Reise

SARIE reis na Ierland

Jy kan opkyk na Middeleeuse kastele wat huiwer op die rand van reusekranse en hul eie verhale van vervloë dae geheim hou. Dis daardie knop-in-die-keel-oomblik as jy oorweldig staan in ‘n stokou biblioteek waar beroemde digters hul inkspore gelaat het. Of net stil raak voor ‘n see wat klots teen ruwe rotse, so eie aan die asembenemende noord-Ierse kus. En iewers tussen al jou indrukke voel jy op ‘n vreemde manier tuis. Vir my lê dié eiland met al sy prag in 7 hoogtepunte van die hart . . .

SARIE-joernalis Suzette Truter neem jou op reis na Ierland en vertel van haar 7 hoogtepunte in die Februarie-uitgawe van SARIE.

Besoek www.discoverireland.com/za/ vir meer inligting oor toere daarheen.

WEN ‘n stel whiskey-glase

WEN ‘n stel van 4 duursame whiskey-glase van Waterford-kristal met Tourism Ireland.