Lewe + Liefdes

Top 5: Vir mans

Ek moet bieg dat ek nie die boeke gelees het nie. Ek maak hierdie aanbeveling suiwer op wat ek in die boekwinkels sien en ook omdat mans wat ek ken oor hierdie boeke praat. Daar is ’n paar van die boeke wat ek graag sou wou lees, maar helaas, my lysie van moet-lees is reeds te lank. Dis ’n uiteenlopende keuse en die boeke dek verskillende tydperke in ons land en in die wêreld se geskiedenis.

Onthou om ons elektroniese boekwinkel op kalahari.com te besoek om van die boeke teen afslagpryse te bestel.

Ons was daar, saamgestel deur generaal Jannie Geldenhuys (Kraal-Uitgewers, R350)

Baie mans in Suid-Afrika onthou diensplig en die Bosoorlog asof dit net gister gebeur het. Dié tydperk het vele gesinne geraak en almal onthou verskillende gebeure wat ’n impak op hul lewe gehad het. In dié boek, wat deur generaal Jannie Geldenhuys saamgestel is, gee hy ’n stem aan ’n verskeidenheid mense wat op een of ander wyse by die Bosoorlog betrokke was. Die waarde van die boek lê juis daarin dat dit meer perspektief gee oor ’n gedeelte van ons land se geskiedenis. Hierdie oorlog is nog nie naastenby omvangryk gedokumenteer en opgeteken nie, daarom is die boek ’n toevoeging tot ’n groeiende biblioteek wat handel oor ’n onstuimige tyd in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Zulu Zulu Golf 

Zulu Zulu Golf, Arn Durand (Zebra Press, R220)

Arn Durand, ’n boorling van Durban, het in 1982 ’n lid van Koevoet, oftewel Special Ops K, geword. Die eenheid was in die tagtigs aktief in Oshakati in die noorde van Namibië en het aanvalle geloods teen SWAPO en die Ovambo’s. In die boek vertel die skrywer sy eie verhaal oor wat van 1982 tot 1983 gebeur het, van al die operasies waarby hy betrokke was en hoeveel mense hulle doodgemaak het. Hy beskryf in grafiese detail alles wat hulle gedoen het – as jy sensitief is, is hierdie boek nie vir jou nie. Dis allesbehalwe ’n verontskuldiging of ’n aanklag, dis bloot ’n beskrywing van die euwels van hoe dit is om deel te wees van ’n geoliede masjien met een doel voor oë: om mense dood te maak. Hy verduidelik hoe die gebeure maar altyd in sy onderbewuste bly lê het en hoe dit ’n duiwel is wat hy altyd moet beveg om die swart buie weg te hou. Hy moes uiteindelik alles in die gesig staar om vrede in homself te kry oor sy optrede. En om met sy lewe te kan aangaan sonder dat sy verlede oortollige bagasie raak.

 From soldier to civvy

From Soldier to Civvy, Cameron Blake (Zebra Press, R180)

Blake se eerste boek was Troepie: From Call-up to Campus waarin hy geskryf het oor die nasionale dienspligstelsel. Met sy navorsing vir daardie boek het hy soveel materiaal versamel dat dit gelei het tot dié boek. Hierin bekyk hy weer al die kwessies oor diensplig. Agt verskillende soorte voormalige dienspligtiges vertel van hul ervaringe in die Weermag. Daar is ’n recce, ’n honde-hanteerder, ’n valskermsoldaat, ’n laaimeester, ’n militêre polisieman, ’n seeman, ’n skutter en ’n mortier-bombardier wat breedvoerig uitwei oor die tydperk in hul lewens. Wat hierdie boek uitsonderlik maak is die onderhoude wat gevoer is met vroue oor hul betrokkenheid by mans in uniform. Hy het gepraat met ma’s, vriendinne, eggenotes en susters oor hoe diensplig ’n rol gespeel het in die verhoudings met die betrokke dienspligtiges. Blake se doel met hierdie boek is:”The better we understand our past, the more quickly we can move positively into the future.”

