Verhoudings

10 Mites van die liefde

Klink dit bekend? Wanneer twee mense trou, word hulle een. Of: Die liefde is ‘n wilsbesluit! En dan is daar ook die algemene stukkie raad dat julle nooit kwaad vir mekaar moet gaan slaap nie.

Alles mites, reken die skrywer André le Roux. Hy het in ‘n “lawwe, oorhaastige”oomblik, na aanleiding van sy gewilde Op die vrou af-rubriek in SARIE, aan sy uitgewer voorgestel: “Waarom nie sommer ‘n hele boek oor verhoudings nie? “En die antwoord was:”Waarom nie?” Toe begin hy met navorsing op die internet. “Google is wonderlik,” sê hy. “En soos jy weet, is al die vroue hier by SARIE ‘n onuitputlike bron van inligting. Hulle hoef nie eens iets te sê nie. Ek kyk net wat hulle doen!” André het deur die jare gesien daar is baie wanopvattings oor verhoudings. “Hulle leer ons nie reg nie. Verbeel jou, gaan weg vir die naweek en red jou huwelik! Dis mos nonsens. Mense gaan verhoudings in net met hul hormone en as die hormone dan begin deurmekaarloop, weet hulle nie hoe om dit te hanteer nie. “Die groot problem is, wanneer iets verkeerd loop, is dit gewoonlik ‘n onbekende, eerste ervaring, dis nie iets wat mense reeds ken nie. En dan sukkel hulle om reg daarop te reageer.” Toe besluit André om ‘n paar wanopvattings oor intieme verhoudings op hul kop te keer – 48 in totaal. (Sy boek word “Die Kook & geniet van intieme verhoudings” genoem.) Hier verklap ons 10 mites.

 

1 Liefde is ‘n wilsbesluit, ‘n keuse

If your husband and a lawyer were drowning and you had to choose, would you go to lunch or to a movie? Anoniem

‘n Wilsbesluit wanneer dit by die liefde kom, is uit jou hande. Daarvoor is die liefde gans te chemies. Ál keuse of besluit wat daar is, is wanneer een van julle vra: Sal jy met my trou? En om by iemand te bly wanneer probleme opduik …dís ‘n wilsbesluit. Nie die liefde nie. Die liefde gebeur vanself. Hoe om weer te begin date ná ‘n mislukte verhouding of huwelik? Mense kry dikwels die raad: Kom’n bietjie uit, gaan kuier,sluit aan by ‘n dansskool,neem kooklesse. Daar waar jy ander mense kan ontmoet,en wie weet … “Maar ek’s al 30!” Moenie so desperaat raak nie.Jy hoef nie liefde te loop soek nie. Die liefde sal jou wel vind.Hou net jou oë – en reuksintuig – oop.

Elders skryf André oor die rol van feromone wat chemiese “boodskappe” uitstuur. Dis deel van die aantrekkingskrag tussen geslagte.

Die “reuk van die liefde”lê in twee kolletjies in jou neus, een in elke neusgat .Dis die vomeronasale orgaan (VNO), verbind aan die reuksentrum in jou frontale brein,waarmee jy as ‘t ware ‘n nuwe liefde eers “uitruik”. Maar die VNO funksioneer nie meer in die mens nie,het wetenskaplikes reeds sowat tagtig jaar gelede besluit.Party navorsers vermoed dis steeds daar,maar net te klein om op te spoor. Dit verander egter nie die rol van feromone in die brein nie, sê navorsers wat sedert die jare tagtig opnuut belangstel in feromone en die VNO. Hulle het aangetoon die VNO werk ook nie meer in muise nie,maar muise reageer steeds op feromone. Nes walvisse.

Feromone is in elk geval reukloos. Dis in die eerste plek nie ‘n reuk nie,dis ‘n chemikalie en gewoonlik in vloeistofvorm,soos in sweet. Maar dit trek julle na mekaar toe aan en maak onder meer ‘n soen so lekker … Die liefde is wel ‘n sintuiglike ervaring,sê André. Jy a) sien dit eers,dan b) hoor jy dit wanneer julle begin gesels,dan c) ruik julle mekaar,en dan d) voel julle dit – letterlik en figuurlik – wanneer julle aan mekaar begin vat.

