Lewe + Liefdes

Hou dagboek in Sienna Miller-styl!

Maar hoe nou gemaak as jy binne week een besef jou lewe is nie opwindend genoeg om elke dag ʼn inskrywing te maak nie? Of so gejaagd raak dat daar net eenvoudig geen tyd is om ‘n inskrywing te maak nie.

Keel’s Simple Diary™Volume Two, uitgegee deur TASCHEN, is die perfekte dagboek om jou te help om vanjaar jou lewe te dokumenteer. Jy hoef nie elke dag ʼn ellelange stuk te skryf nie. Jy hoef bloot die datum te skryf en dan kan jy goed afmerk op die blad, wat by jou bui of dag pas.

Keel's Simple DiaryBlad in Dita Von Teese se dagboek

Dis klein genoeg om in jou sak te pas en dis beskikbaar is ses modieuse kleure. Die filosofiese aanhalings sal jou elke dag inspireer. Die ontwerper, Philipp Keel se wens is: “I hope you find a true friend, a great place or some wisdom through this book.”

Bowendien kan jy op enige blad afmerk, nes jy wil. Jy kan ook ietsie skryf – daar is ʼn plekkie. Sienna Miller het so pienk dagboekie in haar sak waarin sy krabbel – miskien oor haar swangerskap . . . Ek is nie seker watter kleur Dita Von Teese se dagboek is nie, maar ons kan darem sien hoe lyk ʼn blad in haar dagboek!

En daar is selfs ‘n opwindende applikasie vir jou iPhone!

G’n wonder hierdie is die nommer een verkoper vir TASCHEN in die wêreld is!