Gaan na San Fancisco sê Hanlie Sheridan

Deur Marguerite van Wyk, SARIE Julie 2010

Gaan na San Fancisco sê Hanlie Sheridan Foto’s: verskaf Galery

San Francisco in die Amerikaanse somer is hemels.

Ek en my ma, Liz Visser, ’n afgetrede huishoudkunde-onderwyseres, het haar enigste suster en my niggies daar besoek. Naas Kaapstad is dit my gunstelingstad.

Ons kon dié stad met sy bekende Golden Gate-brug ten volle (en te voet!) geniet.

Van ’n dagreis na die Mumms-wynkelder in die Napa-vallei, tot die Union Square-inkopieparadys in die hartjie van San Francisco met  die kronkelende Lombardstraat en Pier 39.

Selfs die Alcatraz-tronk was die rit en die dollars werd. Geen besoek aan dié stad is natuurlik volledig sonder ’n rit op die antieke “trollies” nie.

San Francisco is vir my spesiaal omdat my geliefde niggie, Jolize Stofberg Gronbeck, ’n onkologie-verpleegster, daar woon en ek het dit dus as ’n nie-toeris leer ken en ’n ander “gevoel” daarvoor gekry. Dit het dieselfde rustigheid as Kaapstad. Benewens die groot hoeveelheid Starbucks-koffieplekke, is ’n “Dungeness Crab”-middagete by Pier 39 ’n móét.

En stop asseblief vir ’n dim sum in Chinatown – dis selfs lekkerder as dié wat ek in China geëet het.

 

’n Onvergeetlike reis!"

Die Golden Gate-brug San Francisco
 

Verwante artikels

Galery

  • Hanlie Sheridan en haar niggie
  • Die Golden Gate-brug
  • sr1007reisdinge_2_.jpg

Kommentaar

  • vergeet van jou uitgawes, verhoog net jou inkomste

    22ste Mar. 2011, 21:01