 

2 My Man/ vrou is My beste vriend

Marriage changes passion – suddenly you’re in bed with a relative. Anoniem

Platonic love is love from the neck up. Thyra Winsolow

Dit word dikwels aangevoer as die rede vir ‘n goeie verhouding.Ons is beste vriende.Trouens,daar’s sielkundiges wat beweer vriendskap is ‘n voorvereiste vir ‘n gelukkige verhouding en baie paartjies glo dit self. Bekende getroudes sê dit gedurig in die media (vóór hul egskeiding). Ja,julle is goeie vriende wat op ‘n dag agterkomdaar is iets meer tussen julle en

3 Wanneer twee mense trou, Word hulle een

Though marriage makes man and wife one flesh, it leaves ’em still two fools. William Congreve

Julle het nie een geword nie. Anders sou julle nooit gestry het nie.’nMens stry tog nie met jouself nie,tensy jy sukkel om jouself te aanvaar.Dan is dit ‘n innerlike stryd … Die woord “wederhelf”is romanties maar problematies: my ander helfte.Jy’s klaar volledig.As jy iemand anders nodig het om jou volledig te maak het jy ‘n probleem.Net jy kan jouself volledig maak. Buitendien is jy klaar volledig, miskien weet jy dit net nie. Die beginsel is egter reg: Dat die een nie sonder die ander wil (of kan?) klaarkom nie.Julle speel in dieselfde span,maar in verskillende posisies.En soms speel julle teen mekaar.Dan is dit goed om te besef: Niemand gaan eintlik wen nie,maar saamsaam kán julle,solank julle nie teen mekaar speel nie. Julle is twee mense met jul eie,individuele giere en geite.Kortom: Julle is saam, bymekaar,maar nie een nie.

 

4 Mans dink elke 7 sekondes aan seks

Wie’t getel? Natuurlik dink hy elke dag aan seks,dikwels meer as een keer,soms heeldag lank in sy jeukerige adolessentejare met ‘n oordosis testosteroon en drome oor sy Afrikaansonderwyseres. Maar elke 7 sekondes? Dis voltyds! Dié 7-sekonde-mite – waar dit vandaan kom,weet niemand nie – is inderdaad deur navorsing verkeerd bewys.Volgens die Kinseyinstituut in Amerika (genome na die beroemde seksnavorser Alfred Kinsey en sy span,wat baanbrekerswerk in die 1940’s en 50’s gedoen het) dink meer as 50% van mans elke dag aan seks,meer as 40% ‘n paar keer per week of maand, en 4% een keer per maand of minder. Plaaslik het Health24 se sekspeiling van 2009 getoon die meeste mans (65,8%) dink elke dag aan seks,terwyl die grootste groep vroue (41,8%) elke week daaraan dink. Daar is ook bevind 91% van mans het seksuele  fantasieë,gewoonlik oor seks met hul eie maat of met ‘n vorige maat.Trouens, navorsing in 2004 het getoon mans se seksuele fantasieë draai dikwels om die plesier en bevrediging van hul eie maat. (En jy het gedink hy sit en bespiegel in sy kop oor die buurvrou?)

5 Ons het niks vir mekaar te sê nie

Getting divorced just because you don’t love aman is almost as silly as getting married just because you do. Zsa Zsa Gabor

Niks? Werklik niks? Julle is nie meer in die verliefde,nagte-deur-geselsstadium nie,anders sou jul verhouding gestagneer het. Maar nou’s die kinders uit die huis en skielik sit julle sonder gemeenskaplike belange of gedeelde doelstellings. Praat julle werklik so min? Hoe voel julle as julle by mekaar sit sonder om te praat? Tevrede? Ontevrede? Moerig? Is dit altyd nodig om die hele tyd oor “Belangrike”goed te praat? Is koeitjies en kalfies nie goe skinder,al beteken dit jy skinder en hy luister? Julle kan nie teruggaan om te kyk waar julle mekaar “verloor”het nie.Maar julle kan vorentoe gaan deur meer dinge op gemeenskaplike grond te doen.’n Bietjie welwillendheid,’n belangstelling in mekaar se doen en late en ‘n bietjie meer (sorgelose) dinge saam te doen. Al is dit net om’n entjie te gaan stap. Dialoog opsioneel.

 

6 Ons het geen geheime vir mekaar nie

En hoe weet julle dit miskien? Anders sou dit mos nie ‘n geheim gewees het nie. Om geen geheime vir mekaar te hê nie is iets waarop julle hoogstens kan hoop.Daar’s ‘n stukkie in jou kop wat net aan jou behoort.

