Rubrieke – Koos van der Merwe

Die OOR-log!

Ek ruik dit al. Ek proe die wyn daarmee saam. ’n Vermoeiende dag moet met reuke en smake die vergetelheid in. Van genade is hier geen sprake nie – ek het hierdie aand in die sweet van my aanskyn verdien. Ek trek die motor in die motorhuis en kan nie gou genoeg my tas en rekenaar opraap om my verdiende beloofde land van melk en heuning in te gaan nie.

Skramsweg sien ek ’n onskadelike goggatjie in die lig van die motorhuis vlieg. En dan, skielik, is daar ’n oorlog in my kop. Die goggatjie se GPS het onklaar geraak en soos die noodlot dit wou hê, is die enigste veilige hawe wat hy kon vind, binne-in my binne-oor. Dit dreun soos ’n Tweede Wêreldoorlogse vegvliegtuig. Toe my seun my die huis sien inhardloop, kopskuddend soos die besetene van Gadara, meen hy dat ek ná ’n lang dag tog steeds ’n sin vir humor het en komplementeer my angswekkende oomblik met ’n tienergiggel van formaat.

Dan besef almal dis nie ’n grap nie. Op die internet. Moet net nie ’n haartangetjie (Grieks vir tweezers Dan wend ons ons tot chemiese wapens. Schnapps. My oor slaan byna aan die brand. Die vyand raak stil. Ek wonder of hy net met ’n glasie ontspan voor die) gebruik nie. Te laat, ek het reeds die gedierte dieper mybrein ingedryf. Die vliegtuig dreun. Die oorlog begin in alle erns. Ons val aan met lou water. Die vyand bly springlewendig. Kookolie. Ons verloor nog ’n veldslag.volgende aanval, maar die oorlog is verby.

Vandag sit ek en dink aan die goggatjie. Waar hy rondgevlieg het, was hy skadeloos. Maar toe hy in my kop inkom, het ’n oorlog ontstaan. En so is die lewe. ’n Gedagte kan skadeloos, vlietend verbyvlieg. Tot hy binnekom. Soos ’n ligte flirtasie. Soos ’n klein bietjie bitterheid wat nie gou gehanteer word nie. Die groot
Kenner van die lewe het sy dissipels gewaarsku dat ’n mens se lewe bepaal word deur wat jy in jou gedagtes toelaat. Hy het geweet daar is goggas wat nie net jou
aand nie maar jou hele lewe kan bederf.