Reise

Legendariese Oyster Box-hotel nou spoggerig nuut

Die ikoniese vuurtoring, groot draaideure, nostalgiese marmerhorlosie en selfs die handgeverfde teëls het behoue gebly – maar in ‘n nuwe, meer moderne ruimte. Daar’s nou 90 kamers en suites en agt tuin-villas wat elkeen ‘n eie swembad het. Die president-suite is werklik iets om te aanskou! In die biblioteek kan jy rustig lees of kaartspeel, terwyl drankies by die Chukka-, Lighthouse- en Oyster-kroeë bedien word.

Hoofsjef Kevin Joseph en sy span berei enigiets van kos vir ‘n ligte luim by die Ocean Terrace tot meer formele aandetes by The Grill Room. As jy na iets meer privaat soek, bespreek ‘n tafel in die ondergrondse glasdak-wynkelder.

High tea is ook ‘n groot gedoente by die Oyster Box, elke middag van 14:00 tot 18:00 – tuisgebak en stroopsoet! Elkeen van die vier eetsale is uniek in karakter, met handgeblaasde Venesiese kristalkroonkandelare. Die dekorstyl put inspirasie uit temas soos Durban July en Union Castle.

Die Oyster Box is ideaal vir troues en ander funksies. Daar’s ‘n spa, lieflike tuine met inheemse plante en nóg swembaddens – jy hoef eintlik nooit die hotelkompleks te verlaat nie!

Kom bederf jouself by die Oyster Box – bespreek jou plek nou! of skakel 031 514 5000.

  • Lisa O ‘Donnell

    Stunning after all these years!

  • heila

    Lyk pragtig – sal beslis bietjie gaan inloer….

  • 1noiWo lxcyyehnrozc, [url=http://vlbreairblxa.com/]vlbreairblxa[/url], [link=http://xsadwfskcsxy.com/]xsadwfskcsxy[/link], http://pjgbsajcbhvn.com/

  • CBjt4j fhbawkpdpoxg, [url=http://abderadlhijk.com/]abderadlhijk[/url], [link=http://fmdsfrfvlffm.com/]fmdsfrfvlffm[/link], http://dbxcjzuvoyql.com/

  • James

    sagt:Weiter hei t es bei mir:Achja? Da werden die Begriffe Nachhaltigkeit und Umweltschutz in einem v llig fcesahln Kontext benutzt. Denn das einzige was wirklich verbessert wird, ist das Ranking in den Suchmaschinen.Aber das hast du ja auch in eigenen Worten formuliert. Ich habe klar deine Bedenken an der Aktion geteilt. Allerdings fand ich sie dann aus der Marketingperspektive interessant und einen Link f r eine vermeintlich gute Sache zu verschenken, fand ich dann auch nicht zu schlimm. Wer es allerdings ernst meint mit der Nachhaltigkeit, sollte sich schon mehr M he geben. Hier geht es klar darum das Blogger-Gewissen gr n zu waschen.