FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

My troeteldiere

Praat honde-taal

Woef blaf aanmekaar en maak jou gek. Dís wat hy jou probeer vertel.

MOOD GS honde dogs1-01-111413-804

 

UIT-SY-NATE-WELKOM-TUIS-BLAF

Hy tol en spring, dol van blydskap.

WENK Ignoreer hom tot hy bedaar en prys en druk hom daarna. Gee hom bedags ’n speelding.

EK-SOEK-AANDAG-BLAF

Daar’s nie ’n ooglopende rede nie. Hy wil toilet toe gaan, is honger – of soek net liefde.

WENK Sê hy moet kalmeer en ophou blaf. Beloon hom dan met aandag.

SKEIDINGSANGS-BLAF

Dis as hy alleen is, selfs al is jy net in die ander vertrek.

WENK Wag tot hy bedaar, gaan prys hom dan en gee hom selfs ’n bederfie. Moenie raas nie, dit gaan net sy vrese bevestig.

WIE-IS-DAAR-WAT-WAS-DIT-BLAF

Dis skielik, aggressief en waansinnig. En eintlik maar net vir die bure se kat.

WENK Verseker hom kalm alles is reg, niemand bedreig julle nie.

Bron: www.care2.com

Kry nuttige inligting oor jou troeteldiere in elke uitgawe van SARIE!

DES desember 2015 jana strydom