MG_6957-532x800
My troeteldiere

#caninefashionrescue – FOTO’S van inskrywings

SARIE en CANINE CUISINE het honde-eienaars die kans gegee om inspirerende optelhondstories te vertel. Die wedstryd is nou gesluit. Hier’s foto’s van die inskrywings wat ons tot dusver ontvang het! (FOTO bo: Bailey) Hou SARIE.com dop vir wenner-details.

Mia

IMG_0553

My naam is Mia Pullen.  Ek is aangeneem deur Vernon, Anita en Monti Pullen by die DBV.

My storie het begin op nuwejaar 2011.  ‘n Barmhartige samiriataan het my geneem na die DBV nadat ek in die strate van Pretoria rondgedwaal het.   Op ‘n Saterdag oggend in Januarie het die Pullens na die DBV gekom op soek na ‘n nuwe susssie vir Monti, my Labrador boeta nadat sy sussie Tanya   op die ouderdom van 17 jaar oorlede is.  Hulle het my aangeneem en is mal oor my ouboet Monti.

My gunsteling tyd verdryf is om rond te hardloop op die erf en die vinke fiks te hou deur hulle te bekruip en op te jaag tot op die muur waar hulle my vandaar verder terg.  As die dag te lank word hou ek daarvan om myself tuis te maak op die bank op die naat van my rug met my agterbene uitgeskop teen die ruglening soos ‘n vlermuisie van ouds.   My gunsteling is die honde beskuitjie blikkie en ek sal my heel beste “”cute look”” toertjie daarvoor doen.

Ek hou niks daarvan as iemand hard praat nie en ek is altyd eerste om drukkies en ‘n soentjie uit te deel as iemand hartseer is met my baba beertjie lyfie.

Lucy

tmp_frame_1401097981190_nw

Lucy was opgetel in ‘n township waar sy besig was om hare van ‘n ashoop te eet. Sy het drie baba’s by haar gejad. Lucy se linkeroog het  ‘n baie erge infeksie gehad en haar ribbes was gebreek. Lucy was na DBV geneem en haar ogie is verwyder. Haar baba’s was so oortrek van die wurms dat hulle gesterf het. Ek het vir Lucy aangeneem en sy is die gelukkigste ou woef. Sy het ‘n fantastiese persoonlikheid en steelharte waar sy gaan. Sy is onlangs aangewys as OFM radiostasie se middag program Siesta se “mascot”” en het al baie ver gekom van die brandmaer en bang meisiekind wat sy was!”

Boksemdaaisie

boki-00332

 

“Augustus verlede jaar het ek en my ma van die dorp af tuis gekom en 2 vreemde bokkie-hondjies in haar erf aangetref wat vir ons staan en blaf het asof HULLE die waghonde en ONS die betreders was.  Bure oorkant die straat het ons toe ingelig dat die eienaars getrek het, en toe sommer so in die verby-ry die hondjies in my ma se erf afgelaai het. Omrede my ma reeds haar eie maltesertjie, en ek 5 van my eie brakkies het, het ons besluit om hul liewer DBV toe te neem. Toe ek die tweetjies later die aand wou oplaai om by my oor te slaap tot ek hul die volgende dag na die DBV sou neem, het ons ontdek dat die reuntjie ontsnap het. Ek’t die beangste tefie in n kombers toegedraai en huistoe geneem – maar nadat ek en my kinders vir haar bed gemaak het voor my jongste seun se bed, WAS DIE KOEEL DEUR DIE KERK….  Boksemdaaisie het byna onmiddellik tussen die ander diere aangepas asof sy al “”jarre”” part of this family”” is…!!!  Knor en “”grom”” elke oggend vir die JackRussel en Malteser-reuns wanneer sy uitgaan om te pie-pie asof sy n hengse verskrikking vir hul inhou…  Ons het in n jaar bitter lief geraak vir die klein bokkie en sy vir ONS!!”

Donna

Donna-Before2

“Donna het net eendag by ons huis opgedaag…Sy was skokkend maer en het baie erge brandsiek sowel as kanker (Canine transmissible venereal tumour) onder lede gehad. Elke week op dieselfde dag moes ons haar eers skrop met badskuim en daarna dip met Ectodex. Sy moes ook elke week ‘n Dectomax inspuiting kry. Sy was ook op antibiotika. Daarna het sy ‘n klomp chemoterapie sessies agter die rug vir die TVT. Vandag het al haar hare teruggegroei en is sy ‘n ongelooflike hond! Sy het al my ander honde en katte aanvaar en is net fantasties. Alles was die moeite werd as ek in haar oë kyk en die dankbaarheid sien… “

Lake

IMG-LAKE-PUPPIES

Ek het n hond hierdie jaar gered in roodepoort by florida meer nie een van die instansies wou ons help nie. ons het toe besluit om dit self te doen sy het 10 dae later 9 babas gehad. Ek wil graag die 4 artikels wat in plaaslike koerant gepubliseer is net so vir julle stuur.

Jimmy

2014-12-09_15.53.41

Aan my bruinoog-koningin

Ek is honger en bang, die alleenheid gaan my vang
Ek is nog so jonk en klaar al wees
Niemand wil my hê wat kan ek sê
Ek hoor ‘n geraas, en kyk verbaas: Hier hou iemand stil, kom wat wil, nou kan ek “CHILL”

‘n Blondekop meisie praat sag en teer en sit my saggies in haar voertuig neer
Ons ry stadig weg met reg

Sy laai my af by haar beste vriendin, voorwaar ‘n bruinkop koningin!
Ek is so bly en ek voel so vry
Sy koester my met liefde en sorg.
Ek word gewas en gekam en rustig neergelê en besef ek gou hier wil ek bly.

Uiteindelik kry ek ‘n gesin wat daagliks oor my lot besin.
Hulle noem my JIMMY – so mooie naam en voel ek sommer
vinnig baie vernaam!

Die kos wat ek kry maak my eers bly
My hare blink en my stert die wink
Die pille is daar en raak nooit nie klaar
Ek is ‘n gelukkige hond al te waar.

Na 4 volle jare bly ek verheug, dis so lekker so in my prulle jeug!
Cherietha jy is my beste maat. Vir jou sal ek voorwaar nooit verlaat.

Tinkerbell

10641038_267528056791142_6216839695011870099_n

I’m a big lover when it comes to animals of any kind, I need my dogs more that they need me. It was a week before my birthday and I was crazy exited. Early that morning my mother and father finished up for work and headed off. So now it was only me and my younger brother we went outside to go and wait for our bus and that is when I saw her, she was by far the cutest poodle puppy i have ever seen so I decided that she will be mine. I named her Wollie because she was so fluffy.

Wollie and I spent almost each and every day together, but like the saying goes all good things must come to an end and unfortunate our love story had too end.

I’s two years after I lost my pretty pup and I was really sad and then it happened  I was browsing around on Facebook and saw that there are new dog available i started going through all of them and then I found her, it was love at First bark and I wanted so bad so i started speaking to my parents and the moment they said yes i started with fundraising and luckily i know very generous  people who gave me all that i needed. when I finally got my puppy I felt so many emotions I was speechless but above that i was totally flabbergasted by her size she was tiny, she has been with me for over two months now and she is my life she is there when i need her . My Tinkerbell is my best friend”

Lady

WP_20140814_005

“My man was oppad werk toe so 7maande terug vroeg die oggend. Net so 1km van my huis af Om ‘n blinde draai sien hy die honde vuil en verwaarloos rondloop. Hy stop toe en roep die hond nader maar toe kom ‘n tipper trok Om ‘n draai met ‘n helse spoed en Sy val plat in die middel van die pad van skrik.

Na ‘n was en dip Om al die tonne borsluise af Te kry plus ‘n mooi kan lyl Sy weer na ‘n pragtige 4 maande our husky….

Ons moes haar pote onder dokter want dit was rou en sponsies was vol snye en krake maar nou na maande is Sy so oulik en so gehoorsaam. ‘n Regte Lady.

Seuntjie & Ounooi

IMG-20140407-00177

Op die foto is een van 2 honde wat ek opgetel het. Die eerste was seuntjie. ‘N opregte foxterier. Baie goeie huis maniere en baie beskermend teenoor die kinders. Hy was van die begin af ‘n lieflike hond. Ek het hom 2 jaar terug op ons plot gekry en na baie moeite nooit sy eienaar opgespoor nie. So het hy deel van ons gesin geword en is ons lekker bedorwe huis hondjie. Die 2de is ons ou nooi. Die foto is van haar. Dis ‘n kruising tussen ‘n worshondjie en nog iets. Ons het eendag in die pad gery en sy het voor ons motor gaan le. So het ons haar opgetel en huis toe gebring. Ons kon sien dat sy nie lank terug kleintjies gehad het nie en aandag nodig gehad het. Vandat sy by ons is het sy baie meer vertroue in mense gekry en is sy weer mooi gesond. “

Cash

altAmbMErwssHVnY8MTqe1Rj_IXUfiMrF3WuQFL4KTwVy8o

My kêrel het verlede jaar vir Cash aangeneem deur die Spaniel Rescue. Hy was gered vanaf ‘n “”puppy mill”” waar hy onder haglike omstandighede moes lewe. Hy was so erg brandsiek dat sy hare op plekke uitgeval het en toe ons hom gekry het het hy nie speelgoed of ‘speel’ geken nie. Dis nou n jaar later en Cash is ‘n liefdevolle en gelukkige hond. Hy het nou ‘n groot tuin waarin hy saam sy maats kan rondhardloop en speel. Hy kry tonne aandag by almal in die huis en spog nou met n pragtige pels en ‘n huppel in sy stap

Kiara

Ons het vir haar gekry vanaf sy 3 weke oud was. Sy is nou die jongste sussie in ons huis en ons bondeltjie liefde in ons lewens. Sy verjaar op die 1ste November.  Kiara was die eerste hond wat toegelaat was op die bed en in die huis. Ons het haar soos ‘n babatjie behandel toe sy klein was met Pajama drill.”

