Keischa
FOTO Verskaf

Keischa FOTO Verskaf

My troeteldiere

My diere, my lewe: Vicky Davis, Shaleen Surtie-Richards, Diaan Lawrenson …

Wat sal ons doen sonder ons diere? Die sagte lyfies, warm asems, ore en sterte wat beweeg as ons by die voordeur instap …

Celebs, wat dikwels meer koestering nodig het weens hul druk programme en stres, stem saam.

Vicky Davis, aanbieder van Pasella (SABC2) en inhoudsvervaardiger van Afternoon Express (SABC3)

“’n Lewe sonder troeteldiere is nie eens ’n opsie nie. Ons is verslaaf aan honde. Ek en my man, Schalk Joubert (’n musikant), het ’n rottweiler, Rocky, ’n Duitse herdershond, Lupa, en ’n kolliehond, Jonathan. Ons stap en speel gereeld met hulle.

FOTO: Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

“Maar ek is ook mal oor katte, want hulle het attitude en is onafhanklik. My optelkat, Yuki, en Bengaalse kat, Mowgli, bly deesdae by my ouers op Somerset-Wes. In ’n stadium het ek baie rondgetrek; ek kon hulle nie behoorlik versorg nie, maar ek sien hulle minstens twee tot drie keer per week. Ons woon lekker naby, op Stellenbosch. Yuki, ’n pofkat, is ook mal oor Lira (18 maande). Selfs as Lira haar hare trek, purr sy.”

Die aktrise Shaleen Surtie-Richards

“My pekinese, Pokkel en Tatiana, het my so baie gehelp ná my ma, Ellen (beter bekend as Sakkie), se dood. Pokkels is ongelukkig ’n maand gelede dood. My hart is nog stukkend. Maar ’n vriendin het nog ’n pekinees-baba, Tristan, vir my gegee om te help met die hartseer. En is hy stout! Hy het ’n gat in my swart stewel gebyt. As ek by die stoel kom, is my pantoffels weg.

FOTO: Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

“Maar as my diere nie in my lewe was nie, weet ek nie so mooi nie. Hulle gee onvoorwaardelike liefde en word nooit vir my kwaad nie. Ek hou nie daarvan om hulle alleen by die huis te laat nie. Onlangs, toe ek Kook, proe, liefde? (’n kosprogram) vir Via (DStv kanaal 147) geskiet het, moes ek hulle by iemand gelos het. Die program word eers 10 Junie uitgesaai. Ek is nie op die oomblik so besig nie, maar die fliek Twee grade van moord (oor genadedood), saam met Sandra Prinsloo en Marius Weyers, word later vanjaar uitgereik.”

Diaan Lawrenson, op haar dag die bekkige Paula in die SABC2-sepie 7de Laan

FOTO: Donovan Roets

FOTO Donovan Roets

“Maximus, ons swart opreggeteelde boerboel, weeg 90 kg. Hy is soos een van my kinders, net so stout (lag), maar hy is ook ’n goeie waghond. Olivia (6) en Thomas (3) ry hom soos ’n perd, maar hy is baie rustig en mooi met hulle.”

Riette Rust, skrywer en vryskutjoernalis

FOTO: verskaf

FOTO verskaf

“Maxi, my haas, is die liefde van my lewe. ’n Vrou het op Facebook vertel sy wil van hom ontslae raak, sy is bang haar hond eet hom. JD, my man, het eers gesê, nee. Ons het drie katte: Arty (hy weeg 10 kg), Keischa (11), wat lyk soos ’n kat op ’n sjokoladedosie, en Zoey, ’n Noorweegse boskat. Maxi is die diepste in my hart, maar Arty is koning van die huis.

FOTO: Verskaf

FOTO Verskaf

Keischa FOTO: Verskaf

Keischa
FOTO Verskaf

“Diere help my om van stres te ontlaai. Hulle is altyd lief vir my en as ek huil, kom al drie katte op my bors lê. Ek is psigies en hulle ook. Katte kan mos mens se emosies lees. Troeteldiere is die beste geselskap. Ek besef hulle is honderd persent afhanklik van my liefde. Dit laat my goed voel.’’

Arty FOTO: Verskaf

Arty
FOTO Verskaf

Die aktrise Sandra Prinsloo

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

“Daar is niks soos die onvoorwaardelike liefde van honde nie. Daai warm asems en pienk tonge as jy by die huis inkom. Hulle is altyd so bly om jou te sien. Ek is mal oor labradors, hulle laat my lag en hulle is meer mens as hond. Ek het nou nog net vir Romeo (hy is agt) en my nuwe hond, Olga.”

Troeteldiere en jou gesondheid

Troeteldiere kan ’n mens se gesondheid verbeter: hulle verlig stres, is “sosiale magnete’’ en help om vinnig kontak met ander te maak as julle byvoorbeeld gaan stap, hulle kan help dat jy nie so maklik ’n hartaanval kry nie (mense wat gereeld met hul honde stap, het laer bloeddruk), hulle verbeter ’n mens se bui en uitkyk op die lewe – bied geborgenheid en gee meer sin aan die lewe.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

Bron: Webmd.com

Lees nou

Purrrfek, die kat is in die mode

Diere kry 2de kans met 3D-ledemate

Die oulikste hondekruisings