Rubrieke - André le Roux

Eksieperfeksie

Wat nou? ’n Hele wêreld vol model-borste? Jy dink dadelik aan Angelina Jolie, maar jy sê liewer niks, netnou klink jy te jollie. Jy vermoed sy stuur op iets af, toe’s daar ’n botsing.

“Vir wat?!” gryp jy na lug. “Vir wat?!”

Sy wil haar borste laat vergroot. Vir die somer. (Jy sou dink dis vir haarself. Of vir jou.)

“Maar ons het nie groter borste nodig nie!” sê jy verbaas.

“Ons?”

Is mos ons s’n, sê jy. Gedeelde belange.

O, gedeelde belange

Bo teen die hange, kom die digter in jou uit.

“Kyk hier in hierdie einste SARIE, een bladsy terug,” sê sy en lees: “Borsvergrotings is plaaslik die gewildste kosmetiese operasie naas liposuigings.” (Dit suig, sê jy.) “Daar’s 2 basiese vorms. Rondes gee die ‘spanspek’-voorkoms.” (Dis diskriminasie teen waatlemoene.) “Én dit gee jou ’n cleavage!” (Mans besef blykbaar nie wat ’n cleavage aan ’n vrou se selfbeeld doen nie.)

“Maar met jou Wonderbra hét jy een,” verseker jy haar. “Deesdae se bra-tegnologie is bra gevorderd, dit lig op, sit uit, druk vorentoe, jy kan selfs jou cleavage verstel. Baie aërodinamies.”

“Die tweede is die ‘traandruppel’-soort,” gaan sy ongestoord voort. (Dis om van te huil.)

“Dit sê ook hier,” lees sy, “in Kaapstad is die traandruppel-soort gewild. Pretorianers, weer, hou van hul borste groot en rond.” (Kom ons trek Pretoria toe.)

Soutwater of silikoon? Dis die vraag. Jy weet van g’n sout of water nie. Silikoon is blykbaar baie natuurlik. Daar’s vroue wat dit voor hul troue laat insit het en hul mans het dit ná die troue nie eens agtergekom nie. (So wat’s die use?) Soutwater-inplantings, daarenteen, voel soos ’n sak water. (Nou wie wil aan ’n sak water voel?)

Geen versteekte, vreemde, gevulde voorwerpe nie, is jou persoonlike gevoel. Netnou blaas dit af. Jy het al gehoor dit blaas óp in ’n vliegtuig. Jy sien al hoe dryf sy daar bo tussen die liggies teen die dak. Gelukkig sal sy nie lugsakke nodig hê in geval van ’n noodlanding nie.

“Ek’s seker ander mans sal hul vroue betáál om dit te laat doen,” kla sy. Jy sê jy’s nie so seker daarvan nie, mans hou van die hele pakket, hulle is nie so puntenerig nie.

“La’k verduidelik: Daar’s basies drie soorte mans. Die drie B’s: bene, boude en borste.” En borste-manne is dankbare manne, hulle hou per definisie daarvan, groot of klein. Want dis die bewééglikheid wat tel.

“Dis tog nie veronderstel om stokstyf te staan soos geklopte room nie. Of meringues. Dit gaan als oor proporsie. Kyk maar vir Minki. Het jy al gesien hoe klein is
haar . . .”

“Klein?”

“Haar enkeltjies. Dis so klein en dun.”

“Wil jy vir my sê jy kyk na Minki se . . . énkels?” Jy’t vergeet om te sê daar’s ook enkel-manne. Hulle is net een trappie hoër op die evolusieleer as voet-manne, wat aan tone suig.

“Elke skorsie sy proporsie,” verduidelik jy. Jy’t so pas ’n nuwe slagspreuk geskep, besef jy. Wonderbra kan dit gebruik as hulle jou betaal.

So skuins onner jou wange
Twee lofgesange
(dig jy voort).
O, smagtend die verlange
In al my hart se gange
(sluit jy af).

“So, hoekom peuter met perfeksie?” troef jy haar met alliterasie.

Toe voel julle albei sommer lekker jollie.

  • Bra spitsvondig, soos gewoonlik 😉

  • Liezl Veldman

    Elke maand maak ek dadelik my Sarie oop(wat ek in die pos kry), en dan word hierdie rubriek heel eerste hardop vir my man gelees!!! Altyd so interessant en snaaks, maar definitief die waarheid….

