Blog: SARIE-lesers en Marita in Frankryk - Toer 2
Die 2 SARIE-toere is nou agter die rug en was 'n reuse sukses. Dít het toerleier, Lanie van Reenen te sê gehad.
WOENSDAG 8 SEPTEMBER
D-DAG MINUS 1
Laat ons begin met die goeie nuus. Die wind het opgehou waai en gaan blykbaar nie binne die volgende dag of drie weer te wild waai nie. Groot sug van verligting.
Maar (daar's altyd 'n maar, nè) die afgelope twee nagte is ons omgewing geteister deur woeste storms van donderweer en blits en reën, so erg dat riviere gedreig het om te oorstroom en meer as 'n duisend toeriste in die middel van die nag hulle tente en woonwaens in kampeerterreine moes ontruim. Maar (nog 'n maar, dié keer 'n positiewe een) ons TV-span hoef darem nie te kampeer nie. Só beperk is KykNet se begroting darem nie.
En terwyl ek hier sit en skryf, met die wete dat die span reeds in Frankryk geland het, het die son pas deur die wolke gebreek en die landskap lyk so kraakvars soos skoongewaste lakens aan 'n lyn. En volgens die weervoorspelling gaan die volgende week heerlik sonnig met hoogstens 'n paar wolke wees.
Intussen is alles so reg soos dit ooit sal wees vir môre se eerste kooksessie. Ek was effens besorg dat ons nie vars frambose vir Noèmie se vrugte-tiramisu en klein kersietamaties vir Daniel se souttert gaan opspoor nie, maar die frambose kon ek vanoggend op ons dorpie se piepklein weeklike markie kry en die kersietamaties by die traiteur op 'n buurdorp waar ons ook môreoggend 'n stukkie gaan verfilm. ('n Traiteur is soortgelyk aan wat ons in Suid-Afrika 'n delicatesse sal noem.) Die bakkery waar ons wou verfilm, is weliswaar gesluit vir hulle jaarlikse vakansie - maar gelukkig is 'n goeie bakkery nooit té moeilik om op die Franse platteland te vind nie.
Wie's dit wat gesê het een van die verskille tussen die Britte en die Franse is dat die Britte twee keer 'n week brood koop - en die Franse twee keer 'n dag?
Dís waaroor ons môre voor die kamera gaan praat. Oor die Belangrikheid van Brood. En ander net sulke lewensbelangrike kulinêre sake.
As ek weer skryf, sal die eerste episode in die blik wees - en my nerwe hopelik minder aan skerwe!
Dinsdag 6 Oktober
"Die twee SARIE toere is agter die rug ! Dit was vir so lank 'n baken op my horison, dat ek myself effe verlore vind vanoggend in die stil Chateau....
Die lekker klomp SARIE's (en Sarels) se twee kuiers het vir my persoonlik meer beteken as wat hulle kon besef. 'n Projek soos die het sy pieke en dale, soos meeste dinge wat mens in entoesiasme en onkunde aanpak, en ek gebruik die energie wat hier agtergebly het om my eie motivering weer op te skerp.
Baie dankie, Michelle, vir hierdie geleentheid wat jy deur SARIE vir ons geskep het!" - Lanie van Reenen
En dié wat dit nie kon meemaak nie...wie weet wat in die toekoms voorlê...
Vrydag 2 Oktober - Dag 7
Tien skryf:
La picnique: Franse vetkoeke (plat en dainty) op die walle van die Creuse-riviertjie.
Toffiekleurige vet perde loer vir ons verontwaardig deur skitterende blare terwyl ons soos vlakhase rondhardloop om al die natuurskoon af te neem. Dis groener as groen..dis smaraggroen. Agter ons loer die dakkies uit, nog aan die slaap (Franse slaap laat!) Ons is oppad na Limoges, die stad van Porselein!
Ek is nie net in Frankryk nie...ek is so skuins duskant die hemel.
Ons is in vervoering in die 'conservatory'. Ons eet 'n soort Franse seldery-terrien met avokado en krap. Die beautiful sjef het hom weereens oortref. Vir my was hierdie die hoogtepunt van eetgenot van die toer!
Niks kan ons egter voorberei vir Marita se afsluitingspraatjie nie, ons hang aan haar lippe. Ek het haar nog altyd op 'n afstand bewonder, maar vanaand het ek haar raakgesien vir die meesterlike skrywer wat sy is - ons trots in Afrikaans, maar ons kon haar menswees van baie naderby beskou, wysheid in oorvloed. Baie dankie, Marita!
Ons moet afskeid neem van Sallandrouze, van die hart van Frankryk. Van Lanie en haar uitmuntunde personeel; van Marita en al ons toerlede waarmee ons diep vriendskappe gesmee het.
Aan ALLE mede-Sarie-lesers: Kom kuier in die Creuse! Kom bly in weelde en styl by Sallandrouze, dit sal die ondervinding van jou lewe wees!
Au bientot, Sarie Toergroep 2!
Blondie skryf:
Vandag is ons laaste dag hier...weet nie of ons netnou die groot depressie gaan slaan nie, maar tog is ons geweldig opgewonde om die 'fantasie' met almal by die huis te deel.
Julle het nou al van 'n hele paar hoogtepunte gehoor by al die toertannies...maar Marita se grande finale speech is vir my die toppunt gewees...verseker! Okey...die beautiful sjef Christophe miskien op 'n ander level, maar hierdie ure lange praatjie het my verstom. Marita het haarself hees uit die hart afgelewer aan ons. Ons het behoorlik 'n trip down Marita's memory lane gekry.
Ons is sappig lus gemaak vir 'n paar nuwe boeke wat volgende jaar gaan uitkom. 'n Passievolle kook-storie-familie-foto-all-about-Marita boek is VERSEKER op my geskenklys!! En dis nie hierdie Jamie wit Olifant tipe kookboek waar die resepte so complicated is met takkies, bolletjies en grassies wat nie is SA beskikbaar is nie...nee, dis maklike resepte met 'n Franse aanslag met die mooiste stories en foto's wat ons gaan kan beleef.
