sr1006kuberkuier_2_
Reise

Leonie Meiring uit Brussel

Hoe lank is jy al in Brussel?
Ons woon al vier jaar hier. Vertel van jou gesin Ek is 25 jaar getroud met Gert. Ons het twee seuns, Barend (23) en Karl (19). Barend is tans in Australië en Karl studeer aan die Universiteit van Kaapstad.

Waarom studeer hy by Ikeys?
Hy was tot en met Graad 9 in ‘n Afrikaanse skool in SA, maar hier het ons besluit Engels is die beste opsie. Hy was in die British School of Brussels. Dit was die enigste skool waar hy kon rugby speel! Daar het hy absoluut gefloreer, maar ongelukkig nooit die landstale (Vlaams en Frans) leer praat nie. Ons het Engeland oorweeg vir sy studies, want dis nader aan ons, maar dis te duur omdat hy ‘n internasionale student is. Hy studeer fisioterapie.

Wat doen jy en Gert?
Ek is ‘n huisvrou. Ek hou myself besig deur een keer ‘n maand ‘n geleentheid te reël vir al die Suid-Afrikaners in Brussel. Ek bak graag al die Suid-Afrikaanse gunstelinge vir die ouens hier – koeksisters, melktert, ensomeer. Ek het ook in Nederland ‘n kursus gevolg in naelversorging en versorg nou al my vriendinne se naels. Andersins kan ek my graad vang in shop en rondloop! Gert was stelselbestuurder by ‘n maatskappy in SA wat deur ‘n Noorweegse maatskappy oorgeneem is. Hulle het hom ‘n driejaar-kontrak aangebied om in Brussel hul globale IT-infrastruktuur te bestuur. Die kontrak is later verleng.

Hoe is jul leefwyse daar?
Dis natuurlik baie rustiger. Ek kan alles wat ek altyd wou doen, nou doen. Ons het besluit die tyd wat ons hier in Europa woon, gaan ons baie rondreis, en dít doen ons beslis. Van ons gunsteling-bestemmings was Kroasië, Venesië, Portugal en Nice se ongelooflike strande en see. In België is dit Brugge, Gent, Durbuy en Dinant. Gert werk baie hard hier, so vir hom het niks verander nie.

Lekkerste daar?
België is ‘n pragtige land. Ons woon in Tervuren,’n Vlaamse gemeenskap. België is 60% Vlaams, 40% Frans en ‘n paar duisend Duitssprekendes. Met Afrikaans kom ons baie goed oor die weg. Die mense is vriendelik en aanvaar ons rêrig goed. Tervuren is ‘n “expat”-woonbuurt en hier is mense van oor die ganse wêreld. Die Suid-Afrikaners is soos een groot familie en ondersteun mekaar. Hier is baie oop ruimtes en pragtige parke, wat goed gebruik word deur al die inwoners.

En die slegste?
Ons is ver van ons familie en vriende. Die weer kan nogal sleg wees. Ons het twee wonderlike somers gehad, maar dit kan vir weke aaneen reën en dan’s daar geen teken van die son nie. Dis koud, maar gelukkig het die huise sentrale verwarming.

Enige ongewone ervarings?
Om aan die regterkant van die pad te ry en toe te gee vir motors wat van die regterkant af kom – uit die kleinste strate! Smal paaie en groot trokke wat doodeenvoudig net stop om iets af te laai, die verkeer moet maar wag. En die diens, sjoe, jy kan maklik vir ‘n uur wag vir jou kos in ‘n restaurant – een man maak kos, bedien én ruim op. Mans en vroue gebruik ook dieselfde publieke badkamers. Dis nogal erg!

Het jy nog kontak met SA?
Absoluut, ons is baie lief vir SA en gaan kuier gereeld. Ná ‘n paar maande hier moet ons net eers weer huis toe, vir kuier met die familie en lekker SA vrugte en kos – Woolies, boerewors en biltong. Natuurlik ook die heerlike sonnige klimaat en vriendelike mense. Gert terg my altyd dat hy kwansuis e-pos van Woolies kry om dankie te sê vir die ondersteuning elke keer as ek in SA gaan kuier. Gelukkig word my SARIE en Lééf by my huis afgelewer, so ek bly in kontak.

  • http://jvsroioxnmpt.com/ wkfhtnahynd

    M9KAqj lyxpkksytdoi, [url=http://ehhwembovnxk.com/]ehhwembovnxk[/url], [link=http://llqdohgrzdba.com/]llqdohgrzdba[/link], http://hloblgqokqey.com/