shattered_lives
Lewe + Liefdes

Nuwe boek oor die lewe van advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser!

In die November-uitgawe van SARIE verskyn ‘n eksklusiewe uittreksel uit die boek. En Maandag is daar ‘n 5 Boek-minute met Liezl Thom, een van die skrywers van die boek op sarie.com.

Die resensie hieronder gee ‘n voorsmakie van wat jy kan verwag as jy dié boek lees.

Shattered Lives – The story of Advocate Barbie, deur Liezl Thom en Laurie Pieters

Die twee advokate Cézanne Visser en Dirk Prinsloo se smerige seks-eskapades was tien jaar lank voorbladnuus in Suid-Afrika, waarskynlik veral oor Cézanne se fisieke voorkoms, wat haar die naam Advokaat Barbie in die media besorg het. Uiteindelik moes sy egter alleen pa staan vir hul dade ná Dirk landuit gevlug en in Rusland aan bankroof skuldig bevind is.

Skrywers Liezl Thom en Laurie Pieters was nou betrokke by die hofsaak; Liezl as joernalis vir Eyewitness News en Laurie, wat voorheen vir die twee gewerk het, as ‘n staatsgetuie.

Die boek beskryf dan ook veel meer as die omstandighede wat die nou veroordeelde Cézanne se lewe geslyp het. Dit neem die leser van Pretoria se gegoede Raslouw-woonbuurt na die agterstrate van Sunnyside en tot by die tronkdeure waaragter Visser haar volgende jare gaan deurbring.

Die leser leer ook die slagoffers ken; vroue wie se lewens ingrypend en onomkeerbaar verander het ná hulle met Cézanne en Dirk deurmekaar geraak het, soos die kinderprostituut en dwelmverslaafde, Jeannine du Plessis, wat selfmoord gepleeg het. – Susan Puren

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Bernie Hellberg

    Die storie laat mens koud, maar die waarheid moet uit!

  • Alexi

    Enigste probleem is, dit is geskryf deur 2 mense wat niks weet.

  • Bernie Hellberg

    Duidelik weet jy niks, Alexi, Liezl Thom het die hele relaas namens Eyewitness News gedek en Laurie Pieters het persoonlike en professionele ondervinding van die "Prinsloos" se doen en late gehad. Klink my jy het moontlik ‘n sagte plekkie vir Cezanne. Onthou dat sy deur ‘n regter skuldig bevind is!

  • Brombeer

    Jammer Alexi (dalk Cézanne Visser se familie) – die probleem vir Barbie is juis dat die twee skrywers PRESIES WEET wat sy en oom Dirk aangevang het. Elke enkele feit in die boek kan gestaaf word en is deegliks nagevors. Dis egter nie die regte boek vir bevooroordeelde Afrikaner-koekies nie, maar vir mense wat die lewe ken en hare op hulle tande het. As jy ‘n koeksisterbakker vir die Landbou-unie is, bly weg van hierdie boek. Mills & Boon sal meer in jou smaak val.

  • evie

    Jammer maar die boek is nie n sent werd.Ek , my man en twee dogters het die simpel boek gelees maar regtig, die Beeld se geskrifte was beter. Twee poppies wat wil geld maak. Sies julle !!

  • Gebreekte Vlerkq

    Aan Alexi en evie….

    Dit is baie duidelik dat nie een van julle enigsins ‘n idee het waaroor dit gaan nie. Dit is nog duideliker dat beide van julle nie eers bewus sal wees as so iets reg onder julle neuse gebeur nie. Het julle opleiding in die betrokke veld? Dat julle so oordeel fel oor professionele mense? Wie opleiding het om dit te doen…

    Sies aan al twee van julle.