Verhoudings

Arrogant of selfversekerd?

As jy selfvertroue het, sal jy ander gemaklik laat voel omdat jy hulle respekteer en empatie met hulle het. ’n Selfversekerde vrou is rustig en in beheer van haar emosies en het ’n kalmerende invloed op ander. Jy kan ’n gesprek lekker laat vlot en dit haal dikwels die druk van ander af om heeltyd ’n sinvolle bydrae te lewer. Mense voel dus “veilig” by jou.

As jy arrogant is, straal jy negatiewe selfvertroue uit. Jou “selfvertroue” neig na selfgesentreerdheid en jy het nie die vermoë om empatie met ander te hê nie. Dié egosentrisme is afstootlik, en gaan dikwels gepaard met aggressie en beterweterigheid. (Jy wil jou benadering tot elke prys op ander afdwing.)

Dalk dra jy ook ’n masker. Baie arrogante mense steek gewoonlik hul onsekerhede agter ’n masker weg. Jy geniet dit dan om ander se foute uit te wys en voel nie so sleg oor jou eie tekortkominge nie.

Bron: Marlize Heppell, kliniese sielkundige, Klerksdorp. Navrae: 018 406 4438

[box:full:red:both]

In die Mei-uitgawe van SARIE gesels ons voorbladgesig-wenner van 2011, Alrie Velleman, TV-aanbieder Liezel van der Westhuizen en voormalige Mej. SA Amy Kleinhans-Curd oor selfvertroue.

[/box]