Heidi en Peter

IMG00082-20120316-1647

‘n Dame het 2 jong (seker so 9 mnde oud) Min Pins opgetel op ‘n besige snelpad en dringend ‘n huis gesoek vir hulle maar wil nie die 2 skei nie.  Ek het reeds 9 “”aangenome”” hondekinders, maar ek moes net die 2 sien.  Voor my siel weet ek dat as ek hulle gesien het gaan hulle saam huis toe … en hulle is toe saam huis toe om te bly.  Heidi was op hitte en kon nie gesterliseer word tot dit oor is nie, en noodgewonge het ek pasgebore babygrows gekoop en klein doekies gemaak vir haar, vir as ek dalk nie by hulle is nie, sodat die mannetjies haar kan uitlos (alhoewel almal gesterliseer is).  Paar dae later was sy dodelik siek met bosluiskoors en is gelukkig na behandeling beter.  Dis nou amper 2 jaar later en ek is nog net so lief vir hulle soos die eerste dag wat ek hulle gesien het.  Heidi slaap die heel nag in my een arm en as Peter koud kry stamp hy my met sy neus om die kombers vir hom op te lig.  Saam met die ander 9 is hulle die lig in my lewe!  Ek kan my nie voorstel hoe ‘n lewe sonder troeteldiere is ne …”

Bonnie & Clyde

IMG00157-20120421-0956

Ek en my man het die 2 Min Pins alleen sien rondloop oor ‘n naweek maar hulle wou nie na ons kom as ons hulle geroep het nie.  Uiteindelik 3 dae later toe ek weer stop en hulle roep het hulle dadelik op my skoot gespring.  Ek het advertensies orals opgesit want ek weet hoe ek sou gevoel het as van my hondekinders weg is.  Later het hulle deel van ons uitgebreide gesin met ander 9 boeties en sussies geword. Dit blyk toe Bonny was swanger en het 3 weke later 3 pragtige baba dogtertjies, waarvan ek natuurlik een gehou het!  Bonny en haar baba Mitzi het beide epilepsie en Bonny het ‘n hartkwaal.  So, elke oggend is dit ‘n klomp pille gee… maar ek veruil hulle vir geen geld in die wereld nie.  Ek kan lewe nie voorstel sonder troeteldiere nie, myne is beslis die lig in my lewe!”

Terra

Terra1

In Junie 2014 is ons liewe Gizmo een nag na veertien jaar weens ouderdom onder die boom oorlede.  Ons en ons Gabby-girl worshond se harte was stukkend.  Vir twee maande het ons getreur oor ons vier-voet seun en toe besluit die tyd is reg om vir Gabby-girl ‘n nuwe maat te kry.  Die keuse was nie so moeilik toe ons besluit het aanneming of troeteldier winkel nie….verseker aanneming maar waar kry ons ‘n nuwe seuntjie?  Ek en my man het op Faceboek twee Dachshund sites gelike en vir mekaar gesê die Here sal wel die regte seuntjie in ons lewens bring.  Swaar was dit om elke aand na die worshondjies op die sites te kyk maar ons moes geduldig wag dat die regte een sal kom.  Hy moet n jong opregte minuatuur worshondjie wees met ‘n sagte geaardheid.  Na ‘n maand se wag bel my man my een dag by die werk..ek het hom!! Ons laat weet vir Daschunds in need dat ons vir Tiger wil aanneem. O genugtig, huis besoek?? Weet nie hoekom was ek bekommerd oor die huisbesoek nie, maar ons slaag die huisbesoek met vleulende vaandels en my man laat weet my ons gaan Tiger eers oor ‘npaar dae kan kry!

So kom ek die middag by die huis en terwyl ek die voordeur oopsluit hoor ek n hondjie blaf wat verseker nie Gabby-girl is nie. En daar is hy bo-oor my, op my en om my – die ene liefde! Wat ‘n verrassing!

Ons moes vir  Tiger potty train, leer Afrikaans praat en leer dat die nie nodig om al jou kos in twee happe op te eet nie. Hy dra nog steeds al wat ‘n tak is in die huis in ek kou dit op in duisende stukkies, trek nog steeds vir Gabby aan haar stert, steel nog steeds Gabby se speelgoed (hy het sy eie!), sleep nog steeds al die los matte in die huis rond en verstaan darem al Afrikaans.  Maar ek verruil hom vir niks in die wêreld nie. Die onvoorwaardelike liefdevolle kyke wat ons kry, dat hy bo-op jou slaap, bo-op jou skoot wil sit as jy televisie kyk en my soos ‘n skaduwee volg.  Ons seun se naam was Pluto met geboorte, toe Tiger en nou Terra omdat sy pelsie die kleur van ons Terracotta teels is. 

Luke

luke

Luke is in 2008 gered van Khyalitsha. Hy het doringdraad om sy nek en is tans rondom geswaai deur ‘n groep jeugdiges. As gevolg van fisiese mishandeling en skurfte hy het geen hare op sy lyf en was vol van besmette sere. Sy toestand was so erg dat sy redder gedink hy sal moet uitgesit word. Maar by die veearts, het hulle opgemerk ‘n klein wag in sy stert. Hulle het dadelik besluit om hom ‘n tweede kans in die lewe te gee.

Dit het 3 maande geneem vir sy fisiese wonde te genees. Maar hy het nie die mens vertrou. Hy is geneem deur Border Collie Rescue, en die vrywilligers het saam met hom gewerk vir 18 maande, en hom stadig leer om mense weer te vertrou.

n April 2010 is Luke deur een van die vrywillegers aan ons plaaslike hond klub gebring as deel van sy rehabilitasie. My niggie het saam met my gewoon en het dadelik verlief geraak op Luke. Ons het besluit om hom in ons harte en ons huis toe te neem, en hy het die volgende dag na ons toe gekom.

Luke het ons geleer dat met liefde en geduld al swaarkry oorkom kan word.

Boetietjie Erasmus

Boetietjie-Erasmus

“Ek het Boetietjie Erasmus by ‘n veearts gekry toe ek vier van my. ander honde ingeneem het om geskeer te word. Dit het ses jaar eglede op 18 Julie gebeur.  (Die veearts het hom voor die praktyk se deur gekry. Papnat gepiepie van bang. Nog ‘n baba van net drie maande.)

Ja, mnr Mandela het daardie dag sy negentiste verjaardag gevier.  En soos Mnr Mandela is Boetietjie ‘n besonderse “”mens””.  Hy het die hart van ‘n leeu en stuit vir g’n duiwel nie. Dit het  amper-amper sy lewe gekos toe ‘n groot hond hom beet gekry het, maar liefde en goeie versorging en sy vegters-instink het sy lewe gered.

Boetietjie is vol liefde en sit graag op almal se skoot en deel. soene en drukke uit, maar hy HAAT klappers en swaar weer. En as mens nie mooi kyk nie, kan hy jou oorringe saggies van jou ore steel. Hy dra graag briefies aan en gaps soms ‘n geldjie.

Ander mense mag van my verskil, maar Boetietjie Erasmus is spesiaal soos die man met wie hy sy verjaardag deel.”

Bekkie en Buttercup

1418668382054

Bekkie en Buttercup het ons op die Facebook blad van New Beginnings Charity gesien. Hulle is ‘n plaaslike organisasie wat diere en mense help. Dit was hulle wat ons honde kinders gered het van naare eienaars. Bekkie en Buttercup was skaars ‘n paar weke oud toe hulle alleen by die huis gelos is en die eienaars op vakansie gegaan het. Toe hulle weg gevat is was hulle oortrek van die vlooie en sere. Die twee sussies is saam in pleegsorg geplaas en die mooi gesiggies se foto het op die internet gesmeek vir liefde. Ons het lankal gedink om twee hondjies aan te neem en dit was net perfek dat hulle onskeibaar was. tot vandag toe slaap die sussies bo-op mekaar of bo-op my. Hulle is bitter liefdevol en bring groot vreugde en liefde in ons huis. My 6 jarige seun speel elke dag met hulle en soggens sit Buttercup voor sy deur en wag dat hy moet opstaan. Ek sal enige tyd weer aanneem!”

