry uit die kos wat gewen kan word.