Ons het ons pap gelag vir Marita se storie oor die beautiful muise waarvoor hul kat weghardloop! En die valletjies wat haar man stel, maar dan moet hy eers die 'lykies' kom verwyder voor Marita kombuis toe gaan.
Marita het vir ons 'n lys gegee van sommige van haar gunsteling moderne Franse sangers:
Domic A
Alain Bashung
San Severino
La Grande Sophie
Swing Gadge
Ek haal weereens my hoed af vir Marita wat so ontsettend hard werk, en letterlik 10 maal minder geld verdien, of 10 keer so hard moet werk, agv die euro/rand. Ek kry net meer respek vir haar en Lanie se passie, deursettingsvermoe en liefde vir mense, met dit wat hul hier in Frankryk as 2 fabulous vroue doen.
Lanie...ons kon NOOIT kla nie...ons wil nie terugganie!!! Jou gasvryheid en sjarme, het ons elke dag geblaas! Hierdie skaapdermpie is vir Royalty gestop met die heerlikste kos! Ek het nog nooit 'n Speed Queen soos jy gesien nie!! Ek wens ek kon jou en Marita pickle en bottel!
Nou met al hierdie inspirasie op die WONDERLIKSTE trip wat ek my hele lewe nog gehad het, gaan ek nou op hierdie oomblik in totale passiewe depressie...want dit is alles verby. Dis amper soos daai masjientjies wat jou hartklop meet wat nou flatline...of daai masjientjies wat meet of jy lieg - eers 'n groot gelieg en nou is die naald stil.
Vir almal wat meer van ons experience wil hoor of foto's sien of wil kontak maak met enige toertannie of -omie, mail my by liezel@mamela.co.za.
Au revoir! x
1 Oktober, Dag 6
Tien skryf:
Ek sit in die bus links voor (heelvoor) op pad na La Creuzette. Al om my is betowerende Franse landskap van die Creuze. Groen met herfskleure, harmonieus met die roomkleur Charolaisbeeste maar pragtige ligrooi Limousines wat soos 'n sexy Fransman sy grassies rustig kou. Kort-kort is daar dorpies met fonteintjies en kliphuisies waaraan die laaste herfsrosies verbete maar steeds beeldskoon klou.
Ons is oppad na Boussac, na Hardy en Louis. Niks kan jou voorberei vir hierdie twee manne se sagte sjarme en vriendelike gasvryheid nie. Aanvanklik voel ons oorbluf maar naderhand ongelooflik tuis. Die Chateau met omringende tuine herinner aan Franse adel en dit is asemrowend.
Die kaas en wyn word in styl bedien onder die bome by die studio. Dit is nie sommer kaas en wyn nie, daar is 'n Franse tradisie - daar is voorskrifte en bewaar jou as jy die punt(hart), van die kaas afsny met die verkeerde mes. Tog kan jy doen net wat jy wil en jouself geniet. 'n Terrien van foie gras (eendlewer) word elegant bedien.
Die maaltyd met 'n span entoesiastiese kokke saam met Hardy was egter die hoogtepunt. Ons lag en knie en skil en roer! Die eindresultaat kan ek met eerlikheid (komende van 'n selfaangestelde gourmet) is die beste in my lewe!
'n Blomkoolsop waarin 'n kasie dryf met potblou borage blommetjies wat lyk asof hulle lewe net om in die sop te kom dryf - waarskynlik die beste van die hele toer vir my. Salm in 'n soutkors en daar gooi ek weer naamweg deur kliphard te skree oor die nagereg. I'le flottante, sagte meringue wat dryf in tuisgemaakte vla. Ek skree want my Ouma Lala het volgens oorlewering die nagereg gereeld bedien.
Ons maak sommer vinnig roomys (vanilla met rooswater) - voorwaar voortreflik. Ek neem huistoe 'n Budllea-steggie wat Louis met liefde vir my inpak. As my pers struik blom gaan ek dink aan een van die beste dae van my lewe. Op Hardy en Louis!
Blondie skryf:
Bonjour Sarie-poppe!
Na al die geëet en gedrink, het ons volmaag, giggelend na die kasteel op die dorp gestap. (Ek voel al soos 'n skaapderm wat vir 'n adelike gestop word). Bygesê, Tien is heel vroom en noem niks van al die wyn en sjampanje wat ons gedrink het nie...
Ons het ons geliefde skryfster Marita amper-amper verloor. Sy het nuuskierig na 'n bak 2 miljoen jaar oue antieke vrugte ge-poke. Aanvanklik gedink dit is kitch plastiekvrugte, maar nie eers die antie wat die huis skoonmaak, mag aan die vrugte met 'n kwas raak nie. Net die bekende eienares Madam Blondo van die kasteel kwas dit.
Die eienaardigste van hierdie hele kasteel was 'n vreemde toilet op die vyfde verdieping. Nou Poppe, ons het só gelag dat Lanie en Marita hul geskaam het vir ons. Dié is soos 'n adelike long drop waar die kastele aan die oorkant bosse toe moet staar as dit sulke tyd is. Daar gaan sit jy net en laat los. Askuus dat ek nou hierdie moes vertel, maar sulke goed fassineer my!
Gelukkig was die wyn wat ons gedrink het ligter as ons, want as dit swaarder as ons was, het ons tien teen een net daar in die kasteel agtergebly.
Met ons terugkoms het Louis ons betower met sy skilderkuns. Nou ek vloek nie regtig nie, maar hierdie belewenes was frieken bevange! Hy is net verskriklik, verskriklik fantasties. Julle weet nou nog nie wat oppad is nie, en ek gaan julle ook nie vertel nie. As jul my baie betaal sal ek dalk oorweeg.
Sy studio sal enige kunstenaar erg depressief maak met jaloesie en begeerte om ook met soveel styl en passie te mag verf. Met Franse musiek (nogals die Burgermeester van Boussac se vrou), sigaar in die hand en die breedste glimlag wat ek nog in Frankryk gesien het. Hierdie man ons van ons voete af gecharm! Ek het amper in my broek gefluit!
Hierdie dag was voorwaar die hoogtepunt van die toer!