 The War for South Africa

The War for South Africa – The Anglo-Boer War: 1899 – 1902, Bill Nasson (Tafelberg, R225)

Nasson het ’n grondige agtergrond in geskiedenis as professor en navorser. Die boek gee ’n oorsig oor die Anglo-Boereoorlog en hoe hierdie oorlog deel vorm van ’n wyer internasionale geskiedenis. Hy verduidelik daar is om verskillende redes ’n fassinasie oor hierdie oorlog. Een daarvan is die nostalgiese verknogtheid aan wat genoem word “the last of the gentlemen’s wars.” Nog een is gemik op die groeiende versameling spesialis- publikasies soos ensiklopedieë, handboeke en navorsingsmateriaal. Dit is ’n omvattende boek wat ’n oorlog van honderd jaar gelede boeiend beskryf. Die skrywer het die vermoë om geskiedkundige karakters lewe op papier te gee en van hulle mense te maak.

 The men who would not march

The Men Who Would Not March: The Surrender of Concordia, 4 April 1902, David Thomas (Print Matters, R228)

Daar gebeur soms iets baie vreemds in ’n oorlog en dikwels wil die mense wat by so ’n insident betrokke was net van die hele affêre vergeet. Hoeveel keer hoor jy nie jare ná die tyd per ongeluk hoe iemand in jou familie deel was van so ’n gebeurtenis nie. En dat dit eintlik maar ’n menslike gebeurtenis was en nie ’n skande om weg te steek nie. Dink maar aan die Anglo-Boereoorlog en hoe die woorde hensopper en joiner party mense nou nog van skaamte in hul dop laat kruip. In dié boek het die skrywer ook per ongeluk uitgevind sy oupagrootjie, kaptein Francis Phillips, is die man wat deur geskiedkundiges en skrywers beskuldig is van lafhartigheid en verraad omdat hy op 4 April 1902 die myndorp Concordia aan die Boere-leier generaal Jan Smuts oorgegee het. In sy navorsing het hy gevind: ”a group of soldiers who mutinied and who were reviled and beaten up for refusing to obey a racist command, will emerge as heroes.” In die boek word dié insident en die aanloop daartoe onder die loep geneem en word die geskiedenis aan die hand van sy oupagrootjie se lewe in perspektief gestel.

 The eleventh day

The Eleventh Day: The full story of 9/11 and Osama Bin Laden, Anthony Summers en Robbyn Swan (Doubleday, R250)

Hierdie boek is seker eintlik vir die mense wat direk betrokke was as slagoffers of oorlewendes of naasbestaandes van oorledenes van die 9/11- terreuraanval tien jaar gelede in Amerika. Dit was skokkend om te sien hoe mense in ’n oogwink hul lewens verloor en hoe vinnig die ramp plaasgevind het. Die gebeure het wêreldwyd emosies laat oplaai en alhoewel daar baie inligting beskikbaar is oor die insidente, is daar nog onbeantwoorde vrae. In die voorwoord van die boek sê die skrywers oor 9/11: “Something else was lost that day, something precious that touches on the stories of all the thousands who have died. The Greek tragic dramatist Aeschylus, twenty-five centuries earlier, understood well what it was. ‘In war ,’ he wrote, ‘the first casualty is truth.” Die afgelope twee jaar is meer as 300 000 bladsye gepubliseer van die 9/11 Kommissie se dokumente, ander materiaal en ook nuwe onderhoude is gedoen waarin daar hopelik meer antwoorde gegee kan word. Die boek se doelwit is om ’n meer volledige prentjie te gee van die hele insident, ’n “truth” wat hopelik baie mense sal help om vrede te kry.

 Spies & Commissars

Spies & Commissars – Bolshevik Russia and the West, Robert Service (Macmillan, R358,95)

Daar is baie boeke oor die Bolsjewistiese Rewolusie wat in Oktober 1917 plaasgevind het en wat ’n geskiedkundige oorsig oor die gebeure gee. Die skrywer van dié boek het per ongeluk, terwyl hy navorsing gedoen het, afgekom op die Britse spioen Paul Dukes se persoonlike dokumente waarin hy sy waarnemings beskryf van die omstandighede tydens die vroeë kommunistiese regering. Wat hom opgeval het, is dat Dukes sy observasies as buitestaander weergegee het. Dit het Service laat kyk na korrespondensie deur diplomate, buitelanders wat in Rusland besigheid gedoen het, joernaliste en ander belanghebbendes. Die Weste en Rusland het oor-en-weer op mekaar gespioeneer terwyl daar steeds diskrete samesprekings tussen die onderskeie regerings plaasgevind het. Die skrywer bekyk dié dinge en hoe alles vandag nog ’n groot invloed het op die polariteit tussen demokrasie en diktatorskap, geregtigheid en terreur, sosiale regverdigheid en klasverskille, nasionale soewereiniteit en internasionale militêre ingryping. Al dié elemente maak dat die geskiedenis vandag nog uiters belangrik is in internasionale verhoudings en die bestuur daarvan.