 

7 Moenie kwaad vir mekaar gaan slaap nie

Never go tobed mad. Stayup and fight. Phyllis Diller

Daardie een van: Ons belowe om nooit kwaad vir mekaar te gaan slaap nie, werk net ‘n rukkie. Dan word dit ‘n mite, hoewel ‘n vrou steeds nie kwaad wil gaan slaap nie. Julle kan mekaar heelnag wakker hou totdat julle gedaan is. “Hei, jy kan nie nou gaan slaap nie, ek praat nog met jou!” En die gesprek raak al hoe driftiger,’n oplossing bly buite sig. “Kom ons kry mekaar maar weer môreoggend.” Dis soos om weg te loop. Slaap liewer. Want môreoggend skyn die son en skielik lyk die problem nie meer so groot nie. ‘n Mens kan daardie probleem as ‘t ware in ‘n nuwe lig sien. Letterlik. Daar is mense wat sê hulle gaan slaap nooit kwaad vir mekaar nie. Hoe kry hulle dit reg? Hulle is óf nog hopeloos verlief, hulle hiper-ventileer, óf hulle probeer voorgee hulle is die ideale, gelukkige paartjie. Dan sê die een skielik op ‘n mooi dag: “Ek wil skei.”

En die ander een se verbasing is groot: “Ons het dan nooit kwaad gaan slaap nie. Ons het dan nooit eens baklei nie?”

8 Ons kan nie so aangaan nie

Goeie nuus,ons kan! Dis in vroue se koesterende, versorgende aard om te wil regmaak, oplos.

Dan voel jy nee, magtig, so kan dit nie aangaan nie. Ons sal hierdie ding eens en vir altyd moet regmaak! Dis nie nodig nie. Laat daardie problem maar weer opduik. En weer. Die probleem vóél net so allesoorheersend. Dit is nie. Dis gewoonlik druk van buite wat julle laat dink jul verhouding moet perfek wees. Dit hoef nie. Julle kan maar so aangaan.

 

9 Tien affairs is baie erger as een

Jou eerste reaksie sou wees: Een affair sou ek hom dalk nog kon vergewe, dálk, maar tién? Veral as die affairs een ná die ander uitkom. Hel, hoeveel nóg?! Net die omgekeerde is waar: Een affair is tien keer erger as tien. Want tien affairs wys hy het nie ‘n emosionele band met enigeen van die tien nie. Dis oppervlakkig en beteken min, inderdaad net seks. As hy een affair aanknoop en daarby hou, is die kans soveel beter dat hy nie net seksueel nie maar ook emosioneel daarby betrokke is. En dis erger vir jul eie verhouding, en moeliker vir ‘n vrou om te vergewe.

 

10 Moenie mekaar as vanselfsprekend aanvaar nie

There is no substitute for the comfort supplied by the utterly taken for granted relationship.

Iris Murdoch

As daar ‘n verbintenis is, móét julle mekaar as vanselfsprekend aanvaar. Dis immers een van die voordele van ‘n vaste verhouding. Jy kan dit as vanselfsprekend aanvaar dat hy daar sal wees vir jou,dat julle mekaar in ag sal neem, dat julle dinge met mekaar sal deel, dat elkeen in die beste belang van die verhouding sal optree,dat julle sal voldoen aan mekaar se verwagtinge soos julle dit uitgewerk het. Ook ander mense aanvaar jul verhouding as vanselfsprekend, want hulle sien julle nou al vir jare bymekaar. Wat hulle betref,hoort julle bymekaar. Julle kan dit ookmaar so sien. Dis ‘n goeie gevoel. Vanselfsprekend.

Skielik is julle in die eerste stadium van die liefde. Die sleutel hier is “iets meer”, maar dan is julle nie meer vriende nie. Liefde is immers baie meer as net vriendskap. Die liefde tussen vriende kan glad nie vergelyk word met erotiese liefde nie. Die een is platonies, die ander veel dieper en sexy. As jou man/vrou jou beste vriend is, waar laat dit jou beste vriend/vriendin? Tweede beste? Buitendien,’n mens is nie veronderstel om by jou beste vriend te slaap nie … Tog doen mense dit, ja. Volgens die plaaslike Nasionale Kommunikasiepeiling oor MIV/vigs(gedoen in 2009 onder 2 728 respondente van 16 tot 55 jaar oud) slaap 10% van mans by hul vriendinne en 4% van vroue by hul vriende. “Vriende met byvoordele.” Die voordeel is glo ongekompliseerde seks ter wille van seks. Party mense betaal selfs hul vriende daarvoor …