_MG_7024
My troeteldiere

Sanette Meyer Meiring en Bow-Tie & Boe-Boe – Canine Cuisine

SARIE en CANINE CUISINE gee jou die kans om groot te WEN vir ‘n dieresorg-vereniging.

BOW-TIE

Wanneer is Bow-Tie gered?
The Lucky Lucy Foundation het Bow-Tie op 15 November 2011 uit haglike omstandighede gered waar hy ’n jaar en ’n half lank erg mishandel is. Toe hy sy nonna die eerste keer ontmoet, het hy dadelik in haar arms gespring. Sy sê hy het haar gekies, nie andersom nie. Sanette het Bow-Tie op 15 November 2011 amptelik aangeneem nadat hy sowat ’n maand by The Lucky Lucy Foundation was.

_MG_7028d

Bow-Tie

Hoe oud is Bow-Tie?
Volgens sy aannemingskaart is hy 20 Oktober 2010 gebore.

Wat doen Bow-Tie graag?
Hy wil net op my skoot sit. Ek dink hy dink ek is sy ma.

_MG_7030

Bow-Tie

Waarvan hou hy? Hy is mal daaroor om met sy rooi tou te speel.

Waarvan hou hy nie? Hy is glad nie mal oor katte nie.

Streke? Hy sit en bedel aandag en hy kan agteruit loop. Dis sy gunsteling partytjietruuk.

_MG_7061

Boe-Boe, Bow-Tie en die model Bernice Dodd (FOTO: Johan Wilke)

BOE-BOE

Wanneer is Boe-Boe gered?
Boe-Boe was maande lank op straat. Toe sy eienaar in hegtenis geneem is, het ons hom in pleegsorg geneem. Ons het ons harte op hom verloor en hom amptelik op 23 September 2012 deur The Lucky Lucy Foundation aangeneem.

Hoe oud is Boe-Boe?
Hy is op 27 Oktober 2011 gebore, so nou is hy drie.

_MG_7024

Boe-Boe

Wat doen Boe-Boe graag?
Hy is mal daaroor om te slaap en oor ’n gepamperlang.

Waarvan hou hy?
Hy is absoluut mal oor sy speelgoed – die soort wat geluide maak.

Waarvan hou hy nie?
Hy is bang vir plastieksakke en winkeltrollies. 

IMG_7072

Boe-Boe, Bowtie en hul eienaar, Sanette Meyer Meiring

Streke?
As sy nonna met ’n sekere stem met hom praat, “praat” hy terug. Sy noem dit hulle spesiale skindertyd.

Die persoon wat Boe-Boe van die straat af gekry het vertel sy verhaal

Dit was Mei 2012, en ek het gereeld vir Boe-Boe en sy mens in die dorp gesien. Hy was altyd papnat, en hulle het hom agter ’n Shoprite-trollie aangesleep. Hulle het in die bosse langs die N7 gebly. Eendag het ek Boe-Boe opgetel en sy gesig het my hart gebreek. Hy was maer en sy pels was in ’n toestand. Ek het die hawelose vrou by hom gevra om hom ’n paar uur lank vir my te leen en sy het ingestem. Ek het hom na die hondesalon geneem vir ’n lekker bad. Hulle het hom drooggeblaas ook. Daarna het Boe-Boe die res van die dag saam met my rondgery.

Toe ek hom op die afgespreekte plek gaan aflaai, was daar ’n man wat my gevra het om hom oornag te hou. Ek het Boe-Boe na my ouers geneem. Daarna het Boe-Boe se mense my gereeld gevra om hom ’n rukkie op te pas terwyl hulle besig is, en dan spring Boe-Boe in my bakkie en daar gaat ons.

Boe-Boe is sy hele lewe al mishandel, maar eendag het ek sy eienaar gevang waar hy besig is om Boe-Boe aan te rand. Die arme hond was bebloed en in ’n slegte toestand. Ek het hom veearts toe geneem, maar die volgende dag moes ek hom met ’n swaar hart terugvat, omdat ek hom nie wetlik vir myself kon hou nie. Maar ek het vreeslik op sy eienaar geskree!

Later was ek by die werk toe die polisie my bel om te laat weet hulle het sy eienaar in hegtenis geneem. Hulle het gevra dat ek Boe-Boe gaan haal en hom oppas. Ek het vir ’n verklaring gevra en die eienaar het hom aan my oorgeteken. Daarna het ek ’n boodskap op Facebook gesit om pleegsorg vir Boe-Boe te soek, maar ek moes nog vir Boe-Boe gaan oplaai, en dit by ’n man wat bekend is as ’n gevaarlike dwelmgebruiker! Teen dié tyd het Sanette my gekontak.

Binne ’n kort tyd het sy en haar man Boe-Boe in pleegsorg geneem, en kort voor lank het hulle hom amptelik aangeneem. Ek is so bly Boe-Boe het ’n wonderlike huis gevind!

CC Sarie comp image

 

_MG_7063

Boe-Boe, Bow-Tie en die model Bernice Dodd (FOTO: Johan Wilke)