srstockandre1
Rubrieke - André le Roux

André le Roux: ‘Kry só meer tyd in jou dag’ WENK #1

Tyd is iets wat ’n mens nie aldag kry nie. Vra enige vrou wat moet rondhardloop tussen dit en dat en die kinders. Tussen huis en werk en die winkel. (Dan’s daar êrens nog ’n man ook tussenin.)

Dit vat als tyd – ’n vrou se tyd. ’n Man verstaan … Maar daar is maniere waarop ’n vrou haar eie tyd mors, sy kom dit net nie agter nie. Tee drink saam met vriendinne is nie een daarvan nie, inkopies ook nie. (’n Man mag dit dink, solank hy dit nie sê nie.)

Dis baie meer subtiel … ’n minuut hier, twee minute daar. Teen die einde van die dag is dit ’n uur.

Noem dit die 13 Reëls van Vinnige Tydbesparing:

  • WENK # 1 Knip jou eie storie kort. (“Wat bedoel jy?”) Dit sal moed en aanpassing verg, maar dit kan gedoen word – laat net onnodige detail uit. (“Álle detail is nodig!”)
  • Hannere

    Ja André jy is heeltemal reg! Dis iets wat ons kan leer van mans… natuurlik sal ons daarop verbeter en wel die NODIGE detail nie uitlaat nie

  • Neola Liebenberg

    Jy loop op heilige grond Andre! Maar ons vergewe jou want jy is net n man wat nie sal verstaan van die detail nie.. hehe Detail is dit wat die lewe kleur gee, daardie ekstra knypie sout wat maak dat jy in die hart van die ander mens voor jou kan in kyk en regtig verstaan. Verstaan van die pyn en die vreugde die eerste tree van n kind en die harsteer van n egskeiding. Dit kan nie in stoccato gedoen word nie. Want soos jy se alle detail is nodig!!

  • Geertruida de Lange

    Sorrie Jorrie – daar’s nie ‘n MANIER wat ‘n vrou haar gedetaileerde gesprek op ‘n manne-manier kan verkort en omsoom nie. Dis nie in ons aard nie. Ons kan dieselfde vir die manne sê : Gee vir ons detail asseblief , begin by ‘en toe’ en dan vertel jy die storie met geur en smaak – hulle KAN ook nie ….dis nie in hulle aard nie. Kom ons geniet liewer mekaar as wat ons so wil torring.