  • Annatjie Kruger

    Ek weet nie of ek nou by die regtig plek is om my sê te sê nie, maar ek gaan tog probeer. Ek moet erken dat ek nie elke maand die Sarie koop nie, maar van tyd tot tyd is daar iets wat my aandag trek en dan wil ek dit graag lees. Die blokkiesraaisel is natuurlik ‘n groot aantrekkingskrag. Nou vandag het ek die Maart maand uitgawe van die Sarie gekoop en op ‘n artikel afgekom wat lyk my ‘n antwoord is op ‘n artikel oor die vergroting van ‘n vrou se borste in ‘n vorige uitgawe.
    Vir elke vrou is dit haar eie keuse en as sy voel dat sy dit wil doen, sterkte!
    Maar ek dink dat ‘n vrou wat daaraan dink om haar borste te laat vergroot moet haar kop laat lees.
    Ek was een van die ONGELUKKIGE vroue wie met GROOT borste gebore is. My eerste bra was ‘n 30-C. Ek was ongeveer 12 jaar oud. Ek kon nooit aan sport deel neem nie. Die goed was altyd in die pad. Die pyn wat ek ervaar het net voor menstruasie wanneer die borste geswel en teer geword het, was by tye onuithoudbaar. Ek het my arms ver van my liggaam rondgeloop want die geringste aanraking wou my mure laat klim. My borste het voor mentruasie maklik die helfte groter geword. Dit was ALTYD in die pad. Die dag nadat ek matriek geskryf het, ek was 17 jaar oud, was ek ‘n 32-D. My ouers het my altyd laat goed voel oor my liggaam en ek het nie gehuiwer om styfpassend klere te dra nie. Ek het direk na skool gaan werk in ‘n promenante manlike omgewing. Ek het agtergekom dat ‘n sekere man aanmekaar na my borste kyk en het daarna altyd gesorg dat ek ‘n lêer in my hand het, wat ek voor my kon dra om te voorkom dat hy na my borste kyk. Hy het eendag vir my gesê dat ek nie my borste moet wegsteek nie, want dit maak hom "Jags" (verskoon die woord, maar dit is die woord wat hy gebruik het). Ek was skaars 18 jaar oud. Van daardie dag of het ek loshangend rokke en bloese gedra om weg te steek hoe groot my borste is.
    Teen die tyd dat ek 30 jaar oud was het ek ‘n 32-E keël bra gedra. En ja ek was ‘n skame 45 kg met hierdie enorme paar waatlemoene op my borskas. Dit het my tussen 3 – 4 maande geneem om ‘n bra te koop, want ek moes van winkel na winkel loop op soek na iets wat my pas. Eendag was ek weer dorp toe op soek na ‘n bra. Ek het na Woolworths gegaan omdat ek my laaste bra by hulle gekoop het. Die verkoopsdame het my meegedeel dat hulle nie meer daardie grootte bra maak nie. Ek het teruggegaan werk toe, die geel bladsye geneem en ‘n plastiese chrirurg gekontak. Die man se reaksie toe hy my in my bra sien was "My ding, vir jou moet ons help, jy kan nie so deur die lewe gaan nie". Die dokter het meer as 1kg vet van my borste gesny en ek het opgeëindig met ‘n C-keël.
    Teen daardie tyd het ek rugprobleme gehad asgevolg van die onnatuurlike manier waarop ek beweeg het, moet hierdie massa vet op my borskas te balanseer. Ek het vandag nog gleuwe in my skouers as gevolg van die skouerbande van die bra wat in my skouers ingetrek is deur die gewig van my borste.
    Ek kan nie ‘n skouerlose of spaghetti strap rok dra nie, want ek moet te alle tye ‘n bra dra. Die plastiek strokies op die skouerlose bra’s veroorsaak blasies op my vel veral op warm somersdae. Ek kan nie soos sommige vrouens met klein borste klere sonder ‘n bra op warm somerdae dra nie. Ek moet altyd, maar altyd ‘n bra dra.
    Die enigste ding waaroor ek spyt is, is dat ek nie die bors verkleining reeds in my vroeë twintiger jare gedoen het nie, toe my vel nog baie soepel was en ek dit nog kleiner kon maak nie. My ma se reaksie was dat sy my beny. My pa sou haar nooit toelaat om dit te doen nie en daar was in elk geval nie geld en my pa se mediese fonds het nie kosmetiese operasies gedek nie.
    Ek stel voor dat as ‘n vrou daaraan dink om haar borste te vergroot moet sy ‘n groot bra, die grootste keël wat sy kan kry gaan koop en dit opstop totdat sy twee kilogram in die bra het en dan vir ‘n maande elke dag daarmee rondloop. Ek is seker baie minder vroue sal daarna besluit om hulle borste te vergroot.
    Groot borste is ‘n LAS!!!!!!! Tot vandag dag toe sukkel ek om ‘n bra te kry wat my pas. Wanneer ek ‘n vrou met groot borste sien, gaan my hart uit na haar toe, wat ek weet hoe ongemaklik sy is en die mediese implikasies van haar groot borste. Wanneer ek hoor van ‘n vrou met klein borste wat dit wil vergroot is my kommentaar gewoonlik : "Jy is simpel. Jy kan my borste enige dag vir jou vat." En hoewel ek baie jammer voel vir vrouens wie borskanker onderlede het of gehad het. Maar ek dink altyd daaraan dat vir my sal dit die geleentheid wees om my borste toe klein as moontlik te maak. As ek nooit ooit weer in my lewe ‘n bra hoef te dra nie, sal dit vir my te gou wees. God het my gemaak soos ek is, maar ek is HOM ewig dankbaar dat hy ook dokters gemaak het met die talent om vroue wie se borste hulle gesondheid beinvloed te help.
    In elk geval, ek was heeltemal gemaklik met myself totdat daardie man aan my gesê het dat ek hom seksueel prikkel as my borste skud. Dit is glo ek dieselfde met vrouens wie klein borste het. "Hi, maar jou borste is darem baie klein, kla jou man nie."; is ek seker is die woorde wat hierdie vroue die meeste van die dag hoor. Dan dink hulle dat dit hulle selfvertroue sal help as dit groter is. Jou uiterlike moet nie jou karakter of selfvertroue bepaal nie. Dit is wat binne in jou is wat belangrik is. Ek kan onthou dat daar saam met my ‘n dame gewerk het, wie behoorlik by-stekies gehad het, ek het haar so beny. Al wanneer sy ‘n bra gedra was wanneer sy in uniform was en dit was omdat die goed wat sy op haar uniform moes sit soos haar naamplaatjie, haar borste seergemaak het.
    Die dames met klein borste weet net eenvoudig nie hoe GELUKKIG hulle is nie.
    Fluit, Fluit my store is uit.

