sr1110sielsdinge746
Rubrieke – Koos van der Merwe

“Elvis Blue het lankal geskyn, toe hy nog net Jan was.” – Koos van der Merwe skryf roerend

Sy naam was Elvis. Elvis Blaauw. Ons almal het geweet hy het nie meer lank om te lewe nie. Jan was vir hom ‘n vriend. Jan en Elvis. Onafskeidbaar soos broers, al was hulle uit twee wêrelde. En hulle twee kón kuier. Een ‘n musikant en een ‘n dromer.

Ja, Elvis het gedroom. Oor hoe dit moet wees om uit ‘n bed te kan opstaan. En oor hoe hy nog eendag sou speel soos ander kinders. Oor skool toe gaan en lees en skryf.

Selfs net oor buite kom en vir ‘n uur in sy rystoel die wind en die son voel.

Elke week het Jan ons vertel hoe dit gaan met Elvis. Van hoe sy kinderlyfie moedig probeer veg teen die vigs-aanslag en hoe Elvis nog voluit leef, meer as baie mense wat blakend gesond is. Hoe Elvis dit geniet as Jan sy kitaar vat en sing. En as Jan sing, is ‘n mens in vervoering. Gehore van duisende verkrummel voor die aanslag van fluweel in klank wanneer Jan agter ‘n mikrofoon inskuif. Maar die duisende kon wag. Geen gehoor was belangriker as Jan se vriend Elvis Blaauw nie.

Elvis het groot gedroom. Wanneer hy vertel het hoe hy eendag ‘n ster sou wees met die wêreld aan sy voete, kon jy sien dit was in hom. As die kaarte vir hom anders uitgedeel was, sou hy kon. Daar was vuur in sy stem. Vuur in sy hart. Ja, hy sou sowaar eendag ‘n kitaar kon speel soos sy held wat week na week ure langs sy bed deurgebring het. Hy sou kon. Want die vuur was daar. Maar nie die krag nie. Hy kon droom en glo. Maar eet kon hy skaars. Ons het geweet dit sou net ‘n droom bly.

Een oggend het Jan kom sê Elvis het gebid. Nie vir die dinge waarvoor ek en jy bid nie. Nie vir begrotings en skedules nie. Nie vir die een of ander projek nie. Elvis se gebed het ons almal skaam gemaak oor ons eie: “Here, maak my asem. Amen,” het Jan vertel met bewende lippe. Maak my asem . . .

Ons het daardie Sondag die gemeente opgeroep om te help dat ons die apparaat kon koop wat dit vir Elvis moontlik sou maak om sy laaste weke te voel die Here het gehoor. Almal het gegee. Maar die volgende middag is Elvis vir ewig verlos van rystoele en hospitaalbeddens. Die Here het vir hom asem gemaak in ‘n plek waar hy nooit weer benoud sou wees nie. Ons geld het skielik so onbeduidend en waardeloos gelyk. Dit kon darem help met die begrafnis.

Dit was ‘n paar maande later. Drieuur die oggend spring Jan in sy beskeie motor. Hy weet hy moet gaan. Hy moet vir iemand ‘n droom gaan jaag. Elvis sou wou hê hy moet. Honderde kilometers verder kom hy aan en wag ‘n hele dag. Wag om te vertel. Van Elvis en ander kindertjies soos hy. Van Elvis se maatjies wat nie eens so gelukkig was om in ‘n hospitaalbed te sterf nie. Van ander maatjies wat droom. Van sy musieklesse in plakkerskampe. Want daar brand ‘n vuur in hom. Om ‘n verskil te maak, al is dit net vir ‘n paar arm kinders.

En dan sing Jan. Hy sê sy naam is Elvis Blue. Want hy het ‘n vriend gehad. Mara huil. Gareth sê daar is iets in Elvis, hy weet nie wat dit is nie, maar dis anders. Ek sou vir hom kon sê wat dit is. Elvis Blue is ‘n ster. Een wat wil skyn. Nie net wanneer daar duisende in die gehoor sit en die geld instroom nie, want dan sal enigiemand wil skyn. Elvis Blue het lankal geskyn en gewen, toe hy nog net Jan was. Lank voor hy ingeskryf het vir Idols. Want Jan het gesing toe daar ‘n beoordelaar was wat gedroom het van opstaan. En gebid het vir asem.

