FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Reise

Wat het Helsinki en Kaapstad in gemeen?

Twee stede, verskillende kulture, een noord, die ander suid, een vriesend, die ander sonnig, een minimalisties, die ander dapper en kleurvol – Helsinki en Kaapstad.
Dit gaan oor ontwerp en oor die oorkruising van grense om die lewens van mense te verbeter, om stedelike omgewings te verryk, mekaar aan te vul en uiteindelik vriendskappe te skep en harmonieuse verhoudings te bou. Ons praat van Helsinki en Kaapstad, van die World Design Capital 2012 en die waardige opvolger in 2014. Opwindende dinge inderdaad!, vertel Violetta Teetor.

Lewensredders by Orlando-swembad

Lewensredders by Orlando-swembad

Dit is groepe wat Tuomo Manninen, fotograaf en kunstenaar, bekoor. Wat maak dat hulle saamstaan​​? Wat voorkom dat hulle uitmekaar val? Gemeenskaplike doelwitte en saam werk op aanvaarbare maniere is waar interverwantskappe in die spel kom.  En dis wat jy sien in sy portrette van mense in Soweto, van die lewensredders by Orlando-swembad tot die reuse advertensiebord-onderhoudsmanne by Jabulani. Die skerp oog van hierdie Fin vang die gees van samehorigheid in hierdie kleurvolle, stedelike gebiede vas. Me/We word tot 15 Maart by die Distrik Ses Museum uitgestal en trek later vanjaar na die Jozi Art: laboratorium Galery in Johannesburg.

Shaping a Shared World

Shaping a Shared World

Kom ons skiet oor geografiese grense en bring jong studente saam in ‘n gesamentlike poging tussen twee universiteite, Aalto University of Art, Design and Architecture en die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Praktiese oplossings vir ‘n beter omgewing in die samelewing is die doel van Shaping a Shared World  wat plaasvind by Distrik Ses Museum tot 15 Maart. Hierdie energieke studente spring in taxi’s en dring by woonbuurte in om met inwoners in behoeftige gebiede te praat oor hulle idees waarmee inwoners se lewensomstandighede verbeter kan word en om hul wêreld makliker te maak. Social Impact on Wheels sal in die lente plaasvind met die verskaffing van ‘n mobiele platform vir positiewe verandering.

Foto: verskaf

Foto: verskaf

Weet nie van julle nie, maar ek word honger en watter beter manier om die honger te stil as straatkos in al sy heerlike bekostigbaarheid. Hier in my stad word dit Streat Helsinki genoem, in Kaapstad heet dit die Street Food Festival.  Dit vind op dieselfde dag in beide stede plaas, Saterdag 22 Maart. Hierdie keer is dit Kaapstad wat na Helsinki kom en ons is in ons noppies om Luca Castiglione van Cape Town Food Trucks te verwelkom by die eerste ooit straatkos-konferensie in die noordelike halfrond. Hy en ander kos-ghoeroes soos Yianni Papoutsis van Engeland , Chris Ying van Lucky Peach-faam van San Francisco onder meer, sal hulle idees oor hierdie tendens deel. Vragmotors van Stockholm, Tallinn , Noordelike Finland, Helsinki en natuurlik Kaapstad sal in die historiese Tori-gebiede van Helsinki in trek om hul eie spesiale gunstelinge voor te berei. Ons sien uit na Luca se Limoncello calzone pizza of waarmee hy ook al vorendag kom , falafel van Fafa’s, soet crêpes van Bon Coin (Stockholm ), quesadillas van Fred’s Food Truck. Ek wonder wie gaan vir julle in Kaapstad kook, maar ek is seker Luca het hierdie probleempie onder beheer!

Limoncello Food Trucks

Limoncello Food Trucks

Opwindende tye inderdaad! En as julle besluit om in Helsinki te kom kuier, moet asseblief nie dink daar is niks wat aangaan net omdat ons nie meer die World Design Capital is nie, kontak my. Ek sien uit daarna om julle te ontmoet en hierdie knussige, klein stad in die noorde vanuit ‘n Suid-Afrikaanse standpunt aan julle te wys. (violettateetor@gmail.com)