Liesa

20060708-j-9

Iemand het by ons hek gekom met twee hondjies van die na burige township. Hy het hulle altwee in ‘n sak gehad. Ons het die twee hondjies by hom gekoop om hulle te red.Ons was glad nie voorbereid op hulle nie  hulle moes die eerste aand katkos eet en in kat se lee sandbak slaap op ou handoeke. Liesa, die wyfietjie, het gesukkel om te eet want sy was te klein, Die boetie kon darem eet.

Die volgende oggend het een van die bure gevra of hy die mannetjie kon kry. Met geduld het Liesa die etery onder die knie gekry. Op die foto is sy nog klein. Sy is nou 8 jaar oud en soos ‘n kind in die huis. Sy slaap voor my bed. Sy is my eerste hond en ek hoop ons sal nog baie jare saam hê.”

Bambi en Jackie

“Bambi is in 2010 aangeneem by die SPCA en Jackie in 2011. Hulle is die wonderlikste hondjies en het die mooiste geaardheid. Rescue is my favourite breed.”

t02

 

Bokkie (Seuntjie)

“My naam is nou Bokkie Seuntjie van der Merwe. Ek is die gelukkigste seuntjie-hond op aarde want my nuwe pa en ma is baie baie lief vir my. My nuwe eienaars het ‘n hondjie soos ek gehad en sy is hemel toe want sy het suikersiekte gehad. Hulle het my ‘n kans gegee. Ek hou daarvan as ons gaan stap en spring op en af totdat die band aan gesit is. Hulle speel saam met my. Hulle vang my pote, skop die tennisballe en ek is mal daaroor. Ek speel met die 2 groot honde buite en as ek moeg is slaap ek deur die dag sommer op die bank langs my nuwe ma. Ek is verslaaf aan my tennisballe en kan nie sonder hulle gaan slaap saans nie. Ek slaap in die middel. my nuwe pa en ma lê rug aan rug. Ek speel dan bietjie bal in die bed dan bêre ek die bal in die waai van ma se buig bene en dan gaan slaap ek by my pa in sy waai van sy bene. My vorige eienaars het my by AACL Port Elizabeth afgelaai en ek moes hemel toe gaan maar ek het nog n kans in die lewe gekry.  G’n geld kan die liefde van my nuwe ouers koop nie.”

Port-Elizabeth-20140424-01093

Liefie

“Ek was gelukkig genoeg om Liefie in Tulbagh te kry.  Ek was 4 jaar gelede in Tulbagh vir die dorp se jaarlikse skou en het LIefie raakgesien by CHAIN se stalletjie. Hulle doen wonderlike werk in die omgewing met optel honde en katte. My Jack Russell is kort vantevore oorlede en ek het eintlik glad nie belang gestel om vinnig weer ‘n hond te kry nie. Liefie het egter dadelik in my hart gekruip. Sy en haar sussie is ‘n week voor die skou deur CHAIN by Tulbagh se vullisgate gevind. CHAIN het haar Liefie gedoop en ek het besluit om die naam te hou. Sy was ongeveer 3 maande oud to ek haar aangeneem het en volgens die veearts ‘n Skaaphond/Labrador kruising. Sy was nooit gesosialiseer nie, so ek moes haar gewoond maak aan ander honde en haar leer om mense te vertrou. My vriend het, kort voor ek Liefie aangeneem het, ‘n Chow hondjie gekry en hulle het saam groot geword en is steeds onafskeidbaar. Vandag is Liefie ‘n liefdevolle, beskermende en spelerige hond.”

20141201_182130

La Vodka

“Ek het vir La Vodka by Edenvale SPCA gekry. Hy het aan Chinese mense behoort wat hom in n huis toe gesluit het vir meer as 2 weke sonder kos en bitter min water.  Van sy toon naels het so afgebreek van krap on te probeer escape dit sal seker nooit weer terug groei nie. Op die foto sal jul sien hy was letterlik net vel en been en Ongelooflik bang maar n jaar later is hy rond en gesond met so baie liefde en die oulikste persoonlikheid. Ek het my pa so biedjie meer as n jaar terug verloor aan depressie en selfmoord en het na dit vir La Vodka gekry.  Die hondjie het n leemte in my hart gevul met sy liefde en eks verewig dankbaar.  Hys nou nie die mooiste hond nie maar beslis die oulikste en bederfste en my beste vriend!”

1399139287694-1

Pote

“Vyf jaar gelede,in die middel van die winter,het ons honde se geblaf my in die nag by ons strandhuis wakker gemaak. Hierdie waghonde is Oscar,n Worshond- Min Pinscher kruis en Miss Gracie,n Maltees -Jack Russelkruis,van Stellenbosch se SPCA.Buite seioen is dit baie stil en donker hier.Oudergewoonte het ek die deur vir hulle oopgemaak en in die lig kon ek n medium groote swart hond uitmaak,wat dadelik die pad gevat het.Hierdie ritueel het hom elke nag herhaal.Na n tyd het die swart hond hom op die deurmatjie tuisgemaak en later nie meer opgespring wanneer die kleintjies aankondig dat hy gearriveer het.Voor slaaptyd het ek die voordeurmatjie agter n stoepstoel gesleep,bietjie uit die bek van die wind,sy water en n'””treat””neergesit.Hy het my toegelaat om die vet bosluise van hom aftehaal,in sy bek te kyk en hom te streel.Soms was ons vir 2 weke huistoe en sodra ons terug,is hy ook hier.Ek kon sien hy is al ouer,nie wafers geteel met sy swak agterlyf,maar die liefde vanself.Ek het vir hom begin kosgee,maar hy is steeds elke oggend so teen 6vm op n draffie hier weg,om teen donker terug te keer.Op n dag het hy hier opgedaag met n knop op sy boud.Almal het voorspel dat ek verseker gebyt gaan word wanneer ek hom in die motor laai,maar hy het my net laat begaan..Die veearts het medikasie gegee,gese sy vermoed hy is so 8jr oud,en uitgewys dat hy reggemaak is.Ek het dit nie opgelet en skielik het ek begin wonder oor sy mense.Hy het nou ook treetjie vir treetjie bedags in die huis gekom,maar saans weer buite gaan slaap.Gedurende die dag het hy soos n beeld op die voorstoep gele. Die klein hondjies was mal van jaloesie,hy het net sy kop laat sak.Dit het my al hoe meer gepla dat hy iemand anders se hond is en ek het n groot foto van hom met slegs my selnr in die plaaslike koerant geplaas.Tot my groot verdriet het sy baas gebel en wou hy graag sy hond terughe.Ons het sy bed,komberse,kos en medikasie ingepak en my man het hom in die bruin woonbuurt,so 5km van ons,gaan aflaai.Sy mense het gese dat hy so n rondloper is en hul kon nie verstaan waar hy al die ‘necklaceses””(vlooibande) kry.Ten minste het ons nou geweet sy naam is Pote en hoe oud hy is.Ek het besluit om n oog oor hom te hou,dat hy goed versorg word.Terwyl ek nog so treur,toe is hy die volgende aand weer voor ons deur.My man het Pote weer ingelaai en aan sy mense gese dat indien hy weer by ons opdaag,gaan ons vir Pote hou. Amper 2 maande het verloop en op die spesifieke Sondag het ons gemeente saam met die VGK n diens in hul woonbuurt.Na die tyd het ons lekker buite gesels en gelag oor n koppie tee.Dieselfde aand hoor ek n baie bekende blaf en daar sit Pote,nog met n  tou om sy nek,voor die deur.Ek wil glo hy het vroeer my stem gehoor.Ons het die deur oopgemaak en hom binne genooi.Vandag is hy al tussen 12 en 13jr oud,redelik doof en met waserige oe en stywe bene,maar wanneer hy my gewaar,is dit net ‘smiles’en sterswaai.Ons is baie liefde vir ons eie en almal anders se honde en sal in die toekoms altyd weer die aanneem roete neem.Ek het net nooit daaraan gedink dat n hond ons so graag sal wil aaneem.”

Minkie

“Ek het die Facebook-bladsy Staffordshire Terrier Rescue South Africa gestig om die pleit van al die staffies in ‘shelters’, DBV’s ensomeer te ‘share’, sodat hulle huise kon kry. Daar was glad nie so ‘n blad in Suid Afrika nie, en dus was baie van die diere uitgesit omdat hulle nooit die regverdige kans gekry het om huise te kry nie.

Deur my blad is ek toe bewus gemaak van die mooiste, pikswart Staffie wat ‘n nuwe huis benodig het omdat sy eienaars getrek het. Ek het my hart op die Staffie verloor, maar ongelukkig was hy aggresief teenoor ander honde en kon ek hom dus nie aanneem nie – hy het toe ‘n wonderlike huis in die Kaap gekry. Maar by dieselfde skut is daar toe die hondjie, Minkie – mens kan net raai wat sy is, maar ons reken sy is ‘n varkhond-kruising.