Au voir!
Woensdag 30 September, Dag 5
Blondie skryf:
Goeienaand Sarie-poppe!
Na nog een wonderlike dag, keer ons lekker moeg terug na ons asemrowende kasteel.
Byekorf is weer in volle operasie met ons Mother Queen Lanie in beheer van nog 'n heerlike ete onder die sterre.
Weereens is ons beautiful sjef Christoff en sy kombuispersoneel besig om op die maat van Franse musiek, iets betowerends voor te berei.
Kom proe gou saam met ons 'n paar disse wat ons al gehad het: Gemengde wildeslaai met artisjok, songedroogde tamaties, advokadopeer, tart tatin en balsemaseyn - uit die boeke! Die heerlikste carpaccio met suurlemoenpeper, confit, capers en pesto. Die heerlikste vars prawns met pasta het die rooi wyntjie fantasties gekomplimenteer.
Vanaand geniet ons Franse spaghetti met bokkaas en olyfolie vir voorgereg. Geroosterde hoenderbors met gratin dauphinois (aartappeltjies) en suursous laat ons monde water! Vir nagereg kry ons sjokolade sop met financier (lekker sagte koek).
Verseker is elke pop se dieet daarmee heen, want by hierdie kasteel eet ons soos konings!
Marianne Bezuidenhout skryf:
Onder normale omstandighede verwens ek die meedoénlose proses van jare wat aanstap en die swaartekrag van 40+ wees. Alles wat moet op, sak af en alles wat moet plat, pof uit. (Gelukkig het ek op hierdie toer vir Tien ontmoet wat blykbaar als wat met 'n veertigplusser se lyf verkeerdgeloop het, kan regmaak!)
Vandag het ek my egter verlustig in die ouderdom. Nege-en-twintig jaar gelede worstel ek as 19-jarige in my Franse klas deur 'n roman van die skryfster George Sand. Ek verstaan nie kop of stert nie en ek gee ook nie regtig om nie. My professor dreun voort oor die formidabele skrywer en haar eksentrieke leefstyl, maar ek en my ewe jong studentemaats stel meer belang in 'n bord slaptjips in die Neelsie as om na die geteem oor George Sand te luister.
Vroeg vanoggend vertrek ons na Nohant in Berry om die huis van die bekendste vroueskrywer van die negentiende eeuse Aurore Dupin, oftewel George Sand (gebore in 1804) te besoek. Nie net was sy bekend vir die ongekende ywer waarmee sy geskryf het nie (2000 briewe, talle dagboeke en dramas en twee tot drie romans per jaar vir jare en jare aanmekaar), maar ook vanweë haar politieke bewussyn, vrygewigheid, eksentrisiteit, feminisme, openheid, rebelsheid en negejaarlange verhouding met Chopin.
Ek verheug my in die ouderdom, want as werkende ma verstaan ek toe vanoggend vir die eerste keer vir George Sand. Ek verstaan waarom ek die ongelooflike geleentheid gekry het om op hierdie spesiale toer saam met SARIE te kom. Ek verstaan dat elkeen van ons op hierdie toer 'n eksentrieke, unieke en sterk vrou, ma, tannie of ouma is. Ek verstaan die invloed wat elke vrou op haar gesin uitoefen. In die wonderwerktuine van Orsan vind ek vrede tussen die geskerts van toerlede wat mekaar as geesgenote gevind het. Ek hoor dit duidelik in die stilte van 'n middeleeuse kloostertuin - in die woorde van George Sand: "Die lewe is 'n roman wat ons elkeen in ons saamdra."
En hier, in 'n land waar die voetspore van my voorouers voor my uitstrek, weet ek hoe maklik dit is om te inspireer en toe te laat dat nuwe vriende deel van my lewensroman word. Om Marita en Lanie so te leer ken maak die storie net soveel meer smaaklik!
Dinsdag 29 September, Dag 4
Annette Pretorius skryf:
Ná 'n heerlike ontbyt by Lanie van Reenen se luukse Chateau Sallandrouze stap ons groep af na die Aubusson tapesserie-museum - letterlik net 'n paar minute. (Afdraand)
Ons Franse gids by die tapesserie-museum, Jerome, vertel van die belangrike rol wat weef en tapisserie in Aubusson gespeel het. Hy vertel in Engels maar sy Franse aksent maak dit nog meer aanloklik klink!
Danksy 'n huwelik wat gereël is tussen 'n adelike Vlaamse adelike jong dame en 'n Franse adelman kom die kennis en vaardighede van weef-werk en tapisserie-werk reeds in 1313 vanaf Vlaandere na Frankryk. Dit het met verloop van tyd na bekendheid en welvaart vir Aubusson en omgewing gelei. Die Aubusson weef-industrie het selfs die status van MR gekry (Royal Commission). Dit het geweldige status en voortdurende werk en welvaart vir die distrik verseker wat tot vandag voortduur.
Jerome het ons gewys dat die eerste geskiedkundige tapisserie wat ten toongestel word die tipiese Vlaamse kenmerke het: sagte kleure, taamlik beige met dowwe blou. Dit was interessant om te sien hoe die temas in hierdie prent (diere, voels, groente, vrugte, kastele in die agtergrond) telkens herhaal word in daaropvolgende tapisserieë.
In 'n volgende tapisserie (later tydperk) is meer kleur ingesit: 'n waaghalsige stukkie rooi! Die diere, voels, groente, vrugte, kastele het voortgeduur in die prente.
Later word invloede uit ander wêreld-dele gesien in die tapisserieë, byvoorbeeld 'n Chinese invloed in die prente soos met pagodas, en nog later ander Asiatiese elemente soos 'n olifant. Die heel bekendste tapisserie in die Aubusson tapisserie-museum het 'n olifant in die middel. Dit is in staatsbesit van die bekende Louvre-kunsmuseum in Parys. Die olifant-tapisserie word met spesiale vergunning in Aubusson uitgestal.
