FOTO: SnowReportSA

FOTO: SnowReportSA

Hieroor praat mense

Dra jou serp en hou die warmsjokolade naby!

Die hele land kan maar voorberei vir lae temperature, want die winterkoue het nou sy tentakels oral ingeslaan. In die Wes-Kaap het daar sedert gister sneeu geval op die Kaapse bergreekse – en daar is vooruitsigte van nog sneeu op die Matroosberg en Cederberg.

Op die Facebookblad Snow ReportSA word verskeie foto’s gedeel van plekke waar dit reeds gesneeu het. Volgens die voorspelling van Snow Report sal daar ook sneeu val op die Swartberg, en die Outeniekwa- en Kouga-bergreekse, en sneeu kan voorkom op hoog geleë dele net buite Graaff-Reinet in die Oos-Kaap. Daar word ook voorspel dat die kouefront gaan oorbeweeg na KwaZulu-Natal, met die moontlikheid van sneeu in die Middellande. Veral Kapenaars kan maar die warmsjokolade byderhand hou! Vir meer oor die sneeu, klik hier.

So lyk dit op die Du Toitskloofberge. FOTO: Casian Johnson Wright

So lyk dit op die Du Toitskloofberge buite die Paarl. FOTO: Casian Johnson Wright

Gautengers kan darem uitsien na sonnige weer, hoewel die kwik nie tot 20 °C gaan styg nie. Matige weer word voorspel vir die streek tot Vrydag. Oor die naweek, en spesifiek Sondag, tref ’n groot kouefront die streek. Trek maar vroegoggend lekker warm aan, want die oggendtemperature gaan steeds onder 6 °C wees.

Vrystaters moet maar probeer inlê soggens, want die weervooruitsigte vir die provinsie lyk ysig. In sommige dorpe gaan dit onder vriespunt wees in die oggend, maar dagtemperature sal matiger wees.

Om te kyk wat die weervooruitsigte in jou omgewing is, klik hier en soek na die stad of dorp waar jy woon.