Die lewe is baie soos Idols. En elkeen van ons kan dit wen. As ons net weet dat die Groot Beoordelaar reeds luister hoe ons sing. En vir wie. En dat daar elke nou en dan iemand langs ons pad kom wat ons lied so vreeslik nodig het. Soos asem.

En vriendskap.

Kyk die roerende Kwêla-video-onderhoud met Coenie de Villiers

  • Verona Delport

    Wat ‘n waardige wenner van Idols 2010, hy maak ons trots en nederig.Ek sien uit om sy paadjie van sukses dop te hou!You go Mr Elvis Blue!

  • Tania

    Uitstekende stuk! Dankie

  • Reinette du Rand

    Koos,Elvis en Jan, julle het my in trane.Groete

  • Karen

    Sjoe, ek sit hier met hoendervleis – Jan is ‘n ware Idol!

  • Sarie Meintjes

    As ek die stukkie lees maak dit Jan nog meer n merkwaardige wenner…….ek deel my siel,my lewe en my geld .Hoekan mens anders as om op hom trots te wees..Al is dit net vir sy maat Elvis Blaauw.Met die hartseer kom die geluk wat ons as mens nie kan beskryf nie ..God is Groot..Hy kruip in jou hart en gaan le pens en pootjies op jou skoot.Ek vertrou dat jy die grootste sukses ooit in n Idol sal smaak…Jy is n awesome ambasedeur vir baie van die wat na jou op kyk en jou hart verstaan.Geniet elke oomblik van die roem..

  • http://facebook.com Gerda van George

    Soos Reinette gese het jul het my in trane!! Jan Hoogendyk/Elvis Blue jy het dit verdien om te wen, want die Lig van die HERE skyn deur jou!! Hy is waarlik ñ kind van ons Hemelse pappa!! Hy gaan baie verder as enige van die vorige wenners.

  • Lindy Verreyne

    Ek moes half pad uitloop net om asem te skep die trane het gevloei, ek ken die pyn my seun het voor my ook sy laaste asem uitgeblaas , Jan jy is ‘n baie spesiale mens en daaie iets wat Gareth van praat is die Here wat deur jou skyn, en Koos dankie vir die spesiale stuk

  • Lizette Agenbach

    Die stuk was baie roerend om te lees!Die trane loop weer van vooraf soos gisteraand.Die eerste keer in my lewe het ek tot die Here gebid dat n Idols deelnemer wen.Ek wou soooo graag hê hy moet wen, want hy verdien dit.Nie net omdat hy pragtig kan sing nie, maar hy het ook n boodskap van hoop. Hy kan soveel lewens aanraak.Nie net met sy sang nie,maar met sy lewensuitkyk en geloof.Ons het sulke mense nodig in ons stukkende wêreld.En ja-hy was reeds voor gisteraand n wenner-vir JESUS!!!!! Dit maak my hart week. Hoe bly sou Elvis nie gewees het oor sy held Jan nie. Ek dink hy juig saam met die engele in die Hemel!

  • Trudy

    Wat n wonderlike mens.

  • Landie

    Baie mooi geskryf om aan ons almal se hartsnare te roer!!! Op Elvis is ons almal baie trots, gaan kyk maar net na sy Facebook-blad om te sien hoeveel aanhangers hy het en hoe mooi almal oor hom en met hom praat. Voorwaar ‘n waardige Idols-wenner, en nog ‘n nederige een daarby. Ek is so bly vir hom en sy gesin dat hy gewen het!!!

  • Irma

    Baie roerend! Baie geluk aan Elvis, en baie sterkte vir die pad vorentoe. Jy is ‘n waardige wenner.

  • Thea Fouche

    Baie dankie Jan/Elvis vir al die "intertainment" vir 3 maande. Elvis, LLoyd en Boki was die drie wat ek van die begin ondersteun het. Maar gisteraand was dit trane en trane want dit is absoluut so wonderlik om nog sulke onselfsugtige dade te sien. Elvis geen helfte van sy prys geld aan LLoyd- Elvis God seen jou en jou gesin.

    Hoop jy en Lloyd bly vriende vir baie jare wat kom want hy het ook die lig van God in hom wat heerlik skyn vir ons buite om te kan sien.
    Nogmaals baie dankie vir al die maande wat julle met ons op TV gedeel het en nie by julle gesinne kon wees nie.