Arme Minkie was so verbouereerd in haar klein hokkie dat sy al haar velle van haar gesig en voorpote afgekrap het in ‘n poging om uit te kom. Sy het ook ‘n haglike ‘hackjob’ van ‘n sterilisasie gehad, wat haar in verskriklike pyn gesit het. Sy wou niks van my of ons staffie by die huis weet toe ons haar aangeneem het nie – sy sou my gereeld byt as ek net aan haar geraak het. Sy het ons ook die eerste paar maande uit die huis uitgeëet. Mens kan net raai hoeveel kos sy by die skut gekry het, en het sommer gou-gou lekker vet geword. Maar met salfies en maande se liefde het sy so diep in my hart ingewurm dat ek haar nie vir die wereld sal verruil nie. Sy is die koddigste ou hondjie en is ongelooflik beskermend oor my. Sy volg my oral en is baie lief daarvoor om saam met my te gaan draf.”

MInkie

Lucky

“My naam is Lucky en ek is van Garsfontein, Pretoria. Ek is die gelukkigste hond ooit en hier is my verhaal. Ek het in Balfour groot geword maar het nie ‘n gelukkige huis gehad en mense wat vir my lief is nie. Ek het toe maar in die mielielande probeer oorleef maar net toe ek gedink het daar is nie hoop nie en ek was honger, dors en moeg vir die lewe het my aanneem pa Frans my raakgesien. Hy het my nader gelok met iets om te eet ek was eers skrikkerig maar die krampe op my maag was so seer dat ek ingegee het. Frans het toe besluit om my huis toe te vat. Ek het ‘n gat in die bors en been gehad ek was toe veeaarts toe en het sommer my inspuitings ook gekry.  By die huis gekom het ek die ander woefers Koevoet en Katryn ontmoet. Ek het vir ‘n week geen geluid gemaak nie maar het gesien dit is lekker en toe ook begin blaf en speel met balle, poppe en toue net soos hulle maak.   Ek het nog nie geleer swem nie maar ek sal nog. Ek kry nou elke aan ‘n lekker bak kos met hoender. Heerlike droëwors en my aanneemma bak die lekkerste hondekoekies. Ek het ‘n warm hok met baie komberste om in te slaap.  Dit voel of ek in die hondehemel is.  In die aand sluip ek in vir my bederfie agter my ma se blad dan krap sy my maag en ore en sing vir my ‘n liedjie – “ma se mielieland hond – ek is so lief vir jou”” dan krul ek van die lekkerte. Ek het geleer om met die ketting te loop so elke oggend gaan ek parkie toe en hardloop totdat my tong opkrul van die moegheid.

Ek gryp nog elke oggend die voëltjies se brood of pap buite en bêre dit in my hondehok vir die maer dae maar ek dink nie dit sal ooit gebeur nie want hier word al die woefers te veel bederf en daar is nie ‘n te kort aan al die lekker eetgoed nie. Soos julle kan sien is ek saam met my anneempa op die foto. Ek was so opgewonde want ek het die tweede prys in die hondekompetisie Garscom gewen – ek en Frans het dieselfde groen oë – en julle moet my oë sien. My naam is Lucky en hoekom – want ek is so lucky om sulke wonderlike mense te he wat my liefhet nes ek is ek het nooit gedink dit sou met my gebeur nie.

Lucky

Jessie

My storie is ‘n storie van “”let go and let God””. Die Here het my 5 jaar gelede geseën met die wonderlikste geskenk, ‘n diere dogter genaamd Jessie.  Haar storie begin toe ek nog by my ouers gebly het en nog net verloof was.  Jessie het behoort aan die huurders oorkant die pad.  Sy was een van drie honde, vreeslik verwaarloos, altyd rond geloop opsoek na kos.  Sy was so maer en uitgeteer dat sy sommer maklik deur hulle hek geglip het, Jessie was mar ‘n paar maande oud toe ek haar die eerste keer ontmoet het en met die eerste oogopslag was ek mal verlief op haar.  Ek het geweet sy is ‘n baie spesiale hond.  Op ‘n dag het sy net weggeraak, my hart was stukkend.  Jessie was nie eers my hond nie, maar ekt geweet wat gebeur met rondloper pitbulls.  Ek het gebid en gebid, nooit opgehou dink aan haar nie en omtrent ‘n maand later het iemand haar opgetel by ‘n winkel sentrum en terug gevat huis toe.  Ek wou haar so graag vat, maar ek kon nie, dit sou verkeerd wees.  Die huurders het toe getrek en ekt Jessie nie weer gesien nie, ek is toe getroud en het Uitenhage toe getrek.  My man het skoftes gewerk en ek was party aande alleen, ek wou so graag ‘n honde kind in die huis hê want ek was nog altyd vreeslik lief vir diere.  Ek besluit toe om bietjie op die diere organisasies se webtuistes te gaan loer.  Ek begin toe sommer op die Animal Welfare se blad te kyk en wie sien ek daar, my Jessie kind!  Ek het haar skaars herken, sy het so groot geword.  Ek wou haar sommer dadelik gaan haal, maar moes eers seker maak dit is sy.  Ek kon nie wag om haar weer te sien nie.  Toe ek by die Animal Welfare aankom het ek dadelik geweet die Here het ‘n wonderwerk gedoen spesiaal vir my, dit was wragtig my Jessie.  Maar nee, iemand anders het haar reeds geboek.  Ek doen toe dadelik ‘n brief vir hulle en smeek dat ek haar mag aanneem, dat ek reeds ‘n band met haar het en niemand sal so lief vir haar wees soos ek nie.  My hart was weereens stukkend en ek bid.   Hulle bel my toe oor die brief wat ek gestuur het en verras my met die beste nuus, ek is goedgekeur om haar aan te neem.  Dit is nou 5 jaar later en sy is nogsteeds deel van my lewe, ek kan net terug kyk op daardie dag en weet dit was die Here se genade dat ek op daardie spesifieke dag op daardie spesifieke webtuiste haar foto gesien het.  Haar “”glimlag en boudjies swaai”” is uniek en egte karakter eienskappe van ‘n pitbull, sy is gekruis met ‘n rifrug en die mooiste hond, maar bo en behalwe dit alles het sy die mooiste hart.

Jessie-bandjie

Odi

“Ons het reeds drie honde-kinders gehad, waarvan een ook aangeneem was, toe ons besluit het om nog een aan te neem. Ons het spesifiek aanneming gekies omdat soveel diere opeindig by shelters en kennels en dierebeskermings-instansies sonder enige rede en ons voel sterk daaroor dat diere nie vir hulself kan praat of pleit nie. Dus het ek met die soektog begin deur verskillende instansies te kontak en op internet te soek op hul webtuistes. Dit breek mens se hart wanneer jy al die diere sien wat net bitter graag’n liefdevolle huis en versorging en liefde vra en dit los jou met ‘n magtelose gevoel want mens wil so graag almal help maar dis onmoontlik. Ek sien toe ‘n labrador op ‘n netwerk se webblad wat baie gekoppel is aan baie dierebeskermings-intansies en deur netwerk te doen, probeer om hul soveel moontlik kans te gee om raakgesien te word. Ek het navraag gedoen maar die antwoord het teruggekom dat hy reeds aangeneem was die vorige dag maar dat daar ‘n ander ligbruin labrador/golden retriever was wat reeds bespreek was om die volgende week aan die slaap gemaak te word. Die pragtige dier was 9 maande oud maar reeds op ‘n jong ouderdom by ‘n kennel afgelaai en as gevolg van teveel diere en te min spasie, was sy dae getel. Ons het onmiddellik aan die werk gespring en in ag genome dat ons in die Oos-Kaap woon naby Port Elizabeth en die shelter in Pretoria is, het dit heelwat logistiek geneem om hom veilig by ons te kry.Te danke aan diei instansie se reêlings en ‘n woning-besoek om seker te maak dat ons die regte familie was vir hom deur iemand wat ‘n kontakis van iemand anders by die instansie, , het hy 2 weke later veilig by ons aangekom Odi is die wonderlikste, liefdevolste toevoeging tot ons gesin wat ons ooit voor kon vra. Hy het wel die knou oorgehou van te min oefening en het vir die eerste jaar basies met stywe bene geloop en kan nie op bv meubels klim nie maar met baie oeofening en speel en swem, gaan dit al baie beter. Hy het soveel selfvertroue gekry en is sy passie in die lewe net om naby sy mense  te wees. Dit los mens met ‘n warm gevoel om te weet hy is veilig nou maar met hartseer dat daar nog soveel diere daarbuite is wat dieselfde verdien.Hierdie instansies red soveel lewens deur hul ‘n tweede kans te gee – dankie is te min vir die wonderlike verrykende toevoeging in ons lewens met Od, wat elke dag elke dingetjie met soveel dankbaarheid hanteer.”

