Só hou 7de Laan se Helena vakansie
Foto’s: verskaf Galery
Die aktrise Jana Strydom vat graag die wandelpad ...
In Suid-Afrika Na Zebula Lodge net buite Pretoria. Dit het vyfster-geriewe - 'n spa, gholfbaan en safari-ritte. Dis een groot bederf. Ek het ook 'n sagte plekkie vir die Tanamerarestaurant buite Hazyview, waar ek en Hannes verloof geraak het.
Buite Suid-Afrika Phi Phi-eiland in Thailand, waar ons wittebrood gehou het. Jy kan heeldag swem, lees onder die palms, gaan draf, kanovaar en kokosneut-skemerkelkies
drink.
Hoe rus jy op vakansie? Ek draf, kuier saam met my man, vriende en familie, maak kos en lees.
Lekkerste vakansie-kos? Heuning-geglasuurde eend, soesji, slakke met bloukaas, en camembert met
bessiesous.
Watter plek wil jy nóg graag besoek? Nog baie, maar in Januarie het 'n groot droom waar geword toe ons in Oostenryk gaan ski het.
Vakansies is nie volmaak . . .
sonder die regte geselskap nie.
Ek pak altyd . . . my Environgesigprodukte, jel en 'n pet om my hare te tem.
Verwante artikels
-
Clara in 7de Laan
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 5
Fanie Cronjé knoop 'n kort geselsie aan. Ja!
-
Dít het Emmanuel Castis ge-Google
SARIE - Februarie 2009
Die laaste 5 dinge wat akteur en sanger Emmanuel Castis deur Google gesoek het...
-
Hiér hou Rian van Heerden vakansie
SARIE - April 2010
Hy's die aanbieder van Mumbo Jumbo op OFM, en het 'n gewilde geselsprogram op kykNET. Hy gesels oor sy gunsteling-vakansieplekke
















Kry jou SARIE oral, enige tyd