  • Chrissie

    tietietietietie
    tietietietieta…
    Die man laat my sing van lekkerkry. Doet so voort.

  • Heather

    Ai, hoe geniet ons nie jou gereelde rubriek nie! Ek lees dit gereeld hardop aan manlief voor…. en dit is ALTYD baie skerp, snaaks en SO waar….. dankie….. moenie ophou nie.

  • Ha ha ha! Hoe lekker lag ek uit my maag nou! 🙂

    Daar is BAIE goed wat ons vrouens glo deur te kyk wat op die voorblad en figuur-postuur se "looks" wat die seisoen in is by of aan te pas by wat ons alreeds het en geseënd mee is.

    Die alledaagse lewe jaag ‘n mens tot in ‘n pannarie, maar jy sal jouself die gemaklikste vind in ‘n sweetpak en pantoffels met ‘n lekker lees stuk..

    Baie lekker gelees en daardie lagspiere ontwikkel om meer positief te voel. Dankie!

  • Esmarie

    Ai, hoe lekker is dit nie om elke keer Andre se stories te lees nie. Ek woon al 19 jaar in Australia en lees gereeld die Sarie op die internet – heel eerste altyd Andre se rubriek. Kan ek "Op die vrou af 2" oor die internet bestel?

    Andre jy is my held. In die wereld waar manne mos nie eintlik praat nie is jou rubriek soos ‘n wonder!

  • ek voel soos n RYK vrou vandag!!!!! ek het aangesluit by sarie.com!!!!! as jy al 6 jaar in Engeland bly, + SARIE met jou hele wese mis, weet jy wat ek vandag van praat!!!
    my tweelingsuster stuur so 2 keer n jaar vir my n SARIE.
    dan wil ek dit nie oopmaak nie, want ek’s te bang "dit raak te gou op"!
    ek is en was nog altyd, mal oor andré le roux, (asook izak de villiers) se rubrieke, thanx julle!!!!!
    hou vol daarmee. . . . .van nou af kan ek online bietjie lees wat julle als te sê/skrywe het!
    VERLANGENDE KAPENAAR [HELLO TAFELBERG!!!]

  • Madeleen

    Dit is seker so dat Liewe Jesus ‘n baie moeilike taak het om almal altyd tevrede te moet stel. Te is nooit reg nie, te groot of te klein. Ek is 1.61m lank en weeg 45kg. Baie aktief, en die ma van drie pragtige kinders wat ek almal geborsvoed het. Dit was ook die enigste kere in my lewe wat en borste gehad het. Ek dra ‘n 32A, en glo my daar is nog steeds ‘n spasie tussen my vel en die opgestopte bra. Ek kan geen T-hemp dra, of my mooi lyf met styfpassende klere "tentoon" stel of self ‘n bikini dra nie. So ja, te groot is nie goed nie, maar glo my te klein ook nie.

  • Hi eks 19 het 2 jaar trug i kap c gedra toe kom ek in n motor ongeluk en maak my arm en borste seer van toe af het dit in 2 jaar van n c na n f f gegan klink onmoontlik mar toe nie ek was elk maand geskok waneer ek nuwe bras moes gaan koop het dit het vir my net nie waar gevoel dat my borste so vinag kon groei nie en bo als toe begin daar i klier of iets onder my arm groei wat onsetend seer en hard is die is nou so groot soos n tennis bal en later van tyd toe begin ek besef daar is fout met my arm hyt so verswak dat ek hom nou glad nie meer kan gebruik ni ek sou laas jaar gegan het om dit kleiner tegan laat maak maar geld was bietjie skaars ek wil net vra vir raad wat kan mens doen om jou borste telaat ophou groei ek kry glad ni n f f nie en n f het in n kwesies van 2maande baie baie teklein geword.raad sal baie waardeer word dankie xxx geniet die jaar

  • Johanika

    AG het enige iemand dalk perongeluk laas maand se rubriek in elektroniese formaat? dis was so kosbaar.

  • EUlUHN xnwzfczgcefy, [url=http://yctljtbunalc.com/]yctljtbunalc[/url], [link=http://ppnsqsvvtbdt.com/]ppnsqsvvtbdt[/link], http://mhnrvxkgmduc.com/