FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Reise

Die 10 gelukkigste lande

Die wêreld is vol gelukkige mense, maar sommige lande is maar nou net gelukkiger as ander! Dís volgens die World Happiness Report 2016. Verskillende faktore soos lewensgehalte, die ekonomie en die onderwysstelsel is vir dié studie in ag geneem.

Hier is die top-10 gelukkigste lande

10. Swede

Elke toeris se droom! Daar is so baie om te doen. As jy ’n aanhanger is van Stieg Larsson se boeke, sal jy opgewonde wees oor die Millennium-toer in Stockholm, die land se hoofstad.

 

9. Australië

Met die Groot Koraalrif daar sal jy in geen ander plek wil snorkel nie!

 

8. Nieu-Seeland

Van hobbits tot die All Blacks, dié land met sy ryk natuurskoon het baie om te bied.

 

7. Nederland

Kyk net hoe mooi is die tulpe in die lente!

 

6. Kanada

Dankie vir Ryan Reynolds, Kanada!

 

5. Finland

Vader Kersfees se tuiste! Gaan kyk die noorderlig in glas-igloes in Kakslauttanen.

 

4. Noorweë

Noorweë se vriendelike mense laat jou maklik deel voel van die gemeenskap.

 

3. Ysland

Met die ysige weer is Ysland se warmwaterbronne heerlik!

 

2. Switserland

Wie kan stres met die Alpe en Roger Federer in die omtrek?

 

1. Denemarke

Verlede jaar was dié land nommer 3, maar vanjaar is dit in die eerste plek. Dis glo sy gemeenskap wat dit die gelukkigste land maak.

  • Ricky

    Dis waar, met uitsondering van Australie en Nieu Zeeland in die suidelike halfrond, wonder mens maar net hoekom is die mense in die noorde gelukkiger as die in die suide????