  • Venessa Myburgh

    Ons GOD is GROOT !! ek het nie ander woorde om dit wat ek in my hart voel te kan uitdruk nie ! Mag jou pad vorentoe besaai wees met sukses en oorvloed seèninge Jan. en mag dit wat jy als bereik, tot eer en verheerlik van SY naam wees. En mag die Genade van ons Hemelse Vader met jou wees in elke tree wat jy gee. Jy maak ons klein en nietig voel voor ons Skepper. Groetnis.

  • Annie

    Sjoe, ‘n stunning stukkie oor Elvis en Jan!!

    Dankie Koos vir die ongelooflike leesstof. Hierdie laat ‘n mens net weereens besef dat jy jou skatte in die hemel moet bymekaar maak!

  • Isabel

    Elvis (Jan), jy het baie oe oopgemaak vandat jy op Idols verskyn het. Jy is ‘n ware ster en kind van God!

  • Heleen Paxton

    Hierdie jong man moet vir elkeen van ons ‘n voorbeeld wees. Hy het nie net gewen nie hy het ons almal oorrompel en het vir ons ‘n lewensles gegee: moenie net alles vir jouself wil hê nie, watter ander Idol sou sy prysgeld in die helfte deel. Ek het net gehuil toe hy dit sê en toe sing hy vir oulaas in die kompetisie self met sterre in sy oë. so iemand kan net suksesvol wees omdat hy alles deel, omdat hy ‘n nederige opregte sielsvolle mens is. Elvis Blue jy het ons almal weer laat dink hoe belangrik dit is om nederig en opreg te wees. Jy sal net suksesvol wees met so ‘n groot hart!! Ek wens jou net die beste toe. En belowe om die mens te bly wat ons op Idols leer ken het en deel van ons gesinne geword het.

  • Elbie Scheepers

    Elvis Blue was my gunsteling al vanaf die oudisies! Daar is iets so besonders aan hom; hy straal sy innerlike gevoel so voelbaar uit in elkeen van sy optredes.

  • Theresa du Toit

    Wat ‘n wonderlike storie! Dit laat ‘n mens sommer weer GLO dat daar nog goeie mense in die land is. Ons wens vir Elvis (en Lloyd) alles van die beste toe vir die toekoms.

  • Erica

    Ai, hoe loop die trane nou! Dis asof daar ‘n "lig" uitstraal uit Jan, hy is beskeie, nederig en dan nog so ‘n mooi outjie ook. Welgedaan en geluk Elvis, alles van die beste vir die toekoms.

  • http://www.gmms.co.za Daleen Vorster

    Jan was Elvis se stukkie Hemel hier op aarde en nou kan Elvis(Jan)ons stukkie Hemel word want ek glo die Engele self luister as hierdie man sing! Alle eer aan ons Hemelse Pappa vir hierdie wonderlike talent!!!

  • Annamari de Klerk

    Dis wonderlik om te sien dat iemand opgestaan het vir iemand anders, dat iemand ‘n vriend se hulpkreet gehoor het en dit uitgeleef het. Die Here werk met elke iemand op Sy manier en hier het Hy vir Jan gebruik om Elvis se wens uit te leef. Die Here werk met elkeen van ons op Sy manier. Baie geluk Jan/Elvis! Mag jou en jou gesin se pad vorentoe net geseënd wees!

  • Salome

    Elvis – al vergeet almal op aarde van jou onbaatsugtige diens, sal dit vir ewig in Sy Groot Boek opgeteken bly! Geluk met jou aardse oorwinning, maar ek glo die engele staan op aandag vir dit wat uit jou straal – 1 Korinthiers 13! Dankie dat jy omgee! Dit maak die wereld ‘n beter plek.

  • Annemarie

    Jan/Elvis – wat ‘n waardige wenner met jou ruim hart! Die Here sal jou met nog meer seën omdat jy bereid was om jou prysgeld te deel. Dankie dat jy onselfsugtig is, dis ‘n groot voorbeeld vir hierdie wêreld waar almal maar net na hulle self kyk. Dis duidelik waar jy jou skatte bymekaar maak. Doen so voort!

  • Sandra Beyers

    Jan, jy beteken so veel vir ons, jy is ‘n voorbeeld van hoe ons moet leef…baie dankie

  • Sandra Beyers

    Jan, jy beteken so veel vir ons, jy is ‘n voorbeeld van hoe ons moet leef…baie dankie

  • Benita MEY

    Dis is wonderlik om te weet dat n mens n gawe ontvang en dit met soveel
    nederigheid kan oordra en die Here daarmee te seen!

