FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Verhoudings

Dilemma: Ek hunker nog na my eks

Verbrokkelde verhoudings is ’n feit van die lewe. Dis ’n seer wat ons almal raak. Hoekom sukkel veral vroue om aan te beweeg – soos Adele in ‘Hello’ sing? En hoe werk dit met mans?

Toe Adele einde verlede jaar haar gevoelvolle enkelsnit-CD, Hello, uitreik, het vroue van alle ouderdomme weens bittersoet herinneringe nostalgies geraak.

Die liedjie het 64% van vroue geïnspireer om ’n eks te kontak in ’n poging om ou drade weer op te tel. En net 17% van mans, volgens ’n aanlyn opname deur die webblad whatsyourprice.com waarin sowat 41 000 ongetroude mans en vroue betrek is.

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Dit verg energie om aan te beweeg. Energie wat deur ’n onafgehandelde rouproses gevange gehou word. Dit word stadigaan vrygestel, soos wat jy deur die verskillende fases van rou werk. Haak jy by een van die fases vas, gaan jy nooit vrede kry nie. (Daar is nie ’n spesifieke volgorde vir die fases nie.)

Fase 1 – Woede

Daaragter skuil gewoonlik intense hartseer. Maar ons is bang vir hartseer en glo dit maak ons swak. Niemand hou van ’n tranerige vrou nie. Woede is die maklikste emosie en laat jou boonop sterk voel.

Fase 2 – Skok en ontkenning

Vroue haak dikwels hier vas. “Dit kan nie wees nie, hy gaan sy fout agterkom en terugkom …” Of: “As hy net wil praat, verduidelik …” Die waarheid is dat hy meestal nie sy eie dryfkragte ken of wil verstaan nie, sê Truida Heymann, sielkundige berader van Kaapstad. “My ervaring is dat die meeste mans nie weet waarom hulle byvoorbeeld op ’n ander vrou verlief raak nie.”

Volgens haar kom skok en ontkenning ook dikwels by vroue voor wat Pa of Ma se prinses was. Jy kan dit nie kleinkry dat iemand jou soos ’n ou lap weggooi nie. Dit pas glad nie in jou verwysingsraamwerk nie.

’n Ou trauma wat jy nooit verwerk het nie, kan ook weer deur ’n egskeiding losgeruk word. En jou by woede, skok en ontkenning laat vassteek. Jou pa wat oorlede is toe jy klein was. Of dalk het hy ’n affair aangeknoop en julle net so gelos.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Fase 3 – Onderhandeling (bargaining)

As ek net my figuur beter opgepas het … As ek net meer toegeeflik, of mooier, of jonger was. Onderhandeling kan jou in ’n slagofferrol gevange hou. (Dit moet my skuld wees!) ’n Skeiding is dikwels maar net deel van die lewe se tragiek. Nie soseer een mens se skuld nie, sê Truida.

Fase 4- Depressie en verlange

Die finale fase. Jy kan nou maar ou foto- albums nadersleep en hartseer voel oor die museum van gelukkige herinneringe. Trane is nou noodsaaklik en helend. Dan eers kom jy by aanvaarding. Jou energie is weer jou eie. Jy het alles gedoen wat jy kan, hy kan (of wil) nie kommunikeer en vir terapie gaan nie. Buitendien het jy dalk jou ma se kritiese tong te veel losgelaat. Dalk was hy baie sensitief vir kritiek en het gevoel hy is nooit goed genoeg nie. Dalk het jy te veel van hom verwag. Só sê Truida. Punt is, om by die punt te kom waar jy kan aanbeweeg, moet jy die volle spektrum van verliese ervaar.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Die pad na aanvaarding

◊ Desperaat om met jou eks versoen te raak? Besef jy het hom nie nodig nie. Die kans is goed dat jy iets buite jouself soek wat jy in jou binneste moet vind. Die oorsprong van jou obsessie spruit uit dinge binne jouself waaraan jy moet werk.

◊ Miskien is jy bang om alleen of enkellopend te wees. Die probleem is nie dat jy hom moet terugkry nie. Wel dat jy moet leer om tevrede met jouself te wees, of daar nou ’n liefde in jou lewe is of nie. Miskien soek jy bloot na liefde. Delf daarvoor binne jouself. Dit sal jou die selfagting gee om te besef jy het nie die liefde nodig van iemand wat jou nie wil hê nie.

◊ Raak ontslae van alles wat jou aan hom herinner. Skrap sy nommer op jou selfoon en sy e-posadres. Bêre sy foto’s en stuur sy goed terug wat by jou is. Of skenk dit vir liefdadigheid. Moenie aan die verlede vasklou nie en jy sal vinniger aanbeweeg.

◊Wees versigtig vir kop eerste in ’n volgende verhouding intuimel. Dis soms ’n probleem nadat ’n verhouding pynlik geëindig het. Die laaste ding wat jy verlange na die nodig het, is nog ’n potensiële slegte verhouding. Wag ’n rukkie voor jy weer die water toets. Veral as jy dit net doen om jou eks jaloers te maak.

◊ Werk aan jouself. Hou op dink hoe jy hom gaan terugkry en fokus op beeld van homjouself. Wat het jy nodig, vir jouself sowel as ’n potensiële verhouding? Hoe stel jy jou lewe voor voor? Waarheen is jy op pad?

◊ Gun jouself alleentyd vir genesing. Bederf jouself. Ná ’n tydjie alleen (nie te lank nie), gebruik jou vriende vir emosionele ondersteuning. Gaan saam uit, selfs al is jy nie lus nie. Rou is belangrik, moet net nie dat dit jou insluk nie.

◊ Soek professionele hulp as jy nie kan aanbeweeg nie. Dit kan ’n lang sinkplaatpad wees. Soms het jy ’n rigtingwyser nodig.