Legendariese Oyster Box-hotel nou spoggerig nuut

Deur Lou-Ann Stone, SARIE - Oktober 2009

Die ou Oyster Box-hotel in Umhlanga was onlangs vir 2 jaar onder konstruksie. Hulle het omtrent dié rowwe diamant blinkgevryf: Vanaf 1 Oktober is SA 'n A-lys-hotel ryker!

Die ikoniese vuurtoring, groot draaideure, nostalgiese marmerhorlosie en selfs die handgeverfde teëls het behoue gebly – maar in 'n nuwe, meer moderne ruimte. Daar's nou 90 kamers en suites en agt tuin-villas wat elkeen 'n eie swembad het. Die president-suite is werklik iets om te aanskou! In die biblioteek kan jy rustig lees of kaartspeel, terwyl drankies by die Chukka-, Lighthouse- en Oyster-kroeë bedien word.

Hoofsjef Kevin Joseph en sy span berei enigiets van kos vir 'n ligte luim by die Ocean Terrace tot meer formele aandetes by The Grill Room. As jy na iets meer privaat soek, bespreek 'n tafel in die ondergrondse glasdak-wynkelder.

High tea is ook 'n groot gedoente by die Oyster Box, elke middag van 14:00 tot 18:00 – tuisgebak en stroopsoet! Elkeen van die vier eetsale is uniek in karakter, met handgeblaasde Venesiese kristalkroonkandelare. Die dekorstyl put inspirasie uit temas soos Durban July en Union Castle.

Die Oyster Box is ideaal vir troues en ander funksies. Daar's 'n spa, lieflike tuine met inheemse plante en nóg swembaddens – jy hoef eintlik nooit die hotelkompleks te verlaat nie!

Kom bederf jouself by die Oyster Box - bespreek jou plek nou! of skakel 031 514 5000.

Galery

  • Uitsig oor die see
  • So lyk jou kamer
  • Sonsopkoms met ontbyt
  • Die Chukka-kroeg
  • Die Clock-biblioteek
  • Oorspronklike draaideur
  • Percy Montgomery en vroulief Tasmin by die opening
  • Uitsig vanaf die Oyster Box
  • Oyster Box-teëls
  • Groot wenteltrap in hotel
  • Die pêrel-troukamer
  • Die Oyster Box-hotel
  • Oyster Box in die aand
  • 'n Kelner by die Oyster Box

Kommentaar

  • Lyk pragtig - sal beslis bietjie gaan inloer....

    7de Okt. 2009, 13:22
  • Stunning after all these years!

    7de Okt. 2009, 13:10

Web Development by FormFunction