sr0907sallandrouze_2_
Reise

Toer saam met Marita in Frankryk

Jou toer begin met 2 dae in Parys, waar jy tuisgaan in ’n hotel in die Opera-gebied. Skrywer Marita van der Vyver sal jou vergesel na van die beste kuns- en kultuurskatte en die lekkerste inkopie-paradyse en eetplekke uitwys.

Van daar reis ons per trein na Montluçon, en dan per luukse-bus na Aubusson. Hier span ons vir 5 dae uit in die betowerende
Hôtel Château Sallandrouze, vroeër ’n vervalle 19de-eeuse herehuis wat deur Suid-Afrikaner Lanie van Reenen en vennote as luukse-hotel ingerig is. Verken die outydse dorpie te voet en besoek die tapisserie-museum, die Manufacture St. Jean en winkeltjies wat nou nog hul bestaan maak uit die kunsverlede van Aubusson.

Die volgende 5 dae is ons reis-spyskaart die ene interessantheid: die Orsan-tuine, die huis van skrywer George Sand, piekniek by Lac Vassivière en die porselein-fabrieke van Limoges. Ons kuier ’n dag lank by Louis Jansen van Vuuren (bekende SA kunstenaar) en Hardy Olivier by hul Château de la Creuzette op die naburige dorpie Boussac.

Ons stap saam na die markplein om middagete-bestanddele te koop vir hul gunsteling-geregte wat ons saam in hul somer-kombuis geniet. Daarna besoek ons die Boussac-kasteel en geniet ’n glasie sjampanje met Louis en Hardy voor ons terugkeer na Aubusson.

Saans kuier jy saam met Marita en Lanie terwyl sjef Christophe Chabanel Franse geregte optower. Etes is onder die sterre, in die formele Café Sallandrouze of die informele Bistrot Boma.

Daar’s ook tyd vir masserings, laat slaap of net met ’n boek in die son opkrul . . .

Marita van der Vyver

Louvre-kunsmuseum in Parys

&aposn Tipiese straattoneel in Parys

Kuier saam met SARIE-rubriekskrywer
Marita van der Vyver van Parys tot die
bekoorlike Limousin-provinsie.
Marita neem jou na die beste
kuns- en kultuurskatte in Parys.
‘n Tipiese romantiese straattoneel
in Parys. Geniet die straatkafees,
die allerheerlikste koffie en croissants.

Hôtel Château Sallandrouze

Hôtel Château Sallandrouze

Welkom by die
betowerende Hôtel
Château Sallandrouze
.
Dié 19de-eeuse herehuis is
nóú ‘n luukse-hotel in Aubusson.

Hôtel Château Sallandrouze
in die outydse dorpie Aubusson.

Hôtel Château Sallandrouze

Hôtel Château Sallandrouze

Château de la Creuzette

Hôtel Château Sallandrouze. Hôtel Château Sallandrouze
in die winter.
Château de la Creuzette op die
naburige dorpie Boussac.


Wat kos die toer?

  • R29 250 p.p. wat deel
  • R34 500 per enkelkamer

Dit sluit in:

* Retoerreisgeld in ekonomiese klas van O.R. Tambo na Parys (Air France)

* Verblyf in ’n 3-ster-hotel in Parys, ’n luukse-hotel in Aubusson

* Ontbyt en aandetes

* Alle vervoer en besienswaardighede 

* Tweedeklas-retoertreinkaartjie van Parys na Aubusson  

Nie ingesluit nie:

* Schengen-visum
* Reisversekering
* Persoonlike items

 

WANNEER

SARIE-TOER 1
11 September – 20 September 2009
SARIE-TOER 2
25 September – 4 Oktober 2009

 


BESPREEK SÓ
Rufaro Destination Management
Skakel 021 462 7022, e-pos kitty@rufaro.co.za

Klik hier vir die volledige reisplan!