1_5_
Reise

Eksotiese eilandpret: Retha Alberts van Rawsonville vertel

My man, Kobus, vind toe via Google Maps uit van die wonderlike vakansie-eiland Langkawi, sowat 45 minuter per vliegtuig van Kuala Lumpur af.

Ons was uit die staanspoor uitgeboul deur dié plek se lieflike natuurskoon, die ongereptheid en die vriendelike inwoners. Daar was wit strande en seewater van 24 ˚C. Lang ente se stap op die strand, heerlike Maleisiese geregte (vars vis elke dag!), luilekker niksdoen en boeklees.

 

Dís die ware ongekunstelde eilandvakansie en ons sal beslis teruggaan soontoe.”

 

Ons het onsself bederf met spabehandelings deur uitmuntende Filippynse terapeute. My man is keer op keer terug vir nóg meer!

Die island hopping was ’n hoogtepunt omdat ons interessante toeriste van onder meer Viëtnam, Kazakstan en Duitsland ontmoet het, en die natuur ’n grootse belewenis was. Langkawi het ons harte gesteel en ons is van nuuts af verlief op mekaar.

Langkawi
Langkawi
  • Elizabeth Carstens

    Ek het jul in Worcester in die Mall gesien en kyk waar;s jul nou, baie groete Liesbet en Brain, Charleston,VSA!! kom kuier vir ons!!