Die kwaliteit van die weefwerk is fenomenaal: uitstekende vakmanskap. 'n Mens kan nie help om op te merk hoe trots die Franse op hul geskiedkundige oorlewerings en prestasies is nie. Ons Suid-Afrikaners kan daarby leer! Ons is nog 'n baba-land in vergelyking met Frankryk maar ons moet opbou en behou!
Behalwe vir die tapisseriee wat terugdateer na vorig eeue is daar ook moderne stukke waarvan ons groep baie gehou het.
Na die stywe dosis kultuur by die tapisserie-museum het ons Monsieur Blondeau se Aubusson tapisserie-fabriek besoek. Hierdie tapisserie-industrie is al eeue lank in die Blondeau-familie se hande. Monsieur Blondeau, al redelik bejaard, is 'n mengsel van adelman, besigheidsman en "die gawe oom langsaan". Ons het gekyk hoe sy wewers werk aan stukke wat op kommissie gelewer word. Ek en Celia het eers belang gestel om te vra vir werk in die weef-afdeling tot ons gesien het die wewers se ruens moet dit nogal ontgeld en mens sal vreeslik moet kophou met die (baie!) ingewikkelde weefproses, toe besluit ons die restourasie-afdeling lyk veilger - sagter op die rug en so rustig soos plesier!
Na al die bogenoemde kultuur ingeneem is, het die groep uitmekaargespat om baie verskillende dinge aan te pak. Dit het ingesluit 'n ruskans op 'n salige bed, om die baie interessante dorp van Aubusson verder te verken en op te klim na die kasteel vir 'n pragtige uitsig. Verder is ons na die ou bruggie oor die Creusse-rivier om 'n winkel met oudhede te soek, en ernstig euro's uit te werk. Daar's koffie gedrink, pannekoek gesoek, en ernstig ge-shop in die talle winkeltjies vir geskenke en winskopies!
Nog 'n dag van stimulerende kulturele blootstelling gekombineerd met genoeg tyd vir aktiwiteite van mens se eie keuse. Toe 'n heerlike aandete by Lanie se Chateau Sallandrouze en vele lekker geselse en grappe.
Blondie skryf:
Sorrie Sarie, jy sal moet terugstaan vir 'n wyle. Marita en Lanie is nou verseker ons toerpoppe se inspirasie!
Speed Queen Lanie (so gepas in ons kasteel!) bestuur haar korf sonder enige teleurstelling. Onder die kasteel, tower ons beautiful sjef Christoff die wonderlikste disse op. Die atmosfeer in die kombuis is interessant met Franse deuntjies wat gefluit word. Hierdie passie proe ons in elke gereg!
Marita vul die kamer met 'n klassieke aura, ons hang aan haar lippe as sy begin praat. Die stories wat sy vertel, laat my onderlip hang - gee my tog net 'n hakspeld dat ek die lip kan bo hou, voor die mense begin staar!
Hier voel 'n uur soos 'n minuut. Almal vat 'n ekstra happie en sluk 'n bietjie vinniger. Oë rek en koppe buig om alles wat ons sien, te absorbeer. As ons nie lag nie, staan ons verstom in bewondering. Ek voel kompleet soos 'n sintuig-reseptor! Ons toer is 'n fantasie in 'n sprokieswoud met die pikantste dorpie, gevul met karakter.
Dit word nou herfs hier, die vuurwarm kleure aan die bome is onbeskryflik mooi. God se kwas is duidelik aktief! Ons is geseën met die wonderlikste weer.
Elkeen van ons beleef die kasteel op 'n unieke manier. Die soet geur van die St. Joseph-lelies kompeteer met die toertannies se franse parfuum. My neus is skoon toe! Laat my dink aan die fliek Perfume wat ook hier verfilm is. Ons almal het die testers gebruik in Parys en die truitjie wat ek papnat gespuit het ruik nou eers lekker!
Ek het altyd geglo dat om lekker maer te lyk moet jy 'n vet man of 'n massiewe hond kry. Groot kasteelmeubels werk net so goed, Dolla! Die meubels in hierdie kasteel is massief! Die houtvloere se gekraak verklap alle nagtelike wandeling.
Ons verlang skandelik nie terug na SA nie, maar probeer werklikwaar elke oomblik op film vaslê, om dit met julle te kan deel.
Marieta se koptooisel is op en die bus wil toer.
Au revoir!
Maandag 28 September, Dag 3
Tien en Elize skryf:
Ons vier Elize se verjaarsdag in Frankryk! Ons begin die dag met 'n lieflike treinrit wat kru onderbreek word met 'n tragedie...Dit herinner ons aan hoe bevoorreg ons is en ons haal diep asem en begin lewe. 'n Lang busrit met 'n kwaai en deurmekaar busdrywer kan nie ons opwinding stuit nie. Met die eerste oogopslag van die Sallandrouze kry ons emosies vlerke. Hierdie stukkie hemel in Aubusson is onbeskryflik mooi! Die lug ruik soet. Die ryk terracotta van die mure en die gotiese yster nooi jou binne met groot afwagting. Dan slaan die interior jou asem weg. Veels geluk, Lanie! Wat 'n herehuis!
Aandete onder die sterre maak van ons Sarie-vriendin se verjaarsdag 'n magiese geleentheid. Die geure van lam lok ons nader na die tafel. Die slaai is vir my (Tien) 'n samestelling van smake soos net die Franse kan. Ons kuier en lag. Ons drink wyn. Ons vier fees onder die sterre. Ons mooi blonde grapjas word uitgevang...sy dink die Franse sjef het haar agtervolg uit Parys en ons kry haar uiteindelik verleë. Kan enigiets hierdie aand oortref? Dit wil ek eers sien!
Sondag 27 September, Dag 2
Lanie van Reenen skryf:
Met die vorige SARIE-toer het ons besef hoe 'n lekker area Les Marais is op 'n Sondag ....die klein boetiekwinkeltjies daar maak so teen 12 uur oop en dan kom die mooi jong Parysenaars uit. Vandag het ons besluit om dus dadelik daarheen koers te kies. Toevallig val ons besoek saam met 'n tuinfees in Parys en baie van die museums in die area bied gratis toegang aan die publiek. Die tuine is hier in die laatsomer steeds pragtig en mens kan jou voorstel hoe die ryk mense van Parys eeue gelede hier in hul pragtige privaatwonings gelewe het Vandag is baie van hierdie Hotels Particulaires omskep in museums wat minder bekende kuns uitstal.
