laurie_en_mark
Reise

San Diego, Kalifornië

Waar woon jy?
Ek woon in Kalifornië, vir sowat 5 jaar. Ek het hierheen getrek ná ek my man, Mark, wat toe in die Amerikaanse weermag was, in Waterkloof, Pretoria, ontmoet het. Ons het verlief geraak by die Waterkloof-lugskou.

Hoe is die lewe daar?
Dis wonderlik. Gemaklik en beslis veiliger as wat ek ondervind het in Suid-Afrika. Dit was ongelooflik moeilik in die begin om aan te pas by die leefwyse van die Amerikaners. Ek het eintlik gedink hulle is arrogant en bederf, maar hierdie is nou my huis. Ek het baie hegte vriendskappe hier gebou.

Kontak met SA?
My familie kom kuier af en toe, eintlik net my ma so elke jaar. Dis ‘n groot bederf vir haar om so ‘n stukkie Amerika saam met haar terug te neem na SA in die vorm van ‘n Disneyland Mickey Muis of eetgoed wat uniek aan Amerika is.

Jy voel nog ‘n hegte band met SA?
Ek dink dis ongelooflik belangrik om te onthou wie jy is en waar jy vandaan kom wanneer jy uit SA verlaat. Ek is baie getrou aan veral my taal, ongelooflik patrioties oor my land en hipersensitief wanneer iemand iets sê oor ons politiek, sokkerspan, of enige ander negatiewe dinge. Ek het betrokke geraak by ‘n expat-groep hier, wat my redding was.

Kry jy nog tipiese SA produkte daar?
SA winkels is daar nie veel nie, maar hier is darem 2 waar ons minstens blatjang, Ouma-beskuit en KOO-appelkooskonfyt kan koop! En natuurlik Flake en Crunchy is ‘n groot bederf. So af en toe bederf ek my kinders groot met ‘n egte groen Cream Soda (dié hier in Amerika is geel!) of boerewors. Dit maak die winkeleienaar, ‘n oud-Durbaniet self.

Mis jy SA?
Ek mis ons pragtige land ongelooflik. My lojaliteit sal altyd by SA wees, alhoewel ek besef dat my kinders soveel meer geleenthede het hier. Hier is ‘n toekoms vir hulle. Ek kuier so af en toe in SA, wanneer ek dit kan bekostig en geniet dan weer Mr. Price en die Spur.

  • Ritha

    wonderlike storie…

  • Werner

    Wow, dis nou iets spesiaals.

  • Thersia

    Wonderlik :-)

  • Tertia

    Gelukkig is die familie in die Kaap baie geheg aan ons Amerikaanse familie en facebook hou ons in kontak