  • Lucille Lourens

    Elvis & Lloyd,julle is albei wonderlike mense. Dit is net baie jammer dat julle nie albei kon wen nie. Mag die Here julle help om ‘n sukses te maak van julle lewens. Julle het alreeds soveel vermag.

  • Barnette Beeslaar

    Ai man, huil ek nou sommer, want ek het ook iemand onlangs baie na aan my hart verloor!! Wat my elke dag ‘n beter mens gemaak het, my wonde kom lek het en my weer laat "smile" het! Sy was ‘n vier voet, ‘n hemelkind wat ‘n wandelende wonderwerk was, wat nooit eintlik moes loop op hierdie aarde nie, maar God loop soms snaakse draaie met ‘n mens, selfs met instrumente soos diere! My kom heel maak, my liefiekind, Lolli my Yorkshireterrier 01/10/2010! Elvis, gebruik alles en almal op jou pad, as inspirasie, want wonderwerke skuil dalk ook net in iets kleins soos ‘n hondjie!! Voorspoed!

  • Yvonne

    Elvis! Jy en Lloyd is alby sterre! Julle het my in trane gehad met julle passie om vir mekaar te help. Die gebaar sal altyd onthou word. Dit is ‘n bewys dat julle kinders van GOD is.

  • Karin

    Ongelooflike storie! Mens kon al die ster in jou sien skyn het tydens die oudisies, Elvis! Welgedaan!!

  • Rene

    Elvis, jy is ‘n ware Koningskind, daar is geen twyfel nie, en mag die Here jou en jou pragtige gesin ryklik seën op jul moeilike pad vorentoe. Ons as jou bewonderaars sal vir jou bid en vertrou dat jy net die regte besluite sal maak, soos wat jy getoon het jy kan. Jy is werklik ‘n pragtige voorbeeld vir die hele Suid-Afrika en ons waardeer dit wat jy al aan ander gedoen het en nog in die toekoms gaan doen. Prys die Here vir iemand so mooi soos jy wat hierdie kompetisie gewen het. Ons is baie, baie trots op jou!!

  • Carola Petersen

    Ek dink dat Elvis Blue n versinnebeeld van God is. Die Almagtige is waaarlik te sien in iemand met so n rein siel. Elvis, jy het verdien om as Idol gekroon te word. VIVA. ELVIS, VIVA!!!

  • http://eqlyeymumptt.com/ frnuiketrrq

    xk9DGz jbwhmfyybzet, [url=http://tsqytxxxstqr.com/]tsqytxxxstqr[/url], [link=http://omkucprognyl.com/]omkucprognyl[/link], http://mckbmdxmtgwb.com/

  • Dewald Reynders

    Ek is sprakeloos, ek het niks om te se nie !! Here, dankie dat U getrou is en bly. En ja Papa, dankie dat U die mooiste mooi verhaal uitbeeld in ‘n mens met die naam Elvis Blue. U eie kind …. een met asem wat U voorsien, wat sing want dis sy "gifting" van U aan hom, aan ons wat wil luister. Mag ons U VIR LANK NOG SIEN, HOOR, ja ook deur die stem van ‘n dierbare mens, …. een met nie net ‘n mooi storie nie, maar een met die mooiste hart, ‘n hart van goud, ‘n hart vir U Papa en ander om hom. Mag ons herhinner dat U ons lief het net soos ons is, wie en wat, waar en hoe …. Kyk mooi na ons nuwe vriend in hom, Elvis Blue, Papa, …. U kyk mooi na hom vir altyd. Leer ons uit sy storie dat ons kan kyk na ander om ons ook !! U maak baie dinge eenvoudiger verstaan, selfs met ons nuwe vriend, Elvis Blue….U naam ter eer. Amen !!!

  • Ina Pienaar

    Dankie vir die artikel! Hy is op meer as een sanggebied `n Idol!!

  • http://www.sarie.com Cenel

    Elvis Blue, if there could just be more peolple like u in this sad world it would of been just another day in paradise for all!!LIVE your dreams don’t let anything or anyone in this world ever change your BIG hart.

  • Corley

    Jy verdien om ons Idol 2010 te wees. Het van jou 1ste oudisie gese, die mannetjie gaan baie goed doen. Jy het vir ons soveel plesier gebring en ek glo klein Elvis het ook dit daar in die hemel geniet, jy is ‘n goeie mens van binne en buite. Mag die Here jou seen en jy baie sukses behaal in alles wat jy aanpak en probeer om so ‘n wonderlike mens te bly.