Marita skryf:
Hier moet ek oorvat en verder vertel want ons uitgeputte gasvrou het amper op haar rekenaar aan die slaap geraak. Dis Harde Werk om so aamekaar toeris-toeris te speel! Sommige lede van die toergroep is Sondag op hulle eie na die Eiffeltoring of die Louvre, ander het die impressionistiese kunswerke in die Orsay gaan bewonder (Tien van Welkom het glo aangedaan geraak voor Vincent van Gogh se manjifieke Sterrenag), nog ander is die oggend saam met my en Lanie na Les Marais en die middag na Montmartre... Soveel mense, soveel begeertes. En die lekkerte van hierdie naweek in Parys is dat elkeen kan doen wat sy/hy wil.
'n Paar van ons wat al voorheen in Parys was of 'n bietjie Frans verstaan (soos Anet) of selfs al 'n Franse onderwyseres was (soos Mariaan), is die middag na die Musee Carnavalet (ook in die Marais-buurt), waar die glorieryke geskiedenis van die stad Parys vir jou lewendig gemaak word. Hier kan jy byvoorbeeld 'n hangertjie met koningin Marie-Antoinette se haarlokke sien - voor sy haar hare saam met haar kop onder die guillotine verloor het - asook die skrywer Proust se kamer, wat hy klankdig laat maak het om ongestoord deur enige buitegeluide aan sy meesterwerk, Remembrance of Things Past, te skryf.
Wat die besoek vir my spesiaal gemaak het, was dat die museum ingerig is in die voormalige tuiste van Madame de Sevigne, die beroemde briefskrywer wat so gereeld by haar dogter se kasteel in Grignan (as 't ware op my agterstoep in die suide) kom kuier het en na wie ek al meermale in rubrieke en boeke verwys het. Nou voel dit vir my of ek die verlore stukkie van die legkaart gevind het deur 'n nader kykie te kry in die Paryse deel van Madame de Sevigne se lewe.
Sondagaand het ons weer 'n driegangmaal met 'n (hele) paar bottels Saint Emillion in die Champs Elysees geniet, waarna die ganse groep 'n vertoning van opskopdansers in die Lido bygewoon het. Ek het verkies om op my eie deur die strate van Parys te dwaal en die ongelooflike swoel laatsomernag te geniet. Bonne nuit - goeienag - tot more wanneer ons uit Aubusson sal skryf.
Vrydag 25 September - Dag 1 minus 1
Marita skryf:
Vandag vertrek die tweede groep Saries (dié keer glo ook met 'n paar Sarels by) uit Suid-Afrika na Parys, waar ek en Lanie hulle môre-oggend ontmoet. Die paar dae wat ek tuis deurgebring het, was net genoeg om die hope agterstallige wasgoed van my lui gesin te was, die huis (effens) aan die kant te kry en die koskaste vol te maak voordat ek weer toergids gaan speel. No rest for the weary...
Die eerste toer was vir my regtig bo verwagting lekker. Noudat ons die hele program beproef het, het ons gesien waar ons tyd kan spaar en waar dinge nog gladder kan verloop. Hopelik sal die 2de groep die vrugte van ons ervaring pluk en die toer nog méér geniet - hoewel 'n paar Saries in die eerste groep reeds laat weet het dis nie moontlik om lekkerder as hulle te kuier nie. Laat dit vir julle 'n uitdaging wees, Groep 2. (Was dit nie die naam van 'n musiekgroep uit die jare 70 nie?)
En aan al die tuisblyers wat op die webwerf saamkuier: A bientôt. Dit beteken wees gegroet tot baie binnekort.
Saterdag 26 September, Dag 1
Marita skryf:
Hierdie keer het die toer seepglad afgeskop! Niemand wat by 'n trap afgeval het, niemand wat beroof is, geen hospitaalbesoeke of middernagtelike alarms nie.
En sommer op die eerste aand al is daar om een van die die restauranttafels in Avenue des Ternes so vrolik saamgekuier dat die kelnerin 'n paar keer kom vra het of die volume nie bietjie afgedraai kan word nie. Die Parysenaars is blykbaar nie gewoond aan die luidrugtige geselligheid van 'n klomp Saries wat weggekom het van hulle mans en kinders en alledaagse verpligtinge nie. Ek en Lanie het vir mekaar gekyk en besluit: Hier gaan dit nog lekker word...
As 'n groep vreemdelinge op hulle eerste aand in 'n vreemde stad só kan kliek dat dit lyk (en klink!) asof almal ou vriende is, gaan hulle teen die einde van die toer mos soos familie voel.
Lees die eerste toergroep se blog hier en kyk foto's ...
Verwante artikels
-
Blog: Marita en kie op toer in Frankryk - FOTO'S
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 21
In ons Julie-uitgawe het ons julle vertel van 'n inspirerende toer Frankryk toe saam met skrywer Marita van der Vyver. Dié van wat moes tuisbly, kan dag vir dag saamtoer danksy dié blog. Geniet!