odi

Vee

,”My beautiful dog’s name is Vee.She is a mixedbreed Africanus.In 2012  my husband sent me a photo from a site that he was visiting,and she was all alone,injured and her whiskers were burnt off as she was searching for any food around the village.It seemed that she lost her mother,and she was approximately 8 weeks old.My husband brought her home,and we took her to the vet.We already had 4 dogs and a 5th one would be difficult, but we took her in!!!! She has the best personality,and I always laugh and say she has a “”varkiestert”” as her tails curls around twice!!!When she is very excited, she starts wagging it,and everything flies of tables!!!!She believes that the couch is for her to sleep on,and she even puts her head on a scatter cushion.She is a very happy dog and hows it by wagging that tail vigorously!She also has a big nose,and gorgeous brwon eyes!!She loves running around,and loves it more when the husky chases her around the house!!!She also learn a trick,my husband says “”buig voor die koning”” then she goes bows in front of him!!!!!She does not like visiting the vet and walking on a leash!!although we did not adodt her form a shelter,I do think that in this case she would not even had the opportunity to even go to a place where she would be adopted,as I am sure her life would have ended in the village.We love her with all our hearts,and people may giggle when they see her,but she is the most amazing lovable dog and I feel blessed that she is in our lives.”

vee13

Moeks

“Moeks het behoort aan bergies wat kwalik vir hulself kon sorg, maar hulle het altyd seker gemaak Moeks kry kos en hy was oorlaai met liefde. Aan die einde einde van 2011 is hy raakgery deur ‘n trok agter die winker waar sy eienaars probeer werk het om ‘n geldjie te verdien. Hy het op 3 bene rond gehop en toe een van die Lucky Lucy Foundation vrywilligers verby stap het sy gestop en gevra wat fout is met hom. Hulle het verduidelik hy was raakgery en hulle kan hom nie na ‘n vearts neem nie en hulle loop oral waar hulle gaan wat dit baie moeilik gemaak het vir Moeks wat rondhop op 3 bene en hulle het gevra of die vrywilliger hom kan help . Die vrywilliger het aangebied om hom  te neem na die Lucky Lucy Foundation. Die Lucky Lucy Foundation het hom na ‘n veearts geneem en hulle het ontdek dat beide sy bene aan die regterkant erg gebreek was. Hulle moes besluit of hy uitgesit moes word en of hulle hom sou probeer help, sy ysere wil en deursettingsvermoë het hulle laat besluit om hom ‘n kans te gee. Hulle kon sy agterbeen red deur ‘n pen in te plant maar sy voorbeen is tot by sy skouers geamputeer.  Daarna was Moeks vir ongeveer 2 en ‘n half jaar in Die Lucky Lucy Foundation se sorg. Alhoewel hy ‘n groot gunsteling was onder die werkers en vrywilligers (hy het selfs saam die werkers geslaap) was hy misgekyk deur aanneem families. Ek het Moeks se foto op sosiale media gesien en ek was dadelik verlief op die ongelooflike hondjie. Ek en my kêrel  het middel 2013 aansoek gedoen om Moeks aan te neem net om te hoor dat ons huiseienaar nie troeteldiere toelaat nie. Ons het toe maar ander blyblek gesoek waar troeteldiere wel welkom is en getrek so gou as wat ons kon. Agt maande later het ons die aanneming gefinaliseer en kon ek my seuntjie huis toe neem met ‘n klein katjie as maatjie ook van die Lucky Lucy Foundation. Moeks het so bietjie sosiale agressie gehad maar met baie liefde en sorg kon ons hom wys hoe ongelooflik die lewe kan wees. Vandag is Moeks die liefdevolste en oulikste hondjie. Hy raak elke dag net gelukkkiger. Hy is mal daaroor om elke dag op die strand te hardloop en het onlangs eindelik die moed bymekaar geskraap om in die water te gaan. Die sagte sand het wondere gedoen om sy voorbeen sterk te maak. Hy gaan nooit ver van my af nie en sal my beskem met sy leeue hart teen enige iets (of ten minste probeer). Hy is ‘n ongelooflike brawe hondjie wat ‘n tweede kans gekry het op geluk. Ons was die wonderlike geleentheid gegee om dit met hom te deel. Hy het dalk net 3 bene maar hy is andersins perfek.”

moeks

Frikkie

“Frikkie is aangeneem in 2004 by Wetnose en is sowat 15 jaar oud. Sy ras is n Puggallee ( Die veearts noem hom sommer “”liqourish-  all- sorts””) Hy het in Garsfontein Pretoria-Oos verlore geraak..Toeo ns hom gekies het ,het hy net daar in sy hokkie gesit saam met sy ander maters en het dadelik die oog gevang met sy mooi maniere en geaardheid. Hy het dadelik in ons harte in gekruip met sy maniertjies soos om bv, te bid voor hy begin eet en sy gunsteling tyd verdryf is om die tuinier rond tejaag terwyl hy werk. Hy het ook vyf ander honde-boeties wat hy die pa voor is.”

Frikkie

Astro en Smartie

“Middel 2012 het ek 2 van my wors inders aan die dood moes afstaan. Het gesê nie weer nie want dis so seer om hul te verloor. Ek koop in Desember cesars way tydskrif en hier is my eerste ontmoeting met my twins. Toe ek daai 2 gesiggies sien verkrummel alle weerstand. Ek het Sanmarie van Drsa gekontak en die res is geskiedenis. Hul is erg verniel en geskop en geslaan en verskree. My hart het uitgegaan na hul toe ek die 2 se storie hoor. Hul was in pleeg sorg en het dringend die stabiteit van n huis nodig gehad. Sanmarie het ons kom keur en die 2 saamgebring. N eerste keer want dit werk nie gewoonlik so nie. Smartie het erg gehuil en ek vermoed hy is die een wat die meeste verniel is. Maar na sowat 2 dae het die 2  rustiger geraak en ons begin vertrou en hul wors maaitjies geniet. Dis nou amper 2 jaar later en die 2 het totaal en al ingepas. Hul is wel nog senuagtig as jy te vinnag by hul beweeg (verwag seker n skop) die twee het ontpop in 2 baie unieke worskinders. Smartie is n loverboy en astro gebruik sy neusie om te praat. Hy poke jou en maak geluide tot jy na hom kyk. Soms skeumer daar nog iets deur van hul seerkry maar die 2 leef elke dag voluit en is so kosbaar vir ons. Baie lief vir my twins. Hul is nou 5jaar oud.”

Astro en smartie

 

Spidey

“Ek het Spidey In Julie 2013 die eerste keer gesien by die DBV in Port Elizabeth terwyl ek oor naweke die honde daar gaan loop het. My hart het altyd gebreek, want sodra enige iemand naby sy hok wou gaan het hy onder sy hok weggekruip. Ons was desperaat om vir hom ‘n huis te kry, want hy het homself meer en meer onttrek en het ook minder en minder geeet. Een aand in Augustus 2013, kry ons die nuus dat Spidey uit ‘n werker se arms uitgespring het en weggehardloop het..  Ten spyte van talle vrywillergers wat help soek het kon ons hom daardie aand nerens kry nie. Die volgende oggend is daar weer ‘n soekgeselskap uit om na hom te soek, maar te vergeefs. Daardie middag is daar ‘n deurbraak en inligting word opgevolg deur van die vrywillergs dat Spidey in die bos gewaar is. Daardie aand kry ek ‘n oproep en ek word meegedeel dat Spidey gevind is en dat hulle ‘n “”foster”” huis soek. Ek het hom nog dieselfde aand gaan haal, en hom belowe hy sal nooit weer die binekan van die kennels sien nie. Spidey het September 2013 deel van die van Eck huisgesin geword, en ek het my belofte aan hom gehou!”

Port-Elizabeth-20140608-00811

Lucky (2)

“Op Dinsdag, 18 Nov 2014 het ek en my vriendin Kaapstad Lughawe toe gery om haar baas se kar te gaan haal. Om die laaste draai voor die lughawe gebou het ons iets oor die pad sien geloop.  Ons het gedink dit was ‘n wit rot, toe ons nader kom sien ons dis ‘n wit puppy !  Ek het dadelik en my vriendin het gespring en die puppy gaan haal.  Sy was omtrent 2 weke oud – baie verboureerd en verskiklik honger !  Ons het besluit om haar terug kantoor toe neem.  By die kantoor het ons vir haar melk en puppy kos (geskenk deur ‘n klient) gegee.  Sy het die lekker geslapies met n voller magie en die sy het diep in die harte van al die pesoneel ingekruip !  Maar niemand kon haar huis toe neem nie en ek ‘n post op Facebook geplaas en verduidelik wat gebeur het .  Een van my vriendinne het aangebied om die hondjie te kom haal. Sy het die hondjie aangeneem vir haar ma wie se hondjie ‘n paar dae terug dood is.  Ons is so verlig dat die hondjie ‘n goeie huis gekry het en sy kon nie vir ‘n beter huis gevra het nie !  My vriendin het haar die beste gepaste naam gegee – LUCKY! Sy was beslis lucky dat ons haar opgetel het anders het sy onder ‘n ander voertuig se wiele beland.”

