FOTO: Insatgram @thaisbarja

Verhoudings

3 voordele van vriendskap

Daar word gesê vriende is die familie wat jy self kies. En die voordele van hegte vriendskappe is al telkens wetenskaplik bewys! Huffington Post het van dié voordele ondersoek.

1) Jy stres minder

Ja, ’n vriend kan so goed soos ’n terapie-sessie wees! In ’n Britse studie in 2011 is bevind dat om met jou vriende omring te wees die streshormoon kortisol verlaag.

2) Jy voel asof jy behoort

Vriende kan jou help om deernis te onwikkel en help jou ook om te voel asof jy behoort. Volgens Karyn Hall, direkteur van die Dialektiese Gedragsterapie-sentrum in Texas, sal die gevoel van behoort jou motiveer, en jou gesondheid en gelukkigheid verbeter.

3) Jy leef langer!

Buiten al dié voordele is in ’n Australiese studie bevind dat mense met hegte vriendskappe langer leef. Dit gaan nie net oor hoeveel vriende jy het nie, maar ook hoe diep die vriendskappe strek.

Maak sommer dadelik planne om daardie koppie koffie met jou vriende, wat jy altyd uitstel, nóú in te haal!

Nóg 2 voordele van vriendskap – lees HIER

Bron: Huffington Post

Nóg oor vriendskap op SARIE.com