sr0902lesersnamib_2_rz
Reise

Namib-toer

Nie ek of my man,Rohan, is juis kampeerders
nie, maar toe ’n vriend ’n toer deur die
Namib voorstel, het ons na die woestyn
se roep geluister. En só daag ons met ’n
gehuurde viertrek in Solitaire op vir die Faces
of the Namib-toer, wat eindig in Walvisbaai.
Wat ons daardie 5 dae beleef het, is iets wat
ek elke mens toewens. Die stilte, die reuk van
grond en reën, windstil, stergevulde aande
om die kampvuur en geen bekommernisse
oor gister of môre nie. Die reis het ons van
duine na spook-myndorpe geneem, en ons
het die Eduard Bohlen-skip, wat 100 jaar
gelede aan die Skedelkus gestrand het, van
nader bekyk. Namibië en sy sand het ná
die avontuur in meer as net ons hare en
tussen ons tone ingekruip.– Eldré Strydom,
projekbestuurder, Durbanville.

Deel Jou Avontuur Met SARIE!
Stuur ’n foto van jouSelf en ’n mooi foto van die plek wat jy besoek het, asook ’n beSkrywing van jou reiServaring (sowat 150 woorde) saam met jou kontakbesonderhede aan mvanwyk5@sarie.com of
Sarie-Reisdinge (Lesersbydraes),Posbus 1802, Kaapstad 8000.