lucky

Snoepie

“Ons  was  by  ‘n troeteldierwinkel  gewees  en  het  na  voëlkos gesoek  vir  die  voëls.  ‘n Dame  het  gekom  en  gevra  of  ek  die  hondjie wil  vas hou omdat  sy  gesien  het  ek is  life vir  diere. Ek  het  gese  ek sal  hom  graag  wil  vas hou  en  sy het  hom  vir  my  gegee.  Ek  het  hom  vas  gehou  en  so  met  hom  deur  die  winkel  geloop  om  te kry  na  die  voel kos. My man  het  gese dat  ek  die  hondjie  moet  terug  gee  vir  die winkel  en  het  na  die  toonbank  gegaan  en  vir  hulle  gese  dat  hulle  maar  die  hondjie  terug  kan  vat.  Die  persoon  agter  die  toonbank  se  vir  my  dat  hulle  nie  honde  in  die  troeteldier winkel  aanhou  nie.  Ons se  maar  een  van  hulle  het  die  hondjie  in ons  hande  gesit  om vas  te hou en  ons  het  gekyk  waar  die dame  is  en  sy  is  toe weg  sonder  dat  ons  haar  weer  gesien  het.  Die  winkel  assisent  het  gese  dat  hulle  nie  hom  kan  hou  nie en  so  het  ons  toe  vir  die  piepklein  Snoepie  toe  aangeneem  en  hy  het is met  ‘n  bottel  verder  groot  gemaak.  Vandag  is  ‘n  die  woord  van  sin  die  spekvet  en  geselsende  hondjie  wat  ek  het. So  het  die  Here  vir  Snoepie  vir  ons  gegee.”

Snoepie

Miggie

“Miggie se mamma was nog swanger toe sy gelos was vir die dood. Vasgemaak aan ‘n sink huisie iewers in Khayalitsha in die reen..  Die mense van PETZ het haar gered en sy het geboorte gegee kort daarna.  Ons het toe vir Miggie aan geneem. Miggie is verskriklik liefdevol en tussen die ander 3 mannetjies op die erf, ‘n REGTE dame. Sy sal eers mooi met die voetjie vra voor sy op jou skoot mag klim en soek net baie liefies. Sy is mal daaroor om soos ‘n malletjie in ‘n groot oop veld rond re hardloop. Sy is baie skrikkerig vir harde geluide / stemme, en ook die ander honde wat haar soms onderste bo hardloop.   Maar sy maak almal altyd glimlag met haar mooi persoonlikheid en maak ons honde familie kompleet. “

Miggie

Layla

“Hi daar, ek wil graag my storie met julle deel. Alhoewel ek nie my hondjie by ‘n diere skuiling (animal shelter)  aangeneem het nie het ek haar van die strate af gered. Daar was ‘n hawelose vrou wat net buitekant ons woonstel gewoon het. Sy het hierdie pragtige klein baba hondjie by iemand gekry. Elke dag en aand het ek gehoor hoe tjank die hondjie, veral in die aande omdat dit so koud was (in die middel van die winter), sy was ook in gevaar om deur ‘n kar omgery te word omdat sy nie altyd na gekyk was nie. Ek het al van baie jongs af ‘n passie vir diere en dit het my erg ontstel dat hierdie hondjie dalk nie die regte voeding kry nie en dat sy dalk gaan verkluim van die koue. Ek het telkemale vir die vrou gevra of ek asseblief die hondjie mag aanneem, en na baie onderhandelings het sy uiteindelik ingestem. My hele familie het onmiddelik verlief geraak op hierdie klein bolletjie wol, sy het soos ‘n regte baba beertjie gelyk. Ons het haar gekry toe sy ses weke oud was nadat sy alreeds 2 weke op die straat was. Ons het haar  Layla gedoop. Sy was baie uitgeteer en bang en sy het ‘n gat in haar oor gehad. Ons het haar die dag na ons haar gekry het doktor toe geneem vir ‘n deeglike ondersoek. Sy het ongelukkig Parvovirus gekry, (Katgriep) sy was baie swak, het glad nie geëet nie en kon skaars loop. Die doktors het vir ons gesê dat baie min honde die virus oorleef op so ‘n jong ouderdom dus moet ons onsself gereed maak vir die ergste, maar ons het geweier om op te gee op haar en sy het ook baklei om te lewe! (Ons het vir haar ysblokkies gevoer om haar gehidreer te hou en dit is toe ons leer dat sy baie lief is vir ysblokkies) Na baie aande se wakker bly om ‘n ogie oor haar te hou het sy uiteindelik gesond geraak en sy het elke dag, vanaf die dag wat ons haar gekry het, ons lewens soveel beter gemaak! Sy is almal se engelkind, almal se maatjie en sy is so liefdevol. Sy is baie slim, sy leer toertjies baie vinnig en is baie gehoorsaam. Ek wens dat elke liewe persoon ‘n hond in hulle lewens sal kry, hulle bring soveel geluk in ons lewens. Layla het regtig ons lewens verander en ek hoop maar net om die guns terug te gee aan haar deur vir haar die beste lewe te gee wat ek kan! Ek het ‘n foto van haar as ‘n baba (nadat sy al ‘n paar weke by ons was) sowel as ‘n foto van haar nou (een jaar oud) aangeheg.”

layla

Snowy

“Oor 12 dae, sal dit presies 2 jaar terug wees wat ek vir Snowy aangeneem het. Ek het na iemand gesoek wat ek kon vertroos, lief he en kon bederf en ek geweet dat ek nie ‘n beter lyfie sal kry wat dit sal waardeer as in ‘n diere skuiling nie. Ek het vele gesiggies gesien, maar die dag toe ek Snowy sien loer vir my deur die tralies met daai groot bruin oe wat vir my se dat hy nie hier hoort nie. Hy pas nie hier in nie. Ek het dadelik geweet dat ek my liefie lyfie gekry het. Snowy is aangeneem by die AWS Helderberg, tenspyte vand ie feit dat ek in Hermanus bly. Ons het hom gaan optel en met die rit huis toe het die seuntjie net ontdooi. Hy het ewe waffers op die agterste sitplek gestaan, voorste voetjies teen my sitplek gestut, sodat hy die pad huis toe kan sien. By die huis het ‘n groot grasperk, bedtjie en speelgoed vir hom gewag. Die pad was nie sonder spoedhobbels nie. Ons het ontdek dat Snowy ‘n baie slegte velallergie het (asgevolg van sy wit velletjie) en hy kry vir die res van sy lewe Kortisoon inspuitings. Ons seuntjie het om en by ‘n kilogram geweeg toe ons hom gekry het, vandag weeg hy ‘n gesonde 4.5kg! Snowy het nie net my lewe kom vol maak met sy teenwoordigheid nie, maar nadat ek hom aangeneem het, het ek aktied betrokke geraak by die redding van diere. Ek is ‘n trotse vrywilliger by die diere organisasie – Rescued Animal Drive (R.A.D) en te danke aan Snow wat my lewe so kom vol maak het, is ek ‘n trotse ma van nog 2 kinders. Ek sal my aanneem kinders vir niks en niemand verruil nie en sal enige iemand aanraai wat twyfel oor aanneem – doen dit, dis die mees vervullende gevoel wat jy ooit in jou hart sal ervaar, om ‘n hawelose dier ‘n huis te gee en te sien hoe hulle blom en deel van jou gesin raak. “

Snowy

Wally

“Dit was ‘n Desember’s oggend in 2008, ñ dag voor ons met vakansie gaan toe die gesiggie by ons opdaag. Ons het van een veearts na die volgende gery, van “”doggy parlour”” na “”doggy parlour”” maar geen plek het die hondjie erken nie. Met oë vol trane vat ons die Pekingese SPCA toe omdat ons oppad was met vakansie en nie na die hond kan kyk nie. Ek het my pa gevra of ons na die vakansie kan gaan kyk of hy nog daar is en hom dan aanneem. Na die vakansie het ons by die SPCA gaan stop en tot ons verbasing was hy nog daar en gaan hy so tekere as of ons sy eienaars is. Die proses het begin en na so week toe is dit ons nuwe baba, hy is toe gedoop met die naam Wally!”

Wally

Bertie, Renée en Jasper

Ons het Bertie vyf jaar gelede van WetNose Animal Rescue aangeneem. Ek het na Wetnose se webwerf gekyk, ‘n lys gemaak van honde wat by ons lewensstyl sal pas en gewapen met my lys het ons by WetNose aangekom. Dit was oor etenstyd, so niemand was beskikbaar om my hierdie spesifieke diere te wys nie, maar hulle het gese^ ek moet intussen vry voel om rond te stap en na die diere in die hokke te kyk. Toe ek by Bertie (sy naam was toe Blackie en hy was nie op my lys nie) se hok verbystap, het hy albei sy pootjies deur die hek gesteek en so hartverskeurend gehuil dat ek amper saamgehuil het! Nodeloos om te se^, hy het saam met ons huistoe gekom. Hoewel ons Bertie in Gauteng aangeneem het, was hy, volgens sy mediese kaart, in Stellenbosch gesteriliseer. Ek het Animal Welfare Society in Stellenbosch (AWSS) gekontak, en hulle het my vertel hy was as rondloper in ‘n township buite Stellenbosch opgetel. Niemand wou die wilde outjie aaneem nie, en hy was op die rooi lys om uitgesit te word. Gelukkig was daar plek vir hom en agt ander honde by WetNose, so Bertie en sy maters is opgevlieg na Jozi.