 Assassins

Assassins, Steven Parissien (Quercus, R254,95)

Sluipmoorde is al eeue deel van die samelewing en is soms polities gemotiveerd en ander kere persoonlik. Parissien het ’n uiteenlopende spul gekies wat almal deur politieke oorwegings uitgevoer is. Julius Caesar se sluipmoord is eerste onder die loep en die leser sien hoe hierdie enkele daad die basis gelê het vir die ontstaan van die magtige Romeinse Ryk wat vier eeue die wêreld oorheers het. Op die skrywer se lys is mense soos Abraham Lincoln, Rasputin, Leon Trotsky, Gandhi, John F. Kennedy, Malcolm X, Hendrik Verwoerd, Martin Luther King en nog baie ander. Die vraag wat hy vra is hoe die wêreld sou lyk as van hierdie sluipmoorde misluk het. Die geskiedenis kon dalk heel anders daar uitgesien het. Die ontstellendste ding is dat sluipmoorde vandag nog aan die orde van die dag is en dat dit ’n laakbare manier is om van politieke leiers ontslae te raak. Of is dit?

 Missing & Murdered

Missing & Murdered, Alan G. Morris (Zebra Press, R220)

Programme op televisie waar misdade sommer vinnig opgelos word deur forensiese patoloë het die publiek ’n leke-kennis gegee oor wat die veld behels. Ongelukkig het dit ook ’n verwagting geskep dat misdade vinnig opgeklaar kan word, want op televisie verloop die proses soos blits. Hierdie boek deur ’n professor in menslike biologie aan die Universiteit van Kaapstad probeer om vir gewone mense ’n beter en grondige basis te skets van wat hierdie vakgebied nou eintlik behels. Hy vra:”Isn’t crime the same everywhere? Surely murder is murder and it doesn’t differ between the Cape and London? In fact, it is not different. The evidence of death is the same, but the context is local.” Hy beskryf dan aan die hand van ondersoeke waarby hy betrokke was hoe die proses verloop en waaroor forensiese patologie eintlik gaan. Muti-moorde, politieke moorde en ander bisarre ondersoeke maak die boek makabere, maar fassinerende leesstof.

  • hossy

    ?????? ?????? ????? ??????? ?? ??????? ????? ???? ?????? ??? ????????? [url=http://mobilephoneporno3gp.net/80-porno-v-yunosti-3gp-iuq0f/]????? ? ?????? 3gp[/url] [url=http://mobilephoneporno3gp.net/77-parni-gey-mal-chiki-dlya-mobil-nykh-telefonov-uauvu/]????? ??? ???????? ??? ????????? ?????????[/url] ????????? ????? 3gp
    [url=http://mobilephoneporno3gp.net/]?????????? ????? 3gp[/url]

  • phone icq slige

    ??????? ????? ?? ???????
    [url=http://icqmobilephones.net/]??????? ??????? ?? ??????? ?????????[/url]

  • replica watches opink

    review seiko men’s watches [url=http://replicabrands.org/catalog/item/2774/piaget-watch-case-2774.html]bell ross replica watches[/url]
    finest replica watches
    [url=http://replicabrands.org/]$45 dollar replica watches[/url]

  • Cheap Cosmetics Coede

    Intensive Spa Luxury Exfoliating Silk Body Milk Vitalizing Low [url=http://cosmetics2012.net/body-care-christian-dior.html]Christian Dior Nice[/url]
    Clarins cosmetics
    [url=http://cosmetics2012.net/]L’Oreal cosmetics[/url]

  • Viagra levitra anger

    cialis soft patent europe [url=http://allmedshoponline.com/]cialis overnight delivery without prescription[/url]

  • replica handbags ton

    cheap dooney bourke handbags [url=http://handbagbrand.net/catalog/item/15211/gucci_new_jackielarge_shoulder_bag-15211.html]louis vuitton handbags in las vegas[/url]
    penguin totes and handbags [url=http://handbagbrand.net/]coach look a like handbags[/url]