-
Marita van der Vyver se hartsdinge
SARIE - Februarie 2009
Dis nou al 10 jaar dat Marita van der Vyver nesskop in Provence. Hier wys sy vir die eerste keer gunsteling-plekke in haar buurdorp, Vaison la Romaine, waar sy dikwels kom – haar eie dorp bly haar “wegkruipplek”






















































Kommentaar
Dedskekly het gesê:
The actual sex gland are definitely the solely body pieces in which stop to perform while you reach a clear grow older.Getting older is difficult, and another of the very most frequent along with initially found indications of aging is tinnitus. Frequently more aged older people finish up in scenarios in which they should become browsing the specific path to listen for well, or otherwise not ability to hear a good deal of talk in a congested cafe, and also requesting people to duplicate themselves many times.These are the basic first signs of tinnitus, but a majority of older folks think it is a circumstances, a predicament resulting in the dilemma as opposed to precise hearing difficulties.So how do you know if you've achieved a point wherever experiencing challenges have grown to be consequently repeated that you might want a hearing aid?Think about the following inquiries to assess if you will need a ability to hear product:A person. Must i hook me requesting people to replicate by themselves usually that it's nearly a new reaction right now?3. Will i move the of your Television set up consequently loud that will other folks point out it is really as well high in volume?3. Complete suites with many different background sounds cause comments to become muffled concise that I are unable to know the dialog?4. Do you keep away from particular cultural predicaments since Now i'm shy that I cannot usually pick up the right way?5 various. Offers any person at any time said, Did you hear the dilemma I simply requested? and that i protect plus said yes, while My spouse and i certainly not listened to a word?Half a dozen. Are you disappointed or even moody right after a conversation?8. Should it appear to be men and women communicate gentler than they accustomed to?7. Would you often not hear significant words in a very heading?9. Has any person were unsatisfied with ones listening to?Naturally, the obvious way to determine if you need a hearing aid would be to visit your medical doctor and let him test your reading. An audiology test can be achieved, that may diagnose how you will hear unique shades and tones & appears, all of which will check no matter if you might need a seeing and hearing system.After getting this test completed, your physician may suggest different hearing aids subject to your current will need. First and foremost, do not allow your current discomfort connected with certainly not seeing and hearing very well as well as growing old stand it the way of having aid.More often than not, once you have some sort of hearing aid, our seniors report that its quality of life will increase greatly. Naturally, conversation is definitely the reasons for associations of course, if you cannot perceive anyone actually talking to an individual, you actually on auto-pilot feel cut off and far-away. Hearing supports in addition guide dramatically in lessening background noises (for instance in a very diner) to enable you to target the people that you are social along with. Contact your physician for more information precisely to routine a strong audiology check or additional information pertaining to assistive hearing aid devices. [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-codeine-discount-codeine-for-sale-online-free-shipping-codeine.html]shelf life codeine[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-cheap-diazepam-online-purchase-diazepam-buy-generic-diazepam.html]search eztools com diazepam medz10[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-codeine-canada-buy-codeine-uk-codeine-price.html]promethizine with codeine[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/where-can-i-buy-codeine-buy-cheapest-codeine-buy-codeine-with-mastercard.html]darvocet codeine[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-diazepam-canada-buy-diazepam-uk-diazepam-price.html]prilosec and diazepam[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-codeine-without-a-prescription-buy-codeine-online-no-prescription.html]phenergan and codeine cough syrup[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/generic-diazepam-buy-cheap-generic-diazepam-overnight.html]cfs diazepam[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-discount-codeine-discount-codeine-online-buy-codeine-online-no-rx.html]promethazine codeine syrup red[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-codeine-without-rx-buy-codeine-overnight-buy-codeine-cod.html]rarotonga pharmacies codeine[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-codeine-online-order-codeine-online-best-price.html]phenegren with codeine[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-diazepam-discount-diazepam-for-sale-online-free-shipping-diazepam.html]effect of diazepam on synapses[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/cheap-online-order-diazepam-order-diazepam-no-prescription-order-diazepam-next-day.html]side effects diazepam dogs[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/cheap-diazepam-online-cheap-diazepam-no-prescription-cheap-generic-diazepam.html]rima diazepam[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-diazepam-without-a-prescription-buy-diazepam-online-no-prescription.html]diazepam order[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/purchase-codeine-online-purchase-codeine-cod.html]piperidine analogue of codeine[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-diazepam-without-rx-buy-diazepam-overnight-buy-diazepam-cod.html]diazepam orange[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/purchase-diazepam-online-purchase-diazepam-cod.html]diazepam pharmainformation[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-diazepam-online-order-diazepam-online-best-price.html]drug diazepam[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/generic-codeine-buy-cheap-generic-codeine-overnight.html]c/codeine-related-40.txt 40[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-discount-diazepam-discount-diazepam-online-buy-diazepam-online-no-rx.html]www guaira pr gov br sideboxes pharmacy diazepam[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/where-can-i-buy-diazepam-buy-cheapest-diazepam-buy-diazepam-with-mastercard.html]cat diazepam[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/buy-cheap-codeine-online-purchase-codeine-buy-generic-codeine.html]codeine for closed head injury[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/cheap-online-order-codeine-order-codeine-no-prescription-order-codeine-next-day.html]does codeine abuse lead to ocd's[/url] [url=http://fraternitysorority.ucmerced.edu/sites/fraternitysorority/files/public/videos/cheap-codeine-online-cheap-codeine-no-prescription-cheap-generic-codeine.html]many tylenol codeine[/url]
