sr1007reisdinge
Reise

Suid-Amerikaanse avonture – Carla van der Spuy vertel

Carla van der Spuy van Kaapstad, finansiële direkteur by ENB

Party vakansies beplan jy. Ander benader jy as go with the flow, soos ek en my vriendin Hendali Steynburg wel gedoen het toe ons in Maart vanjaar vir sewe dae na ’n strandoord in Uruguay is. Ons het gereken ons sal nuwe vriende maak, wat ons na nuwe plekke en ervarings sal lei . . .

Ons het langs die strand gestap, op cowboy-perde gery, is uitgenooi na Montevideo (die hoofstad van Uruguay) en het Suid-Afrikaners ontmoet wat ons ’n ware ‘boeredag’ op ’n plaas gewys het.

Van daar is ons per veerboot na Buenos Aires, die hoofstad van Argentinië, ’n kultuurryke stad wat nooit slaap nie en vele inkopie-moontlikhede. Die kleurryke strate van La Boca, ’n voorstad van dié stad, bruis met kuns, daar is hope restaurante en mense tango in die straat.

Ons het ook ’n vriend ontmoet at ons na Paraguay genooi het. Dáár het ons onder meer die wêreld se grootste waterval, Iguazu, gesien. ’n Besoek aan die Itaipudam en hidro-elektriese aanleg was ook ongelooflik.

Suid-Amerika is ’n wonderlike plek. Dis warm, die mense is vriendelik en selfs al kan jy nie Spaans praat nie, gaan die mense uit hul pad om jou welkom te laat voel. Hulle is dol op sokker en mal oor die lewe. En soos Suid-Afrikaners hou hulle van lekker kos en wyn.

Volgende op my lys is Patagonië en Chili!

Die kleurryke La Boca, `n voorstad van Argentinië
Die kleurryke La Boca, `n voorstad van Argentinië