Bertie was baie wild vir die eerste jaar. Hy wou nooit in ons oe”” kyk nie. Met baie geduld en liefde het ons hom geleer dat hy veilig is en dat hy ons kan vertrou. Hy is ‘n baie lieftallige en spraaksame hond. Hy raak baie opgewonde as hy kan kar-ry and hy is mal daaroor om nuwe toertjies te leer. Hy is bang vir donderweer, maar met TTouch en sy Thundershirt sien hy kans vir die woeste Hoeveld donderstorms.

Renée

Renee kom van ‘n vee-stasie in Botswana. Sy was gered deur Ruretse Dogz in Botswana. Hulle het my vertel dat sy eintlik self by hulle aangemeld het. Sy het sommer net opgedaag en na die klein hondjies begin omsien. Toe hierdie dierehawe onverwags moes toemaak byna drie jaar gelede, het die Lucky Lucy Foundation in Kaapstad aangebied dat die sowat 60 honde by hulle kan kom intrek. Ek het hierdie diere se storie met groot hartseer gevolg. Een van die honde, Renee, het al diep in my hart gekruip in haar Botswana dae. Sy het altyd so saggeaard op Ruretse Dogz se FB Blad gelyk en ek het haar so op ‘n afstand liefgehad sonder dat ek haar ooit ontmoet het. Na vele wik en weeg het ons besluit om haar langafstand van Kaapstad na Pretoria aan te neem. Dit was natuurlik ‘n groot waagstuk, want as sy nie by ons ander honde sou inpas nie, wat dan? Die hele proses van aanneming, goedkeuring en vervoerreelings na Pretoria was byna twee maande van naels kou en lang trane, maar Renee het uiteindelik by ons aangekom. Sy was presies die hondjie met die sagte hart en sagte oe”” wat ek my voorgestel het. Die arme dingetjie was so vreeslik verskrik en bang. Dit het twee jaar van baie iefde, baie harde werk, baie TTouch en klieker-opleiding gekos om haar uit haar dop te laat kruip.

Renee is nou net meer as twee jaar by ons en is die prinses in ons huis. Sy hou baie daarvan om in die kombuis te help en op die rusbank te le^. Sy is nog ‘n klein bietjie skrikkerig vir “”grooming””, veeartse en kinders. Sy is die een waagstuk wat ons geneem het waaroor ons nog nie ‘n oomblik spyt was nie.

Jasper

Jasper se vorige eienaars het hom by ‘n dierehotel gaan aflaai en hom nie weer gaan haal nie. Trix van Trix 4 Animals het haar oor die outjie ontferm en hom by haar dierehawe gehou. Die maande het verbygegaan en steeds het niemand hom kom haal nie. Hy is later gesteriliseer en in pleegsorg geneem. Japser se pleeg-mamma was vreeslik lief vir hom en wou hom baie graag aanneem, maar Jasper kon nie hulle 20-jarige kat alleen los nie. Hy wou net heeltyd speel en die kat het nie baie daarvan gehou nie. Dus is Jasper terug na die dierehawe toe. Ek het lank gedink, gehuil en gewonder oor die outjie, want daai gesiggie (daai ore!!) het my heeltyd geroep. Ons was nie seker of die ander honde Jasper sal aanvaar nie. Uiteindelik het ons besluit ons sal probeer. Ons was seker Renee sou nie ‘n probleem met Jasper he nie. Ons het ons Bertie en oorlede Jenna na die dierehawe geneem om hulle aan Jasper voor te stel. ‘n Totale ramp! Die spulletjie wou mekaar net opeet!

Ek gee egter nie maklik op nie, en het ‘n wonderlike gedagskundige gekontak om te help. Vir twee weke het ek en sy die honde elke tweede dag in twee motors na die natuurreservaat geneem en hulle laat stap tot hulle go^ uit was. Dit het elke keer redelik vreedsaam by die reservaat gegaan, en sodra ons by die huis kom, begin die njarrigheid weer van voor af. Ons het Bertie en Jasper in verskillende dele van die huis gehou, die meisie-honde rondgeskuif sodat almal mekaar kan leer ken sonder dat Bertie en Jasper by mekaar kan uitkom. Twee weke van naels kou, trane van frustrasie, en baie tee vir die mense. Uiteindelik was dit D-dag! Ek het Bertie in die tussentyd geleer om sy muilband gemaklik te dra want hy is baie groter as Jasper. Ek het die twee bymekaar gesit: soos verwag het hulle mekaar gegryp met groot geraas, en twee sekondes later was alles verby! Vrede op aarde en beste vriende! Hulle moes duidelik net die gesprek van aangesig tot aangesig klaarmaak.

Jasper is al amper twee jaar lank ons hofnar. Hy is hoogs intelligent met ‘n skerp sin vir humor. Hy hou van uitstappies en rofstoei met sy ma. Hy raak baie manhaftig as hy ander honde sien en gee voor hy is nie vir enigiets bang nie, maar hy is eintlik ‘n delikate blommetjie wat baie gou by sy ma of pa sal troos soek.

Ons is nie vir ‘n oomblik spyt dat ons aangeneem het eerder as om by telers te koop nie. Aanneem-honde is is ons grootste leermeesters. Hulle leer ons van vergifnis, van onvoorwaardelike liefde, en van dankbaarheid.

Jasper is al amper twee jaar lank ons hofnar. Hy is hoogs intelligent met ‘n skerp sin vir humor. Hy hou van uitstappies en rofstoei met sy ma. Hy raak baie manhaftig as hy ander honde sien en gee voor hy is nie vir enigiets bang nie, maar hy is eintlik ‘n delikate blommetjie wat baie gou by sy ma of pa sal troos soek.

Ons is nie vir ‘n oomblik spyt dat ons aangeneem het eerder as om by telers te koop nie. Aanneem-honde is is ons grootste leermeesters. Hulle leer ons van vergifnis, van onvoorwaardelike liefde, en van dankbaarheid.

Op die foto is dit van links na regs: Jasper, Renee en Bertie. Hier doen hulle ‘n toertjie wat ek onlangs vir hulle geleer het – “”Couch Potato!!””

Sarie-Entry

Basil en Sage

“Ons het Basil en Sage of Daschunds in need South Africa se facebook bladsy vir die eerste keer gesien.  Twee pragtige “”steekbaard worsies”” wat al 7maande by die SPCA op Uitenhage was.  Dit was “”love at first sight”” en ons moes hulle net hê

Na lang onderhandelings en vele mense se hulp, het ek en my man een Saterdag oggend voor die hoenders opgestaan en die 10ure trip aangepak Uitenhage toe om die tweetjies te gaan aanneem.  Ons is met ope arms verwelkom deur almal by die SPCA Uitenhage, die werkers asook die vrywilligers.  Dit was ‘n “”eye opener”” om te sien hoeveel mense moeite doen net om 2 lewentjies te help.  Basil en Sage is gekonfiskeer uit haglike omstandighede op die ouderdom van 8weke, en op 9maande het ons hulle aangeneem.  Die SPCA het aangedring dat die boetie en sussie saam aangeneem word, aangesien hulle baie geheg was/is aan mekaar.  Mettertyd het ons besef net hoekom daar so ‘n band tussen die tweetjies is…..Sage die sussie en kleiner een van die twee is verstandelik ‘n bietjie stadiger as ander honde en sy het ‘n gehoor probleem….boeta Basil was dus haar lewenslyn en ore.  Nou is hulle deel van ons pak van 11 en Sage is maar altyd saam met een van die ander, of andersins is sy my skaduwee.”

Basil en Sage

Rex

 

“Ons liewe Rex. So 6 jaar terug het my pa n woef aangebring wat ons tjoklit genoem het.  Sy was nie lank met ons nie weens die katgriep wat haar van ons geneem het.  Die seer was nog so rou toe my pa vir Rex aangebring het n week later.  My pa vertel hoe hy vir rex oor n plaas heining geneem het op n plot hier naby waar die honde van klippe en geong geleef het.  Hy was so klein so maer, soos n swart sakkie bene.  Soos die dae aan verloop het Rex dieselfde symtome van katgriep begin toon.  My hart was stukkend.  Ons het nie die klas geld vir veearts kostes nie en ek kon nie toe kyk hoe die arme lyfie so moes swaar kry nie. Ek’t op n plek feelgood health af gekom wat nartuurlike en kruie medisyne vir beide mense en diere. Hulle het daar iets gehad vir parvo.  So het die lang stryd begin.  Ry deur na die winkel toe, koop doe medisyne en gaan terug huis toe.  Vir 3 dae en 3 nagte was Rex elke 15-30minute tussen my bene vasgeklou waar medisyne en elektroliet water ingespuit word. Ek onthou nog soos gister die laaste nag. Dit was n vrydag en dit was 2uur die oggend. Ek en my ma het besluit as Rex nie verbeter in die nag nie sal ons hom neem dat die veearts hom verlos van sy leiding.  Ek was desperaat, baba kossies met water verdun en elke 30minite in gespuit vir voedingswaarde, google het selfs genoem van n rou eier.  Rex het die rou eier en en kort daarna sal hy weer brak en niks bly binne nie.  My tranne was nie vlak of weg gesteek nie, my hart was stukkend.  4uur daardie oggend sit Rex reg op op die bank, ek kry ‘flashbacks’ wat dit lyk of hy weer gaan braak…maar nie die keer nie.  Ons liefste Rex het reg op gesit en vir die eerste in sy lewe het hy n tennisbal ontmoet. My tranne loop nog gereeld as ek dink aan daardie wonderlike gevoel toe hy saam baklei het en ons die oorlog gewen het.  Dis 6 jaar later en ons Rex is my engel sielsgenoot in honde vorm.  Ek kan enige iets met hom doen en hy soek elke dag sy liefde drukkies en soentjies by my.  Ek is so dankbaar vir die fighter wat hy is.  Die foto is kort na hy gesond geword het geneem. Hy is nou gord grys om die bekkie.

