IMG_6547
My troeteldiere

Nóg foto’s: Oldiva, ons voorbladhond

Nataniël het ons Desember-uitgawe se voorblad met Oldiva, die 16 maand-oue gidshond, gedeel. Sy het almal op stel se harte gesteel, en miskien ook joune…

IMG_6547

Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging het vanjaar sy 60ste bestaansjaar gevier! Die organisasie is in 1953 in Johannesburg gestig en het sedertdien 1 457 gidshonde vir gesiggestremdes en 97 dienshonde vir fisiek gestremdes verskaf.

Om ’n gidshond op te lei kos sowat R80 000, en gewone mense kan ’n waardevolle verskil maak deur skenkings klein en groot (jy kan ’n hond vir R10 000 borg, of net van jou tyd gee). Vrywilligers word veral gebruik om die klein hondjies te leer stap en sosialiseer.

Ons voorbladmodel, die saggeaarde golden retriever Oldiva, was 16 weke oud toe ons foto’s geneem is en sy woon by ’n gesin in Killarney, Johannesburg. Sy kry binnekort haar eerste opleiding as gidshond.

IMG_6387

As Oldiva op die voorblad jou hart geroer het, kontak die vereniging om ’n bydrae te maak by www.guidedog.org.za, of e-pos info@guidedog.org.za of fundraising@guidedog.org.za

Enige skenking (eenmalig of deur ’n maandelikse bankaftrekorder) het ’n verwysingsnommer van die vereniging nodig, so kontak hulle eers.
Tel: 011 705 3512/ 0860 100 922
Facebook: SA Guide-Dogs
Twitter: @SAGuide_Dogs

IMG_6500