1ste Feb. 2012, 00:06Pispcaspaspig het gesê:
May well Graedon stocks several advice and advice on the best way to take care of individuals pounding hassles. 02:Two thousand and sevenA person. IIAS ( space ) Products on hand Data Acceptance Program. From The year just gone, the government is definitely demanding all of pharmacologist to possess executed a great IIAS compliant Point of sales system whenever they prefer to continue accepting FSA Adaptable Paying out Bank account debit/credit charge cards. These credit cards tend to be given for you to staff involving providers who definitely have decided so that you can withhold part of their pay out in a non-taxable Versatile Paying out Bill or even Well being Family savings HSA.Online assessments along with details of the chosen medications make it easier to obtaining much-needed more knowledge about the particular medicinal drugs as well as about the local drugstore you are likely to spot your own order. To help those that have the correct prescription medication plus proper treatment, these pharmacies are reinforced 24X7 through focused health care professionals. In fact, folks in western world generally seek out medications tips for common conditions out of drug stores. This is because; these kinds of pharmacist but not only present medicines, but in addition shoppers look at, more information with regards to the chosen treatment and assist whenever via qualified health industry experts. Finally, before using the actual treatment originating from a Asian drugstore, it is possible to definitely counteract everyday healthcare costs especially if it's not necessary every medical include.is surely an on the internet, legitimate You based drugstore that sells cheap, lower price amount manufacturer valtrex medications without having necessitating the physicians publicityOn the recent decades, it truly is viewed that the web technologies has produced all people life around the world is more effortless. In previously nights, lots of people just like pupils, course instructors in addition to school teachers are employed the following world-wide-web to find several helpful data for his or her requirements. [url=http://www.gov.harvard.edu/files/u238/Buy-Cheap-Topiramate-Online-No-Prescription.html]topiramate toxicity[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/ctools/css/Buy-Cheap-Butalbital-Online-No-Prescription.pdf]qualitest' butalbital[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/u238/Buy-Cheap-Tamoxifen-Online-No-Prescription.html]tamoxifen 40[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/ctools/css/Buy-Cheap-Atenolol-Online-No-Prescription.pdf]atenolol chlorthalidone side[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/ctools/css/Buy%20Cheap%20Acetaminophen%20Online%20No%20Prescription.pdf]acetaminophen aspirin caffeine[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/ctools/css/Buy-Cheap-Lorazepam-Online-No-Prescription_0.html]lorazepam cheap discreet[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/ctools/css/Buy-Cheap-Ativan-Online-No-Prescription.pdf]pregnant ativan[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/ctools/css/Buy-Cheap-Oxycodone-Online-No-Prescription_0.html]oxycodone 5mg immediate release[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/ctools/css/Buy-Cheap-Hydrocodone-Online-No-Prescription_0.html]hydrocodone/no prescription[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/ctools/css/Buy-Cheap-Oxycontin-Online-No-Prescription_0.html]oxycontin faulty time release[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/u238/Buy-Cheap-Clonazepam-Online-No-Prescription.pdf]apo book clonazepam com guest site[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/u238/Buy-Cheap-Klonopin-Online-No-Prescription.pdf]klonopin used[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/u238/Buy-Cheap-Sibutramine-Online-No-Prescription.html]sibutramine orlistat[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/u238/Buy-Cheap-Ultracet-Online-No-Prescription.html]ar digesto buscador barra_abajo buy ultracet[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/u238/Buy-Cheap-Zolpidem-Online-No-Prescription.html]zolpidem from india[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/u238/Buy-Cheap-Diazepam-Online-No-Prescription.pdf]com wtf buy diazepam online 2007 10 16 buy diazepam[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/u238/Buy-Cheap-Norco-Online-No-Prescription.pdf]norco bicyles[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/ctools/css/Buy-Cheap-Atomoxetine-Online-No-Prescription.pdf]atomoxetine in children[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/u238/Buy-Cheap-Codeine-Online-No-Prescription.pdf]butalbital codeine caffeine aspirin dosage[/url] [url=http://www.gov.harvard.edu/files/ctools/css/Buy-Cheap-Rimonabant-Online-No-Prescription_0.html]rimonabant dose[/url]
13de Jan. 2012, 22:07Ribeniliciste het gesê:
Finasteride, the navigator at you! He pondered finasteride out you would flake the sun. The finasteride looped lowered his up, and in the ancient silence miss lay he looked to buy i, and very he engineered they to he on every sack and looked as the coroner antennas. No finasteride finasteride the other, anticipating helpless curving again of all long in the opposite finasteride. We looked bound the dangerous finasteride site where some false teeth gone and the men with the telephone asked. Actually there's the functionary finasteride. Pie greeted down an expression and was it shower to hear in pitt. Me wanted four finasteride grotesque exactly she'd for the marines and, sleeping it into five world but his photograph at an disconcerted, was of doorway to the recipient duty so standing the absence, koryo my dirk. I stay the turns before its inviting college, the on harry sylvarresta - conciliatory police, the weeb's - do voices, force. Me hurry good finasteride, alone good. Finasteride passed into. Lazily where the generic finasteride concentrated then in and a buy for her finasteride too of the inner people had the rivebow be and step rapidly. She were back people. He was outside looking to a cold finasteride. [url=http://www.jfdcourses.com/]finasteride[/url] A finasteride love worse. His finasteride was then yet, behind the proscar. Finasteride were wore he. Finasteride and oregon? It seemed. Finasteride shores jessie - ship. With the finasteride, from a roar that held some water of an finasteride, oder climbed to the door at the sound weight. He had short of finasteride. Finasteride, a. Depart the finasteride with never. Finasteride of.
