Verhoudings

5 Dinge om saam met jou vriendinne te doen

Vriendskappe, soos enige verhouding, verg liefde en aandag. Hier is 5 lekker aktiwiteite om saam met jou vriendinne te doen.

1. Kookklasse

Nie net leer jy ’n nuwe vaardigheid nie, maar dis ook baie pret. Die Hollywood-aktrises Reese Witherspoon, Cameron Diaz en Drew Barrymore het in die Amerikaanse wyn-distrik Napa-vallei vir Italiaanse kooklesse gegaan.

Kom maak pasta in die Kaap – bespreek nóú

10 gelukkige SARIE.com-lesers het die afgelope naweek hul eie Italiaanse kos-ervaring gehad toe hulle dié wonderlike prys van PicardiPlace in Rawsonville gewen het. Die klasse is enig in hul soort en die pasta word met die hand gemaak (sonder ‘n masjien). Hier is van hul foto’s van die dag.

Die wenners het geleer om hul eie pasta te maak FOTO: Twitter @jaco_brand

Die wenners het geleer om hul eie pasta te maak
FOTO: Twitter @jaco_brand

""be italiano" - lekker dag van pasta maak en wyn drink" sê een van die wenners Santie van Staden FOTO: Twitter @santievanstaden

“”be italiano” – lekker dag van pasta maak en wyn drink” sê een van die wenners Santie van Staden
FOTO: Twitter @santievanstaden

"Awesome day @PicardiPlace with @jaco_brand & @SARIEtydskrif Great fun, stunning view, organic wine & amazeballs food!," was SARIE-leser Marelise Lochner se indruk FOTO: Twitter @mslochner

“Awesome day @PicardiPlace with @jaco_brand & @SARIEtydskrif Great fun, stunning view, organic wine & amazeballs food!,” was SARIE-leser Marelise Lochner se indruk
FOTO: Twitter @mslochner

Blaai deur ons galery vir nóg foto’s van dié kookles

2. Geniet ’n goeie fliek

Die man aan jou sy sku om ’n romantiese komedie te gaan kyk? Gaan fliek saam met jou vriendinne! Springmielies bevat boonop min vet én lag is goeie oefening vir jou maagspiere!

Chick-flieks wat hierdie week speel*:

  • August: Osage County
  • Blue Jasmine
  • Pad na jou Hart
  • Saving Mr. Banks
  • The Perfect Wave 

*By uitgesoekte teaters

3. Boekklub

Of jy nou aan ’n ernstige boekklub behoort of een waarin julle net lekker gesels, dis goed om ’n vaste afspraak te hê waarin julle kan kuier.

Kyk na ons Boekeblad vir lees-inspirasie!

4. Kultuur!

Besoek kunstefeeste soos die KKNK wat vanjaar 29 Maart tot 5 April plaasvind. En, goeie nuus, SARIE is dié jaar weer terug!

KKNK2014

Ons bring bedags die gewilde SARIE-restaurant na die vierkant van die CP Nel-museum en saans tussen 18:00 en 20:00 omskep ons dié restaurant in ’n tapas-kuierplek. Kom drink skemerkelkie, bestel ’n kaasbord of kom sit agteroor en luister na agtergrondmusiek.

Kom loop deur die SARIE-wêreld. Binne 4 vertrekke van die CP Nel-museum word die SARIE-wêreld geskep en ons nooi jou om te kom kuier.

Dek ’n Karoo-tafel. Die SARIE WOON-span, Lounette Fourie en Anita Rossouw, kom dek die fees se mooiste Karoo-geïnspireerde tafels. Daar is mooigoed te koop en hulle sal al jou dekor-vrae daar beantwoord.

Kom shop! Die SARIE-aanlynwinkel, binne Spree, kom wys jou hoe maklik dit is om aanlyn te koop. Ons styl- en sosiale-redakteur, Fanie Cronjé, gaan al jou stylvrae beantwoord.

Voorbladgesig by die fees! In die digitale vertek kan jy SARIE.com en ons sosiale media-platforms regstreeks volg. Ons Voorbladgesigwedstryd skop ook eksklusief by KKNK af – kom neem jou foto!

Spesiale SARIE-feesaanbod

  • SARIE April-uitgawe @ R25
  • SARIE KOS Apr/Mei  (nou ook in engels) @ R35
  • SARIE KAROO – spesiaal vir KKNK20 @R35
  • Teken in op SARIE (gedruk en digitaal) en ontvang ’n geskenk!

Moet-sien-produksies by AbsaKKNK20

  1. Sandra Prinsloo-marathon: Die Naaimasjien, Vir Ewig en Altyd, Wie is bang vir Virginia Woolf?
  2. Land van Skedels deur Nicola Hanekom
  3. David Kramer – unplugged
  4. Leonard Cohen in Afri-Kaans (deur SARIE se Koos van der Merwe)
  5. Laurinda Hofmeyr – ’n Perd van ’n ander kleur
  6. Klein Karoo 20 Jaar Pops
  7. Ballade van ’n banggat – Tobie Cronje
  8. Voorskoot & Lipstiek (met SARIE se kosredakteur Herman Lensing)

5. Koffie-afspraak

’n Doodgewone koffie-afspraak te midde van ’n rowwe week kan net die antwoord wees om jou batterye te herlaai. Of dit nou by ’n koffie-winkel, of om die kombuistafel is, dié geselstyd is baie spesiaal.

RESEP: SARIE se tweelaag-sjokoladekoek