Reise

Só hou 7de Laan se Helena vakansie

In Suid-Afrika Na Zebula Lodge net buite Pretoria. Dit het vyfster-geriewe – ‘n spa, gholfbaan en safari-ritte. Dis een groot bederf. Ek het ook ‘n sagte plekkie vir die Tanamerarestaurant buite Hazyview, waar ek en Hannes verloof geraak het.

Buite Suid-Afrika Phi Phi-eiland in Thailand, waar ons wittebrood gehou het. Jy kan heeldag swem, lees onder die palms, gaan draf, kanovaar en kokosneut-skemerkelkies
drink.

Hoe rus jy op vakansie? Ek draf, kuier saam met my man, vriende en familie, maak kos en lees.

Lekkerste vakansie-kos? Heuning-geglasuurde eend, soesji, slakke met bloukaas, en camembert met
bessiesous.

Watter plek wil jy nóg graag besoek? Nog baie, maar in Januarie het ‘n groot droom waar geword toe ons in Oostenryk gaan ski het.

Vakansies is nie volmaak . . .
sonder die regte geselskap nie.

Ek pak altyd . . . my Environgesigprodukte, jel en ‘n pet om my hare te tem.