Die emosionele band tussen vroue - 'n Sielkundige sê
Vroue is meer geneig as mans om emosionele vriendskapsverbintenisse met mekaar te smee, sê Marlize Greyling, 'n sielkundige van Parktown-Noord, Johannesburg.
"Hulle hou daarvan om hul intieme gevoelens met ander te bespreek en vorm eerder langbindende vriendskappe as mans. As 'n vrou met haar man kon praat op dieselfde vlak as wat sy met haar vriendinne kan kommunikeer, sou meer huwelike geslaag het."
Vroue verwag dieselfde lojaliteit van hul vriendinne as wat hulle gee. Hulle wil simpatie hê en nie kritiek nie. Dis byna asof hulle onvoorwaardelike steun verwag, sê sy.
"Vroue staan in krisistye bankvas agter mekaar. Hul koesterende, omgee-eienskappe tree dan na vore. Dit lei tot 'n vernuwende diepte in die vriendskap."
Navorsing aan die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles het gewys koesterende vriendskappe tussen vroue verlig stres en verminder hartsiektes en kan dalk een van die redes wees hoekom vroue langer leef as mans
Verwante artikels
-
Dilemma: Verlief op vriendin se eks
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 4
"My beste vriendin het baie swaargekry toe sy en haar man geskei is en sy is nóú eers oor hom, sê sy. Ek en hy het mekaar toevallig raakgeloop en begin gesels en daar is regtig die moontlikheid van iets besonders tussen ons."
-
Facebook-vriendin oor hoe sy 100 kg verloor het!
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
-
Hansie Cronjé se Bertha oor die krag van vriendinne wat jou dra
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 8
Bertha en haar vriendinne het saam baie deurgemaak. Ná een van hulle met kanker gediagnoseer is, het hulle ‘n kalender saamgestel om die soete herinneringe van die 'susters in geloof' te vier.
-
My ma, my beste vriendin
SARIE - Junie 2010
Gister was Moedersdag en ek deel die BESTE GESKENK OOIT wat ek van my dogter ontvang het, met julle. Dis ’n kaartjie spesiaal vir my gemaak, met ’n foto van ons twee voor op. Dit lees as volg:
-
Rita van den Heever se doger Elza wen 'n Grammy
SARIE - Mei 2010
Dit was groot nuus toe Rita van den Heever, destyds 'n bekende TV-aanbieder, op 4 Augustus 1979 ma van 'n drieling word. Deesdae is Rita senior bestuurder van die Universiteit van Johannesburg se kuns-akademie en haar drieling druk elk hul stempel af.
-
Vriendinne is soos ...
Dis seker omdat ek (weer eens) op ’n dieet is dat ek die interessante gewaarwording gekry het. Daar’s wel ’n vrou in elke geur, maar ook ’n vriendin in elke spys en drank.
















Kommentaar