REX

Fendi

“In 2007, my Rotweiller passed away from heart and liver problems, and to me it was the end of the world! To find a bit of peace and solace, I started volunteering at Domestic Animal Rescue Group in Cape Town. I felt like I needed to give back to the animals in any way I could as my dogs had always brought me so much joy, and I wanted to give a bit back. I tried to help however I could, so i walked the dogs, bathed them and played with them. I loved it! The dogs were so happy and I think they knew they were being given a second chance. One of the dogs I cam across was a Boerbull mix called Fendi. She was absolutely stunning. A big, boisterous girl who just wanted to play! Sadly she was one of many abandoned dogs who get brought into shelters every day. We struck up a special bond from the moment we met. She was a bit weak due to the fact that she was so thin when she was brought in, but that didn’t stop her from wanting to play and walk! very day she would howl and cry when I left. It broke my heart that such am incredible soul was just abandoned. Because she was a large adult, it was said that it would be harder to place her in a forever home as people are skeptical of large breeds without a “”history””, so I decided to take her home. The folks at the shelter were amazing and the process was very smooth. When we got home, Fendi climbed on my bed, and has been my best friend since. She will be turning 9 this year :-) She is such a gentle dog, who loves her walks, and her other rescue sister, Dixie the Ducshund. I have 2 rescues, who are the most incredible, loving, happy dogs! Dixie the Sausage Dog was found as a stray in Stellenbosch, and the 2 of them are best friends! I am so grateful for all shelters that take the time to try and rehome stray, abandoned, abused and lost dogs. When I look at my dogs, I know what unconditional love is, and for that I am eternally grateful!”

Fendi

Fred, Roxy en Zuma

“Ons het meer as 10 jaar gelede vir Fred aangeneem in die Paarl.  Hy is ongelukkig vroeër die maand op ‘n rype ouderdom van 15 oorlede.  Roxy het ek aangeneem as haar 3de huisie – niemand wou haar hê nie maar sy is nou vir altyd tuis.  Zuma was by die Animal Welfare Helderberg. Ek werk met Basset aanneemings en die gesiggie het omtrent by my gespook.  Ek het my man die heeltyd die foto gewys en gesê kan ons asb ‘n 3de Basset kry? Nee nee nee..hy moes toe vir werk Israel toe gaan en toe hy terugkom sit ek met trane in my oê en smeek weer.  Nee sê hy..Die volgende Vrydag het ons my verjaarsdag van die volgende dag gevier by my werk.  Toe ek huis toe gaan met al my geskenke en blomme kom ek ingestap..die man sit en slaap op die bank maar al wat ek sien is die mooi woef wat op die vloer lê en slaap.  Dit is toe Zuma! My man en vriende het toe skelm gereël dat ons hom aanneem sonder dat ek dit eers geweet het! Ek het nog die oggend vir Animal Welfare geskakel en gevra het Zuma ( was Humphrey ) darem al ‘n huis gevind? Ja sê hulle vir my ‘n baie goeie Basset huis ook nog.  Ek was so verlig.  Zuma en Roxy is nou al albei 3 jaar by ons en 6 jaartjies oud.  Ons het ook nou onlangs ‘n Basset tydelik gehuisves, Bella, maar na my Fred oorlede is het ons besluit om haar te hou.  Bella was afgegee by die Animal Anti Cruelty in Belville op 7 jarige ouderdom.  Ooo en dan is daar natuurlik die Basset Kat Benjamin wat ons ook vroeër die jaar aangeneem by AACL Belville.  Hy stap saam met sy Basset maaitjies op die strand met ‘n bandjie aan :) Te moeilik om een uit te sonder!!”

B-377

Roxy

Roxy het op ‘n wonderbaarlike manier by ons uitgekom. Nadat Brandy (17jr) oorlede is, het Kaylie (Jack Russell 12jr oud) verskriklik getreur en kon nie bedags alleen tuis bly sonder om erg te huil nie.  Nadat ek alles probeer het van ‘n eletroniese “”dog bark/cry”” uit VSA, ‘n dog whisperer, ‘n honde sielkundige en niks gewerk het nie, is ek dierevereniging toe om ‘n maatjie vir Kaylie te soek.  Die vereiste: dit moet ‘n Jack Russell wees.  Alles is toe gereel en toe ek vir Kaylie neem om met die nuwe maatjie te gaan kennis maak by die dierevereniging, het hulle gese ek moet ook die maatjie van daardie Jack Russell aanneem, want hulle kom ‘n lang pad saam. Ek is huilend daar weg, want ek mag net 2 honde in die kompleks aanhou. Toe ek by die huis kom hardloop daar ‘n Jack Russell in die kompleks. Ek soek die eienaar en hoor dat iemand hom daar met ‘n kar afgelaai het, met die idee dat hy daar hoort. Ek neem hom toe vir die nag in en die volgende oggend 6vm in die stortende reen ry ek in die buurt rond, hoor by ‘n sekuriteitswag waar die hondjie bly, sit ‘n brief in die posbus dat ek hulle hondjie gevind het met my besonderhede.  6 Weke gaan verby en die mense kontak my nie. Ek probeer om by hulle huis in te kom, maar die hekke is gesluit en geen klokkie nie.  Ek los boodskappe by die bure en nog briefies.  Nog 2 weke gaan verby en toe bel die “”mamma”” van die hond my, baie dankbaar dat ek haar hondjie het.  Kan ek hom nog ‘n paar dae hou, sy sal die aand kom kyk en dan later hom kom haal!  Ongelooflik! Watter tipe mamma is sy?  Wel 2 jaar is verby en Roxy se mamma het haar nog nie kom haal nie.  Vandat Roxy by ons is, het sy en Kaylie baie goeie maatjies geword, Kaylie het nooit weer daarna gehuil as sy moet tuis bly nie.  Elke dag soen ek Roxy en sê dankie dat sy by my uitgekom het.  Sy het die mooiste persoonlikheid, vir ons twee was dit love at first sight! En Kaylie en Roxy is nou beste maatjies, sussies vir ewig! 

Kaylie-Roxy-in-sun

Remi

“Op n renerige Woensdag in Mei hierdie jaar kry ek n benoude oproep van Fisanteraal plakkerskamp om te se Mev my hondjie hy gaan dood. 10 30 ry ek die kamp in om n klein wit puppy te haal. 2.5kg se bondeltjie bene in wit vel toegedraai. 6  uur deur die nag elke twee uur per mond rehydrate en colloidal silver ingee, 3 dae op n drip. Parvo – die mees dodelike siekte vir enige hondjie wat nie ingeend is nie. – en dan moet hy nog terug na sy baas. Twee wee later toe hy weer kon opstaan ry ek met n seer hart terug kamp toe met n gesonde spelerige vettie. Toe ek oorhandig kyk die mense hom so en se nee Mev dit is nie meer ons hondjie nie. Papierwerk is afgehandel om hom oor te teken aan my vir aanneeming en Remi ry terug huistoe – hys nou yslik groot – n pitbul met die hart van n poedel”

remi2

Bella

“Ek het vir Bella as n 5 week oue baba hondjie opgetel naby n  plakkerskamp buite Atlantis in 2013.  Sy was oortrek van borsluise, luise en vlooie.  Sy was n sterk klein hondjie en het oorleef met behandeling van ons goeie veeart en baie liefde. Sy is nou n pragtige hond wat baie nuuskierig is, haar baie en duur speelgoed uitmekaar skeur en verkies om met stokke en plante te speel. Sy geniet dit om saam met haar honde sussie op die strand te hardloop en in die see te swem. Sy is baie geheg aan my elke dag kan ek maar weet sy sal vir my wag by die hek as ek van die werk af kom. Ons bly op n plaas waar hulle ook baie plek het vir rondhardloop en speel. Sy slaap op die bed langs my en is baie beskermend oor my.”

IMGP0156

BESOEK www.CANINECUISINE.co.za vir meer inligting.