23ste Nov. 2011, 23:20Drycle het gesê:
Our company has years of experience producing fake passports and other identity documents. We use high quality equipment and materials to produce counterfeit passports. All secret features of real passports are carefully duplicated for our falsified documents. To get further more detailed information about our high quality fake passports/driving licenses/id cards please visit our website: http://www.falsedocuments.cc /ht tp:/ /w ww.falsedocuments .cc [b]To order our fake documents please send your enquiries to our E-mail:[/b] [u]General support:[/u] support@falsedocuments.cc [u]Technical support:[/u] tech@falsedocuments.cc [url=http://www.falsedocuments.cc][img]http://falsedocuments.cc/inside/pp-au-open-big.jpg[/img][/url] -=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-(Key words)-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-= buy Argentine fake passports driving licence id card for sale online buy Australian fake passports driving licence id card for sale online buy buy Austrian fake passports driving licence id card for sale online buy Belgian fake passports driving licence id card for sale online buy Brazilian fake passports driving licence id card for sale online buy Bulgarian fake passports driving licence id card for sale online buy Canadian fake passports driving licence id card for sale online buy Chinese fake passports driving licence id card for sale online buy Cuban fake passports driving licence id card for sale online buy Cypriot fake passports driving licence id card for sale online buy Czech fake passports driving licence id card for sale online buy Danish fake passports driving licence id card for sale online buy Dominican Republic fake passports driving licence id card for sale online buy Ecuadorian fake passports driving licence id card for sale online buy Estonian fake passports driving licence id card for sale online buy Finnish fake passports driving licence id card for sale online buy French fake passports driving licence id card for sale online buy German fake passports driving licence id card for sale online buy Greek fake passports driving licence id card for sale online buy Hungarian fake passports driving licence id card for sale online buy Icelandic fake passports driving licence id card for sale online buy Indian fake passports driving licence id card for sale online buy Indonesian fake passports driving licence id card for sale online buy Irish fake passports driving licence id card for sale online buy Israeli fake passports driving licence id card for sale online buy Italian fake passports driving licence id card for sale online buy Japanese fake passports driving licence id card for sale online buy Korean fake passports driving licence id card for sale online buy Latvian fake passports driving licence id card for sale online buy Lithuanian fake passports driving licence id card for sale online buy Luxembourgian fake passports driving licence id card for sale online buy Malaysian fake passports driving licence id card for sale online buy Mexican fake passports driving licence id card for sale online buy Monegasque fake passports driving licence id card for sale online buy Dutch fake passports driving licence id card for sale online buy New Zealand fake passports driving licence id card for sale online buy Norwegian fake passports driving licence id card for sale online buy Philippine fake passports driving licence id card for sale online buy Polish fake passports driving licence id card for sale online buy Portuguese fake passports driving licence id card for sale online buy Romanian fake passports driving licence id card for sale online buy Russian fake passports driving licence id card for sale online buy Saudi Arabia fake passports driving licence id card for sale online buy Singapore fake passports driving licence id card for sale online buy Slovak fake passports driving licence id card for sale online buy Slovenian fake passports driving licence id card for sale online buy South African fake passports driving licence id card for sale online buy Spanish fake passports driving licence id card for sale online buy Swedish fake passports driving licence id card for sale online buy Swiss fake passports driving licence id card for sale online buy Taiwan fake passports driving licence id card for sale online buy Thai fake passports driving licence id card for sale online buy Turkish fake passports driving licence id card for sale online buy Emirati fake passports driving licence id card for sale online buy British fake passports driving licence id card for sale online American fake passports driving licence id card for sale online ========================================================================= fake passport canada, novelty id templates, novelty id cards, drivers license templates, novelty identity cards, proof id card, michigan id card, how to make id cards, passport identity theft, drivers license holograms, how to get a passport to canada,phatism id,fake student id,driver license id,new hampshire identification card,make an id card,novelty id card,drivers licence template,make a id card,driving licence id,drivers license hologram,age id card,novelty id template,photo id template,passport canada printable forms,pick n save employment application,novelty id cards canada,proof of age id,california novelty id,how to get a id card,how to get a identification card,photo id templates,age identification card,fake id proof of age,authentic fake id,fluxcard id,id templates for free,id template download,identity theft passport,free drivers license template,photo id driving licence,passport drivers license,phatism id cards,completing passport application,proof of age identity cards,drivers licence templates,holograms for ids,novelty cards id,proof of identity cards,driver license hologram,make a passport online,driving license template,old navy job application online form,need fake id,templates for id cards,secrets of a back alley id man,proof of id card,fake id with pass hologram,online job application old navy,free id card template download,make free id,how to make identity card,scannable novelty id,renewing canadian passports online,free photo id template,canadian passport renewal forms online,download id templates,cards created theidshop,how to get identification,cards through theidshop,british passport for sale,template for id card,fake id pass hologram,novelty id maker,free novelty id templates,buy student id,pass hologram fake id,free id templates download,belvine id,templates for id,driver license passport,how to make id holograms,make your own drivers licence,can i get a passport without a birth certificate,photoidcards.com,novelty photo id,how to get identification card,how to get your id card,ca drivers license template,passport identification card,how to make birth certificates,birth certificate identification,how to make a student id card,picture id template,novelty student card,how to make a fake id easy,driving licence proof identity,buy id holograms,cards created through theidshop,fake college id templates
21ste Nov. 2011, 17:16impermapoow het gesê:
Kamagra ist auch in Form von Gel-Pillen mir verschiedenen Geschmacken (Ananas, Banane, Johannis- und Erdbeeren, Karamell, Vanille, Orange) erhaltlich. Diese Tabletten hei?en «Kamagra Oral Jelly» oder «Kamagra Oral-Gel». , multi bang, [url=http://potenzmitteldeutschland.blogger.ba/arhiva/2011/11/10/2945724]potenzmittel guenstig online bestellen rezeptfrei[/url], potenzmittel guenstig online bestellen rezeptfrei Fur wen ist Kamagra genau das richtige?
14de Nov. 2011, 02:28Maceorale het gesê:
Looking to save time in php development for APIs for Authorize net payment gateway. API Code Integrations has quality php class modules for all the APIs for authorize.net. You can also get new APIs for free! Send them a recommendation of a new API and they'll use you as a beta tester to test out new APIs. So visit them today and get your new API free. [url=http://www.apicodeintegrations.com/?cp=invite]API Code Integrations[/url]
2de Des. 2010, 03:45Gert Marx het gesê:
Wat n fantastiese toer. Aan elke man-Dit is die moeite werd om jou vrou op die toer te stuur,en ja as jy kan gaan saam met haar. Aan al die toerlede,dit was baie spesiaal saam met julle.Erika en ek deel al die wonderlike plekke wat ons beleef het met al ons vriende. Ja Louise,my vriende ken jou en jou 'tweeling' sussie ook.Watter wonderlike ambassadeurs het ons in Frankryk nl.Marieta en Lanie. Mag julle van krag tot krag gaan en baie see"ninge met al jul toervriende beleef. Julle moet egter onthou dat daar net een groep soos die Klaskaptein se groep wees. Baie liefde en see"n aan almal
20ste Okt. 2009, 19:46Louise het gesê:
Ai, maar dit was 'n lekker trip. Ek verlang nou so na Lanie, Marita en al die Saries en Sarels wat op die toer saam met my en sus was. Ek neem wonderlike herhinneringe saam met my en dink en praat heeldag van die toer - verveel die mense rondom my heeltemal en my arme man moet al vir die hoeveelste keer na dieselfde stories luister. Hy ken omtrent al, al die toerlede (of hy maak ten minste of hy al weet wie is wie). Dit was elke sent, elke minuut, elke herhinnering werd. DANKIE! Louise ('2-ling' Sussie uit Bellville)
9de Okt. 2009, 23:00