sr1210verhouding_padkaart
Verhoudings

Akteurs Anel en James Alexander se ‘liefdeskontrak’

Vroeg in die huwelik sal so ’n ooreenkoms baie idealisties, vaag en dalk selfsugtig wees. ‘Ek sal jou altyd liefhê’, ‘Ek sal doen wat jy vra’, ‘Ek sal die toiletsitplek oplig’. Passie en dolverliefdheid help ons dan om met baie van ons maat se unieke maniertjies saam te leef.

“Vir ons sal so ’n lys nou, byna tien jaar later, meer prakties wees, want die moderne lewe eis dat ons doelbewus voorkeur gee aan dinge wat belangrik is. Ons besef nou dis byna belangriker om te fokus op die groei van ons verhouding, karakter en geestelike lewe.

“Dus, ons sal nie net 100 minute per week buite die kantoor saam deurbring nie, maar ook doelbewus tyd maak om saam te bid, ’n onderwerp te debatteer, dieselfde boek te lees en daaroor praat – enigiets wat ons verhouding laat verdiep.

“So ’n ooreenkoms is nie ’n verbintenis op dieselfde manier as ’n huwelik nie. Maar dit moet help om jul verhouding te beskerm, te 
laat groei en verdiep.

“In vandag se besige lewe gee ons voorkeur aan ‘kontraktuele’ verpligtinge: werk, belasting, rekeninge. Daar is onmiddellike gevolge as ons dit nie nakom nie. Dis nie so met jou huwelik nie. As julle nie aan mekaar se verwagtinge voldoen nie, sien julle die gevolge eers wanneer dit te laat is – en dit kos dan baie werk om jul eertydse samesyn weer te herwin.

“Ná byna ’n dekade van getroud wees, kan ons onomwonde sê intimiteit en om mekaar se behoeftes te bevredig gebeur nie sommer net nie. Jy moet ’n treetjie terugstaan, jouself herinner aan wat belangrik is en uitvind hoe jy daardie dinge kan voed.

“Alles word deesdae geskeduleer, of dit gebeur nie. Dieselfde geld vir die huwelik. As jy tot die vakansie wag of tot ná die groot projek voltooi is, is dit dalk te laat. Ons maak tyd vir die dinge wat ons gesond hou, jaarlikse doktersbesoeke, oefen. Hoekom nie dieselfde doen om jul verhouding gesond te hou nie?

“ ’n Gevaar is dat jy dalk dink jul verhouding is op ’n goeie plek omdat jy al die blokkies op jul verhoudingslysie kan afmerk. Maar ’n verhouding, ’n verbintenis, is nie ’n begroting of ’n oefenprogram nie. Julle kan soveel tyd saam deurbring soos wat julle ooreengekom het, al jul verpligtinge nakom en steeds later vreemdelinge vir mekaar wees. ’n Ooreenkoms kan nie die sukses van ’n verbintenis of huwelik bepaal nie. Want daar is meer betrokke as net ’n lyf en kop, daar is ’n siel en gees ook.”

GESELS SAAM: Deel jóú ‘sakeplan’ vir liefdesukses.

  • Olga bester

    Julle is pragtig,en goeie voorbeeld vir almal.

  • Chantel

    Kan julle vir my die liefdeskontrak email?

  • sonja

    ek wil weet waar kry mens die dvd semisoet te koop. vind dit nerens

  • Nicky de Lange

    Ag mag die Here my ook seen met so ‘n huwelik…

  • Kim Van Zyl

    Ja waar kry mens die liefdeskontrak om net ‘n voorbeeld te sien wat mens kan aanpas?